2 September: Die reelings vir die Kersfunksie vorder goed - ons het reeds hope geskenke vir kinders en maak stadig maar seker ook op vir die mans en vrouens en bejaardes! Ons het dan as 'n skenking vorms en ketels en 'n stofie gekry vir die maak van kerse. As daar enige iemand is wat dit dalk as 'n ekstra by die Kersfunksie wil kom aanbied om kinders of grootmense te wys hoe en hulle ook dan toelaat om hulle eie kerse te maak is julle welkom! Daar het heelwat koeldrank ingekom - baie dankie ons kort egter nog want ons gaan hierdie jaar 2000 blanke mense vir die dag trakteer uit die nedersettings en gemeet aan verlede jaar gaan dit 'n warm dag wees! Baie dankie vir julle omgee en hulp sover - dit word opreg waardeer!!!
23/08: Dit is met groot vreugde en trots dat ek kan rapporteer dat die Hervormde Kerk Parkrand aangebied het om 'n koppiekoekie tafel te gee vir die Kersfunksie waar die kinders kan kom en elkeen hulle eie koekie kan versier en opeet!! Baie dankie vir julle aanbod om hierdie dag spesiaal te maak!!!
21/08: KERSFUNKSIE - 4 DESEMBER
Skenkings in die vorm van die volgende items sal waardeer word: 1. Toiletseep 2. Skeerroom 3. Skeermesse 4. Tandeborsels 5. Tandepasta 6. Sakdoeke (mans en dames) 7. Kouse (mans en dames) 8. Deodorant (mans en dames) 9. Waslappies 10. Handdoeke 11. Handeroom 12. Toiletsakkies 13. Leesstof (Boeke) 14. Droë vrugte 15. Suiglekkers 16. Kostuumjuwele 17. Shampoo / Opknapper 18. Lipsalf (Lip-ice) 19. Handspieëls 20. Klein pakkies koekies Enige bydrae word opreg waardeer! Hi Marita Baie dankie, dit maak sin want 2000 geskenke is nogals baie!!! Is dit dalk ook moontlik vir jou om vir my ‘n inventaris te gee van wat reeds toegedraai is sodat ek die op die webwerf kan sit sodat die mense kan sien wat nog nodig is? Baie dankie Heleen
12/08: GESKENKE VIR DOULOS KERSFUNKSIE:
Die insameling en toedraai van geskenke vir die kersfunksie is hierdie jaar die verantwoordelikheid van die omgeegroep "Mafteag" van die Hervormde Gemeente Montana. Enige donasies is baie welkom en kan nou reeds by Doulos se kantoor te Codonialaan 735 in Waverley afgegee word. Geskenke vir kinders van 0-16 jaar word benodig asook vir volwasse mans en dames. Enige navrae kan gerig word aan: Marita van der Merwe 083 560 6468 / 012 548-7558 e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Baie dankie vir u bereidwilligheid om te help! Groete Mafteag omgeegroep.
09/08 : Irene Melkplaas het my vanoggend laat weet dat hulle skenk 150 liter melk vir die kinders. O
ns moet dit net kom afhaal die Sondag oggend. Ons sal al hierdie goed reel nader aan die tyd. Hulle gee dit vir my in 25liter kanne. Ek dink vars plaasmelk is absoluut fantasties. Hulle het ook vir my ‘n kontak gegee waar ek moontlik goedkoop kaas kan kry. Ek sal hulle deur die loop van die dag in die hande probeer kry. Alta van der Walt Engelbrecht Khumalo van der Berg Inc Office Manager +27 11 557 9400 Office Tel +27 11 465 5924 Office Fax 086 676 4906 Direct Fax
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Die Kersfunksie gaan n fees wees.Redakteur 
Augustus 2010: Die sanggroep "Wheels" en Ruan Wepener het hulle dienste gratis aangebied vir die Kersfunksie om op te tree. Baie dankie aan hulle!!! Ons benodig nog koeldrank, poeding en potjiekos vir die sowat 2000 blanke mense wat vir die dag getrakteer gaan word. Ons het reeds baie kindergeskenke en sal graag volwasse geskenke begin opmaak. Moet asseblief nie groot dink nie - 'n waslap, tandeborsel, tandepasta, skeerroom is heeltemal voldoende as 'n voorbeeld!
