3 September: Ons benodig koeldrank (aanmaak of andersins) vir die Kersfunksie sowel as volwasse geskenke? As enige iemand ook nagereg wil maak of skenk vir die dag sal dit welkom wees! Kom besoek saam met ons die kampe en beleef die Waarheid en Werklikheid van Blanke Armoede eerstehands!
25/08: Goeie middag Hans / Heleen, Hiermee net so paar fotos van verlede jaar se Pamperlang salon soos ek belowe het. Ek het my hele span bymekaar en nog meer maar het Wilma gese dat ek haar die name sal gee van volunteers sodat julle hulle dalk op ‘n ander plek kan gebruik. Ek het alles sover onder beheer en die jaar gaan die mense hulle oortref. Kan ek julle dalk net vra vir die nommer van die kontak persoon by Silver Falke Club? Ek will een of ander tyd fotos van die saal gaan neem waar ons dit gaan hou en vir die span stuur om solank hulle uitleg te kan doen. Ek wil ook kyk wat ons nog gaan benodig sodat die mensies darem nie weer op tyres hoe hare te was nie! Ons borge begin in te kom en sal julle van alles verwittig sodra dit op wit en swart is. Ek wil net weet, aangeheg is briewe wat verlede jaar gebruik is, is hulle nog steeds aktief en die projekte ook aktief? Dit is 2000 mense die jaar en ek werk ook aan Potjie borge… So, tussen alles deur sal ek vir julle al die detail op skrif stuur. Vriendelike groete, Karen Niemann Account Manager
23 Augustus: Die volgende kleuterskool en naskoolsentrum van Doulos word by Philidelphia sorgsentrum beplan. Ons het reeds alles om die skool mee uit te rus en benodig slegs 'n struktuur soos 'n hout huis wat redelik groterig is om ongeveer 20 kinders met gemak te kan huisves. Sodra ons die bekom het kan ons voortgaan met die inrig en opening van hierdie skool.
17/08 Almner Landgoed van Ventersdorp 16 x 20 kartonne pulp eiers, 12 x 30 kartonne eiers. Hierdie eiers work verdeel en uitgestuur na al die nedersettings waar Doulos betrokke is. Kyk op ander skakels van ons web tuiste. Redakteur
11/08 D. Kruger van Villiria 11,5 dosyn eiers
09/08: Middag, Sal graag hulp wil aanbied in watse vorm ook al. Laat my asb weet wat nodig is en ek sal kyk watse plan daar gemaak kan word.
Groete Sonia
Kom gesels en ons vind saam die plekkie waar jy wil dien. Redakteur
25/07 Gemeente Alberton, skenk, 20 kartonne simba skyfies, 18 kartonne klere, 23 sakke klere, 2 matte, 1000kg mieliemeel en 1 fiets.
Julie 2010: Hierdie is 'n baie nodige skenking wat gemaak is met betrekking tot Doulos se Kersfunksie die 4e Desember: Na besprekings met van my kennisse is ons bereid om die klanktoerusting vir die dag te voorsien. Ons gebruik dit gereeld vir kunstenaars wat in die buitelig optree en dit is sterk genoeg om ‘n rugbyveld te dek. Ons sal lag lag ook julle gas kunstenaars kan akkomodeer. Ons het dit al vir mense soos Wikus vd Merwe gedoen en ‘n groot groep gospel sangers in Eersterus met kerk funksies. Ek sal self daar wees die dag om die klank te behartig.En ons vra Doulos nie ‘n sent nie! Laat weet maar gerus Groete Hans Scheepers Webmeester
Julie 2010: Hier is 'n wenslys vanaf Connie die nuwe juffrou by Sonskynhoekie se nuutgestigte kleuterskool:
GESONDHEID EN ALGEMENE HIGIENE:
Tande - die mensies het werklik tande sorg nodig, almal (veral kleintjies) moet leer om tande te borsel, hare te kam, hande te was en hul lyfies te versorg. Ek bid dat God self 'n tandaards se hart sal raak sodat die Gees van God hom/haar sal oortuig om te help met hierdie.