Julie 2010: Hier is 'n baie welkome skenking vir ons Kersfunksie: Na besprekings met van my kennisse is ons bereid om die klanktoerusting vir die dag te voorsien. Ons gebruik dit gereeld vir kunstenaars wat in die buitelig optree en dit is sterk genoeg om ‘n rugbyveld te dek. Ons sal lag lag ook julle gas kunstenaars kan akkomodeer. Ons het dit al vir mense soos Wikus vd Merwe gedoen en ‘n groot groep gospel sangers in Eersterus met kerk funksies. Ek sal self daar wees die dag om die klank te behartig.En ons vra Doulos nie ‘n sent nie! Laat weet maar gerus /Groete Hans Scheepers Webmeester
22/07: Hi Alta, Dit is great om van jou te hoor!! Ek sal self met Yvonne skakel, sien haar hoeka Saterdag vir ’n uitreik na een van die kampe toe – so moenie daaroor worry nie!!! Dit is nou die broodjies. Het jy vir my dalk jou kontak by Coke sodat ek kan kyk of ons koeldrank kan kry vir ons Kersfunksie in Desember? Moenie oor die glybane worry nie, verlede jaar het ek drie by die een vrou gekry - intussen tyd het nog ‘n dame bygekom, so ek sal dit reel – dit is afgehandel. Daar is geen kostes nie – dit is gratis Die paar wat aangebied het om die res van die wors te skenk het my laas gevra of hulle die wors klaar moet gaarmaak – miskien moet ons hulle aanbod aanvaar, dan is dit nie nodig om so baie braaiers nodig te hê daardie dag nie? Ek het dan reeds hoeveelhede en ouderdomme van kinders begin aanvra sodat ek dan ook die busvervoer kan reel vir die dag sowel as die vrywaringsvorms wat daarmee gepaard gaan. Die outjies wat verlede jaar daar was is baie opgewonde en kan nie meer wag nie! Gaan jy weer die polisiehonde daar hê? Verlede jaar het die ou gesê dit is reg vir die Kersfunksie en dit toe op die nippertjie gekanselleer. Ek sal hom graag hierdie jaar vroegtydig wil nader sodat ons hom ook by die Kersfunksie kan hê. Hoor dan weer van jou!! Heleen
22/07: Dag Heleen en oom Hans, Na besprekings met van my kennisse is ons bereid om die klanktoerusting vir die dag te voorsien. Ons gebruik dit gereeld vir kunstenaars wat in die buitelig optree en dit is sterk genoeg om ‘n rugbyveld te dek. Ons sal lag lag ook julle gas kunstenaars kan akkomodeer. Ons het dit al vir mense soos Wikus vd Merwe gedoen en ‘n groot groep gospel sangers in Eersterus met kerk funksies. Ek sal self daar wees die dag om die klank te behartig.En ons vra Doulos nie ‘n sent nie! Laat weet maar gerus Groete ans Scheepers Webmeester
21/07: Geagte Debbie Zaayman Julle word hiermee hartlik uitgenooi na die Kersfunksie van Doulos Gemeenskapsprojek. Dit sal plaasvind: Plek: Silver Valke Rugbyklub (h/v
20/07: GESKENKE VIR DOULOS KERSFUNKSIE:
Die insameling en toedraai van geskenke vir die kersfunksie is hierdie jaar die verantwoordelikheid van die omgeegroep "Mafteag" van die Hervormde Gemeente Montana. Enige donasies is baie welkom en kan nou reeds by Doulos se kantoor te Codonialaan 735 in Waverley afgegee word. Geskenke vir kinders van 0-16 jaar word benodig asook vir volwasse mans en dames.