Ore – Ek kom agter dat van die kinders (6 jr) BAIE swak praat en uit ondervinding weet ek dat ore wat toe is met was en ook slym (a.g.v. baie stof wat sinus veroorsaak) die ore benadeel en hulle dan “praat soos hulle hoor.... swak”
- Tande borsel vir elke kleintjie (ek hou by my en die skool kinders kan naskool leer, sodat ek die gewoonte kan kweek)
- Waslappie om gesiggies skoon te kry – trots te kweek, eerste indruk is blywende indruk
- Handoekie om na hande was, af te droog, kinder gedurig “loop maag” want hulle eet met die vuil “honde” en gespeelde hande, ook le daar baie “menslike afval” rond in die kamp en hulle speel op die grond waar hulle die kieme kan optel.......... Hande was gedurig en VERAL as ons eet is belangrik! Skotteltjies (x5) waarin ons hande kan was.
- Ons gee GOD die eer ons sal teen einde volgende week twee storte beskikbaar he! Ek GLO en VERTROU God gaan ons help om die toilette en “drain” ook uit te sorteer.
- Seep om te hou in die “gemeenskapsaal/skool”
- 6. Gesonde voedsel – dat mense wat die kamp besoek sal vrugte bring in plaas van lekkers. Ook dat ons in ons nuwe stoor (wat ook volgende week so ver moontlik “dief proof” sal wees) onder slot en grendel en ons EIE bestuur, met register genoeg voedsel sal he om ten minste drie voedsame maaltye per dag te kan bedien. Vars groente (ons kan verwerk en vries, vars vrugte, bone, mieliegruis ens...)
ONTWIKKELLING:
- Dans klere – vir die kinders wat graag wil leer dans, asook vir die konserte en “gelofte dag” wat ons beplan in Desember
- 2. Musiek instrumente en “teacher” – Van die kinders wil so graag leer om ‘n musiek instrument te bespeel...
- 3. Ons dank God vir die “stationary” wat ons tot dusver ontvang het, ek het dit in ‘n register genoteer en behoort maklik tot Desember 2010 genoeg voorraad te he. Ook dank ons God vir die voorskoolse program wat deur Unisa aan my geskenk is, ek bid dat God die mamma’s se harte sal aanraak sodat hulle die gees van verlamming sal afskud en soos ek vir hulle gese het, ek sal vir eers help maar hulle moet met my hande vat en verantwoordelikheid om hierdie program met hulle kinders deur te werk..... Ubuntu! Do it for yourself!
- 4. Rekenaars & programme – Om die kleintjies, rekenaar vaardig te kry en ook dan die naskool kinders te kan help, by te staan en te ontwikkel.
- 5. Prit, stomneus skertjies, inkleur boekies, boekies wat “dotjies” het dan moet hulle die dotjies “link”. “Recycle” papier om agter op te werk. Kinder Bybel – vir elke kleintjie sy/haar eie....
- 6. Ensiklopedie – indien rekenaars nog nie beskikbaar is nie.
Ook baie goed vir die aanwakker van “lees gierigheid”
- 7. Heleen – help asb hier as ek “mis” jy moet weet my “baba seun” is nou 17, so ek benodig hulp en idees vir nog kinder aktiwiteite.
- 8. Woordeboeke – Afrikaans verklarend, Engels & Afrikaans & Engels verklarend.
ONS SKOOL EN GEMEENSKAP SAAL:
Dit werk nou so... die mamma’s sit een kant en ek “leer” hulle skilder, mosaic asook decoupage, met die “gedagte” dat ons van hierdie items by vlooi markte kan afsit... Ook net om die gees van “verlamming” en “hopeloosheid” te wys ONS KAN EN ONS WIL!
Ook het van hierdie mamma’s “erge abuse” en uit my eie ondervinding is om te “skep” baie terapeuties en gee dit opsigself, selfvertroue, waardigheid ens.......
MEUBELS:
- Nog “kinder” tafeltjies en stoeltjies, ek het tans een tafel en vier stoele en baie “stoeigevegte”....
- 2. Boek rakke
- “lockers” om skool en kos voorraad in die stoorkamer te kan sluit (x3)
- Gordyne – vir “warmte” en om die “hol” klank in die gemeenskap saal te demp
- Matte - vir “warmte” en om die “hol” klank in die gemeenskap saal te demp
- Groot asblik – om net papier (geen kos!) in te gooi – hierdie kinders MORS verskriklik en wil hulle SO asblik bewus maak! Ek het reeds ‘n paar klein asblikkies wat ek by die tafels kan sit
- Groot mens tafel (ek het stoele) waarop die mamma’s kan leer “skep”, skilder en al die ander dinge
- 8. Canvas – Nie geblok (te duur) rol vorm ons knip self, om te skilder, vir arcrilic sowel as waterverf.