Enige navrae kan gerig word aan: Marita van der Merwe
083 560 6468 / 012 548-7558
e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Daar is sover kwotasies ingewin vir busvervoer vir die dag vir 2000 mense en die bedrag beloop ongeveer R30 000. Verder is kwotasies ook ingewin vir polistereen bakkies vir die dag sowel as lepels om mee te eet wat R1800-00 gaan kos. Elke persoon gaan ook 'n hoedjie ontvang wat die bloedige son 'n bietjie gaan beheer wat ook R2000 beloop. HI Carol, Die datum klink vir my heeltemal in orde! Daar is ‘n oumens groep, nie baie mense nie, wat ook daardie dag aangedui het, so dan kan hulle sommer by ons inskakel. Daar is wel elektrisiteit, ek sien Ben vanmiddag en sal dan die uitreik met hom bespreek sodat hulle ’n geskikte plek identifiseer waar die hare gesny kan word en die mense bederf kan word!! Die tyd klink reg, dit gee die mense die geleentheid om wakker te word en reg te wees vir julle bederf!!! Ek sal defnitief saamgaan, ek kort hoeka ’n haarsny – ha ha ha Baie dankie vir alles wat julle doen!!!! Heleen Huyser Doulos Gemeenskapsprojek 0824438874
16/07: Hi Debbie Baie dankie vir jou vinnige vonkpos op die Beeld artikel!!! Hieronder volg die antwoorde op jou vrae of voorstelle!: Ek het nog geen bemarking begin doen vir die potjiekos nie, so as jy dit wil aanbied laat weet my, jy is nommer 1 op die lys! Verlede jaar het ek baie later met die beplanning begin, en hier teen die einde het soveel mense potjies aangebied dat ek mense moes wegwys. Ek beoog derhalwe om vanaf Augustus ons netwerk te betrek vir die potjies – maar jou naam is eerste op die lys sou jy belangstel!!! Ek gaan elke Vrydag middag uit na die kampe toe om vir my ’familie’ te gaan kuier en soms ook op Saterdae so as jy enige tyd saam met my wil gaan is jy welkom sodat jy die mense kan leer ken, en sodoende die hulp wat jy hier aanbied in die praktyk kan toepas. Vanweë die uitbuitery van hierdie mense is hulle vertroue in mense geskend, maar hoe meer konsekwent jy in hulle lewens is, hoe meer vertroue wen jy, en hoe meer kan ons mense uit hierdie omstandighede lig en hulle lewens verbeter! Bybels is baie welkom en ek kan met trots sê dat daar by ongeveer 90% van hierdie kampe voltydse bedieninge is waar die Woord van God verkondig word en waar die mense bybels het. As ons egter nuwe kampe kry (wat defnitief baie gereeld gebeur) sal ek jou kontak! Baie dankie byvoorbaat vir al jou hulp, versprei die nuus van Armoede asseblief sodat ons saam ’n verskil kan maak!!!