- 9. Waterverf – mamma’s en kinders kan gebruik (Hulle luuuuuve verf!)
10. Arcrilic verf – hulle luuuuuve dit!
11. Mosaic teels & items wat ons op kan mosaic, bv potte, houers, kruise van blik of hout, ou skinkborde, ou koekblikke, ou grawe, ou kruiwa’s, ou klein leertjies, ou tafeltjies, en ou stoeltjies man mens kan omtrent enige ding mosaic en tans is daar ‘n groot afset mark vir die! Hoe “stranger” die item wat jy mosaic hoe meer aftrek kry dit.... God Drie-Enig is in elkgeval ons “sales director”.....
12. Silicon of mosaic gom sowel as "mosaic tools, tile cutters, met plat neus en ronde neus kos so ongeveer tussen R110 en R145 - (hang af waar mens koop)
13. Blinkers ons werk dit in die canvas paintings en mosaic in, hoe meer ‘bling” hoe groter is die “atraksie om te koop”
14. Brei en hekel wol – brei naalde en hekel naalde, die wat dan nie “ontwikkel” in een van die ander areas nie kan dan weer hier ‘n “ou plekkie in die son” kry...
15. Klein cd/radio speler om geestelike musiek te speel...
WAYS & MEANS VIR CONNIE:
1. Fondse - Ek het tans ‘n groot uitdaging daagliks om te voorsien vir Petrol vir die heen en weer rit ek woon in Centurion, dus is dit redelike afstand om te doen.
My motor is 11 jaar oud en die grondpad sit met elke rit “omtrent” nog elf jaar per
dag by... Alles die ruk en skud, ek sal tot dankbaar wees vir ‘n 1914 Fordtjie of
klein bakkie wat die sinkplaat pad kan stap sonder om uitmekaar te skeur..
Ongelooflik baie gebede dat ek in Jesus se Krag en Sy Sterkte en in SY liefde met hierdie mensies kan werk en dat my hart nooit moeg sal word nie! (Gal 6:9)
21/07 Ons het die artikel in Die Afrikaner van 01/07/10 gelees. Dis i.v.m. die nedersetting waar Doulos diens doen. Kan u asb. vir my meer inligting stuur. Dankie Mev. W. Hanptfeisch (Houptfleisch. Kom besoek ons en jy sal ware rus vind met dit wat jy wil doen. Redakteur
21/7 EWJ van Johannesburg 3 x 25 liter ante bakterieë skottelgoedseep, 3 x 25 liter handy andy, 1 x 25 liter jik, 6 x 25 liter stort jel, 1 x 25 liter toilet skoonmaak middel, 1 x 25 liter
Die skoonmaak middels word weer herverpak in kleiner houers
20/07 Almord Landgoed van Ventersdorp 8 kartonne eiers, 7 kartonne pulp.Hierdie skenking is verdeel en na 21 nedersettings versprei 
17/07 Jan Oberholzer van Tuine 2 kartonne vleis
16/07 Jig Saw Holdings van Highveld Park 2 kartonne blikkies kos, 2 kartonne komberse
14/07 Marius Moolman van Pretoria 40 kg maalvleis, sop vleis, steak
13/07 Talita Potgieter van Doornpoort 1 sak speelgoed , 1 karton klere, 2 kartonne komberse. Hierdie lekker warm komberse is ge-oormerk vir Maranatha
12/07 Jan Oberholzer van Pretoria-Tuine 2 kratte vleis
14/07: Ek en die Blanke armoede groep sê dank u vir die pragtige projek wat julle geloots het om die komberse te kon maak. Dank u vir die geld wat julle beskikbaar gemaak het om 81 pragtige warm komberse te kon maak. Ons wil ook Herman vir jou bedank vir die Zinplex produkte wat jy beskikbaar maak en wat baie verwelkom word. Julle het baie harte en liggame warm gemaak
14/07: Goeie dag Hans Ek wil julle net eerste gelukwens met die fantastiese werk wat julle doen!!! Hoop daar is nog mense soos julle wat omgee. Ek en my huisgesin wil graag betrokke raak, maar ons wil graag met die kinders werk. Ek is werk tans voltyds maar is bereid om soos naweke uit te help waar ons kan. Laat weet maar wat ons vir julle kan doen. My sel nr sou julle my wil kontak is 084 250 5570 of stuur vir my 'n epos ek sal julle graag wil ontmoet en ook graag sien wat julle alles doen. Ek hoop om gou van julle te hoor!!! Jenny van Deventer Dankie vir die hulp wat jy aanbied. Heleen sal met jou kontak maak. Redakteur
14/07 Vleis skenking: Ons dank gaan uit na Karel Bekker(snr) en Karel Bekker(jnr) wat aan behoeftige mense by Doulos nedersettings een Koedoe en een vlak vark klaar afgeslag en reg om verwerk te word geskenk het. Julle het n groot, groot geskenk gegee en ons sal die vleis rek en uitgee so ver as mens kan. Groot dank aan Philip by Philip se vleis mark op die hoek van 19 de en Frederika laan Rietfontein. Hulle het hierdie vleis alles omgesit in maal vleis, bees vet is ingewerk om smaakliker en ook meer daaruit te kry. Die bene is netjies klein opgesny en ons het al die maal vleis en sop bene in kleiner sakkies verpak, dit alles is gevries en reg om saam met die maandelikse kruideniers ware pakkies uitgegee te word
07/07: Hi Finbarr , Thank you for replying, I appreciate it a lot! I would be honored if you can look us up when you are in
Heleen Huyser
Doulos Community Project
0824438874
07/07: Dear Helen,
Many thanks indeed for your message. I'm glad to learn about your charity project and to know there are people out there doing something to help. The situation of exploitation you mention sounds especially bad. Some who have seen my work have asked me how they can help and in future I will direct them to your web site.
I hope to get back to
Best regards, -Finbarr Finbarr O'Reilly
REUTERS - PHOTOGRAPHER, WEST AND
02/07 Anton en Anette van Oos-Rand bring vir Doulos nege kratte met vleis. Die vleis word verdeel en uitgestuur na die nedersettings
01/07 Hervormde Kerk van Delmas 80x 12.5 kg mieliemeel 
04/07: Middag Hans, Ek woon in die Centurion omgewing en ek weet daar is baie behoeftige families in en rondom die
Dendrè Theunissen
Technical Services
Data Office Network
Telefax: +27 11 314 4123
Email: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
25/06 Philip van gemeente Oos Moot van Pretoria 1 vark opgesny & verpak
Môrester Kinderhuis is in 2008 geopen en is deel van Grace Outreach Community Association. Ons het tans 30 kinders in ons sorg. Die kinders is tussen die ouderdomme van 8 weke en 10 jaar oud. Elke kind word met ñ hofbevel by ons geplaas en elke kind het ñ maatskaplike werker. Die kinders bly by ons totdat hulle ondersoeke afgehandel is en hulle uitgeplaas of aangeneem kan word. Alhoewel ons uitgawes baie hoog is, het geen kind al ooit sonder kos gaan slaap nie en hulle het elkeen ñ bed en warm klere. Die Kinderhuis is ñ plek van veiligheid en is as sulks geregtig op staatshulp. Die Dept. van Welsyn moet vir elke kind wat by ons geplaas word, ñ toelae betaal, maar dit word nie gedoen nie. Die gevolg is dat ons van donasies afhanklik is om vir die kinders te sorg. Ons het 8 personeellede wat maandeliks betaal moet word en al ons babas drink formule melk en gebruik weggooidoeke. Ons het 7 skoolgaande kinders, waarvan ons vir 3 skoolfonds moet betaal. Ons doen ons bes om in elke kind se behoeftes te voorsien. Elke kind kry baie liefde en aandag. Ons probeer in elkeen se emosionele sowel as liggaamlike behoeftes voorsien. Die Kinderhuis word soos ñ tuiste bestuur waar die kinders eerste kom. Adres: 5de Laan 3, Waterval Mine Village, Rustenburg
Bestuurder: Helen Lotz, Cell: 0824608418
Huismoeder: Antonette Christian, Cell: 0828711327
Bank: Standard Bank tjekrek. Môrester Nagskuiling
Takkode: 052 646
Rek. Nr.: 033229430
22/06 Uitgegee: Mev. Vermaak 1 DVD van Doulos se werksaamhede
21/06 Veldskoen kleuterskool 80Kg aartappels
21/06 Uitgegee: Stephanie 1 kinder Bybel
21/06 Uitgegee: Philadelphia 250Kg aartappels