16/07 : Hi Marie-Jeanne Baie dankie vir julle bydraes sover en belangstelling in Doulos!! As ’n organisasie versprei Doulos kos na sowat 10 000 mense elke maand in die Pretoria omgewing en hierdie kos bly ons grootste enkele uitgawe. Daarom sal kosskenkings in die vorm van blikkieskos, suiker, sout, rys, spaghetti (veral stysel is ’n probleem aangesien ons baie meel ontvang wat goed is, maar ander koolhidrate sal ook waardeer word) Enige nie-bederfbare kos sal verwelkom word. Verder is ons besig om reg te maak vir ons Kersfunksie hierdie jaar waar ons 2000 blanke mense die 4e Desember vir die dag wil trakteer. Ons maak derhalwe geskenke bymekaar vir volwassenes en kinders – dink basies, waslappe, tandeborsels, seep, skeermesse, bubble bath ens. Verlede jaar moes ek vir ’n seuntjie ’n mans geskenk gee omdat ten spyte van ekstra geskenke was daar nie genoeg geskenke nie. Toe hy dit oopmaak begin hy te huil en ek voel so sleg omdat ek nie vir hom ’n kinder geskenk kon gee nie. Hy sê toe nee, hy huil want hy het nog nooit sy eie tandeborsel en waslap gehad nie!! Mense moet regtig weet baie mense het niks nie en selfs die basiese item is vir hulle ’n luukse! Klere is altyd welkom, want met mense se toestemming verkoop ons van die klere ten einde geld te genereer vir die grootmaat kos aankope elke maand. Komberse is reeds uitgedeel aan almal en die ekstras word geberg want ons het verlede week verneem van ‘n nuwe kamp waarna kos en komberse na toe kon uitgaan. Baie dankie sover vir alles en ek hoop die antwoord gee julle riglyne oor behoeftes, julle kan natuurlik ook saam met my uitgaan en vir julle self uitmaak watter behoeftes krities is! Heleen Huyser Doulos 0824438874
Kersfunsie 04 Desember 2010 op die gronde van die Silwervalke se rugby klub
Hans Janse van Rensburg 083 269 7083 This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Heleen Huyser 082 443 8874 This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Maria Niemandt 072 718 8692 This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Miem Breedt 076 618 9234
Quintin Niemandt 079 791 4912
Johanna Nortman 072 496 1740
Serinda de Lange 072 128 6199
Louise Stolz 074 625 5320 This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Stephanie Rudulf 072 568 9636
Lettie Kruger 072 851 7041
Loupie
Marieta van der Merwe 083 560 6468 ellenvdmerwegmail.com
Tiaan
Karin Niemann 082 374 4185 This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
|
Naam en van |
Telefoon nommer |
e-pos adress |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
VERBETER OP DIE VOLGENDE:
Pannekoeke : daar is te veel geeet voor die etenstyd
Geskenke: was te laat toe gedraai en moes sukkel om papier te kry.
Gaskunstenaars: moet spesiaal ontvang word en getrakteer word
Sitplek vir gaste: daar moet meer stoele en tafels vir gaste wees.
Vermaak vir volwassenes: daar moet meer vermaak en deelnames wees.
Kos kaartjies: was ñ sukses gewees.
Fotograwe: daar sal ñ fotograaf wees by die pampersalon vir before en after fotos.
Daar sal ook fotos per gesin geneem word soek nog fotograwe.
Potjiekos stalletjies: het al inskrywings gekry maar soek nog mense om deel te neem.
Toilette: vir gaskunstenaars en gaste moet gereel word.
Water: die nodige water sal deur Doulos verskaf word.
Houers: daar sal houers gebere word vir die nodige kosse wat oorbly om saam te neem huis toe.
Kragpunte: daar is ñ versoek vir krag opwekkers vir die dag om die nodige krag te voorsien.
Kompetiesies: daar sal vir die beste potjie span gees en tema ñ
Prys verkaf word.
Daar sal geen gelde vanaf Doulos uitbetaal word sonder die nodige 3 kwitasies soos ooreengekom met die Uitvoerende Direkteur nie.