22/06 Uitgegee: Bejaarde sorg 10 blikkies kos, 10 x12.5 kg mieliemeel, 10 sakke aartappels, 10 konfyt, 10 grondboontjie botter, 10 olie, 10 tamatie sous, 10 rys, 5 kits sop, 10 pakkies tee, 10 sout, 10 suiker, 10 oats, 10 sopbone
21/06 Uitgegee: vir kinders 1 groot sak lekkers, 3 kaste x 24 water. Kontant vir kaas, worsies en “Russiese” worsies. Die kinders het vertrek op 21 Junie en kom terug op 27 Junie met die bus na Hoedspruit en hulle gaan hierdie Jeugkamp nooit vergeet nie. Ek besoek hulle op 24 Junie net vir die dag. Die week is geborg deur die ADV en n Gemeente in Phalaborwa. Die predikant, beraders en proffessionele mense sal die kinders hanteer
25/06 Die volgende kinderpartytjie gaan plaasvind by Arendsnes en gaan gereel word deur Mariska vd Merwe en vriende!! Ons sien baie uit daarna en hulle gaan die kinders Sondag ontmoet ten einde die reelings deur te gee en die beplanning te kan doen. Enige iemand wat graag wil help of wil bydrae kan Heleen skakel.
15/06 Overkruin gemeente 2 x wiegie kaas, 6 brode, 3 x 2 liters melk
17/06 D. van Rooyen Meyerspark 5 kartonne klere, 2 sakke en n suurstof masjien. Word gestuur na die kliniek by Sonheuwel
Goeie dag Carina (Ds Corlien, kan u asb die besonderhede vir haar gee); Martin, Anette, Sandra en Ds Peet, Baie dankie vir al u moeite en harde werk! Ek wil u net herinner aan die belangrike datums en tye: Aflaaipunt: 21 Jun - u moet 09:00 by die kerkkantoor wees om die kinders te bring 27 Jun - u moet so 16:00 by die kerkkantoor wees om die kinders te kom haal Jacob Mare Straat nr 224, ou huis langs 'n groot gebou, daar is Hervormde Kerk borde, ry net in by die sekuriteit, die bus kry ons langs die gebou Die kinders bring saam: Gemaklike klere en skoene Nagklere Toiletware Swemklere en handdoek Kamp detail: Blyde Adventure Camp, Hoedspruit Kontakpersoon: U kan Ds Martin Janse van Rensburg skakel wat te alle tye by die kamp gaan wees: 083 633 7335 Ronel: 079 388 2196 - sy werk te Blyde Adventure www.extremelimpopo.com 
20/06 Hi Ben Ek dink soos ons nader aan die tyd kom sal ek ’n beter idee het van al die aktiwiteite. Die toedraai van die geskenke is die grootste enkele fisiese aktiwiteit. Ons huur busse altyd om die mense aan te ry wat ook dan ons grootste enkele uitgawe is. Verder kom mense en maak potjiekos vir die dag sodat hulle ook die dag saam met die inwoners van die kampe kan geniet. Verder het ons boeresport, springkastele, vierwielmotorfiets ritte, dames en mans salonne waar hare gesny word en gepamperlang word.Ons kan dan reelings tref vir julle om dalk die geskenke te kom afhaal een of ander tyd en dan toe te draai en te merk sodat ons dit kan stoor? Hoor dan weer van julle en baie dankie vir al julle hulp!!
Beste Hans, Ek hoop dit gaan goed daar by Doulos en met jou gesondheid?Ek het kontak met ‘n groep individue, hoofsaaklik van AP kerk wat betrokke wil raak by Blanke Armoede in SA en ‘n konsep met my bespreek het.Ek sou graag wou hoor of jy op ‘n stadium met hulle kan gesels – die volgende vergadering is Woensdag middag (die vakansiedag) 14h00 in Centurion. Die belangrike ding wat ek jou moet vra, is of julle dalk in julle databasis vir ons inligting besikbaar het tov die kwalifikasies of vaardigheid van die mense in die plakkerskampe. Die projek wat hulle wil aanpak is om werk te skep vir ‘n groep mense en hulle het nodig om te sien of daar vaardighede reeds beskikbaar is waarop hulle kan konsentreer met die werkskeppingsprojek.Ek hoop om gou van jou te hoor!Ek wag ook nog om te hoor of julle wil voortgaan met die motiveringsprogram vir julle span.
Hans,dit is ‘n groot plesier. So bly ons kon ‘n bydrae maak. Sterkte met jou goeie werk daar. Blessings. Carla Beukes Oos-Rand Stereo Hierdie dankie sê kom van n dankie wat ek gestuur het na Oos-Rand Stereo vir n pragtige geld skenking wat hul vir Doulos armoede bediening in Oos-Rand gemaak het. Redakteur
09Junie 2010 Bennie Botha en sy vrou van Westonaria bring R9000.00 se vleis.0pgemaak in 1Kg pakkies en gevries vir Behoeftige mense Almal van ons vriende en almal wat ontvang se dankie vir dit wat julle op n gereelde basis doen. Die maalvleis en sopbene is wat nodig is om enige kos te kan maak. Redakteur
11 Junie 2010 Geachte heer Van Rensburg, Gisteravond zond een Nederlandse kanaal een documentaire uit over Afrikaners, die in armoede leven. Is het mogelijk om vanuit Nederland hen financieel te helpen met giften? Is er in Nederland een kerk of organisatie, waardoor wij deze Afrikaners kunnen helpen? Met vriendelijke groeten, S. van der Vinne RK parochie Lith
A.Coolenplein 5 - 5397 EX Lith Doulos dank u vir die liefde in u hart daar in Nederland. Ons is baie dankbaar vir u aanbod om te help. Ek is ook baie bly om te hoor dat op n Nederlandse kanaal mense bewus gemaak is van die armoede probleem in die RSA. Voortaan stuur ek ons weeklikse omsend briewe wat u kan lees en moontlik daarop te reageer. Ons bank Besonderhede, web werf adres, en ander inligting is ook op ons briefhoofde aangebring. Liefdegroete in Hom wie ons eerste liefgehad het. hans
Hi Oom Hans Hierdie epos is na aanleiding van Illze se bediening by Melgisedek elke Sondag Oggend deur middel van die Alpha kursus. Heleen
Hi Hans, Hier is die bewys van betaling. Laat weet my asb. as daar 'n probleem is. Heidi Geen probleem nie. Doulos het reeds sy dankie briefie gestuur. Redakteur Junie 2010
Die Kersfunksie 2010 se beplanning is reeds volstoom aan die gang. Hierdie jaar beplan ons om 2000 blanke mense vir die dag te trakteer. Selgroepe is reeds besig om te help met die toedraai van geskenke - nog vrywilligers sal help om die 2000 geskenke toe te draai. Enige ander geskenke is ook welkom sodat ons in staat sal wees om vir elkeen een te gee vir Kersfees. Ons gaan dan weer soos verlede jaar potjiekos aanbied as etes en as dit weer moontlik is ook poeding aan almal verskaf. Maatskappye en groepe of individue kan dan alreeds hulle potjiekos aanbied vir die dag (elke potjie moet kos vir +- 30 mense verskaf) Derhalwe het ons 67 potjies nodig om 2000 mense kos te verskaf vir die dag! Daar sal dan oudergewoonte pannekoek, koeldrank, water, springkastele, busvervoer deur Doulos betaal en verskaf word. Ons beoog dan ook weer die pampersalonne en daag solank alle haarsallonne uit sodat ons kan kyk hoeveel hare kan ons vir die dag kan sny!! Baie dankie aan almal wat verlede jaar die dag moontlik gemaak het, hoop om julle hierdie jaar weer te sien!
- Blanke armoede
- Sonheuwel
- Uniefees Laërskool
- Plot 10 en Plot 228
- Mahem
- Waarmee ek besig is...
- Arendsnes
- Sonop
- Ander Nood
- Capitol Park
- Sonskyn Hoekie
- Derdepoort Projek
- Opleiding en Werkskepping
- Melgisedek
- Roepingsbond
- Oos Rand
- Kersfunksie 2010
- Miems se Omgeehuis
- Zuurfontein
- Kosmos Sorgsentrum
- Filidelphia
- Dagbreek
- Doulos Wes Rand
- De Kroon
- Maranatha Sorgsentrum
- Exodus