15/07: GESKENKE VIR DOULOS KERSFUNKSIE: Die insameling en toedraai van geskenke vir die kersfunksie is hierdie jaar die verantwoordelikheid van die omgeegroep "Mafteag" van die Hervormde Gemeente Montana. Enige donasies is baie welkom en kan nou reeds by Doulos se kantoor te Codonialaan 735 in Waverley afgegee word. Geskenke vir kinders van 0-16 jaar word benodig asook vir volwasse mans en dames. Enige navrae kan gerig word aan: Marita van der Merwe 083 560 6468 / 012 548-7558
e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Julie 2010: Ons gaan hierdie jaar sowat 70 potjies nodig he (elke potjie moet 30 mense van kos voorsien) om die 2000 mense kos te gee wat vir die dag getrakteer te word. Ons gaan ook weer aan elke persoon 'n bakkie poeding voorsien, twee pannekoeke, koeldrank en lekkergoed vir die kinders. Ons het dan reeds twee gaskunstenaars vir die dag gekry en sal dan ook 'n poppekas aanbied vir die kinders. Enige iemand wat wil deel wees van hierdie dag kan solank 'n potjie aanbied want die spasies word gou opgeraap! Dit is werklik 'n belewenis om die mense te ontmoet en met hulle die dag te deel vir wie ons elke maand so getrou versorg en voor donasies gee.
Julie 2010: Daar gaan weer hierdie jaar 'n pamper salon wees waar "make overs"gedoen gaan word van dames sowel as mand, hare gaan gesny word, naeils gaan gedoen word. Ons vra derhalwe grimering en ander skoohheidsproukukte as skenkings vir hierdie geleentheid. Verder benodig ons kragopwekkers (6) op leenbasis vir die dag sodat ons die springkastele apart van krag kan voorsien. Enige iemand wat hierdie bydraes wil lewer kan Heleen skakel by: 0824438874. Ons benodig ook poeding en koeldrank skenkings. Uit Doulos se sak verlede jaar is daar sowat R30 000 spandeer aan die vervoer van die mense uit die informele nedersettings, water, pannekoek en koeldrank wat aangekoop is vir die Kersfunksie. Hoop om gou van julle te hoor!!!!
Julie 2010: Ons het reeds sowat 350 geskenke toegedraai en van plakkers voorsien, daar is derhalwe nog 1150 uitstaande om die 1500 mense te kan bedien vir ons komende Kersfunksie.
03/07: Hi Julle!! ‘n Mens kan amper nie glo nie maar dit is alweer tyd om reëlings te begin tref vir die Kersfunksie van Doulos!! Julle word hiermee uitgenooi na ons eerste vergadering met betrekking hiermee: Donderdag 8 Julie 2010, 18:00 – 19:00. Codonia st 735, Waverley Die doel van die vergadering is basies retrospeksie in terme van verlede jaar en hoe ons sake beter kan hanteer. Ons be-oog om hierdie jaar sowat 2000 mensies te bedien. Bring asseblief almal saam wat julle dink julle kan help en belang het by hiedie vergadering sodat ons aan die werk kan kom!!! Heleen Huyser 0824438874
Dit is weer tyd vir Doulos se beplanning vir ons Kersfunksie 2010!!! Hierdie jaar gaan ons die geleentheid bied vir 2000 blanke mense uit die informele nedersettings om die Kersfunksie by te woon. Elke persoon gaan 'n geskenk ontvang en ons is reeds fluks besig om geskenke bymekaar te maak en toe te draai. Geskenke word in kategoriee opgemaak, kinders (0-3, 3-6, 6-10, 11-16 jaar) Dan word daar ook voorsiening gemaak vir volwasse mans en dames. Ons gaan dit weer in die vorm van 'n karnaval hou soos verlede jaar waar instansies, kerke, groepe, individue en enige iemand wat belangstel potjiekos kom aanbied vir 30 mense. Almal kom maak die potjies daar die 4e Desember in Silverton, Pretoria, en kom ontmoet die mense wat Doulos en julle elke maand versorg en voor omgee. Dan gaan daar ook springkastele vir die kinders wees, pampersalonne vir die dames, boeresport en alles wat lekker is om hierdie dag spesiaal te maak! Enige iemand wat solank nou al 'n potjie wil aanbied kan Heleen skakel by: 0824438874 of as daar enige iemand is wat enige iets wil borg is hulle ook welkom om Heleen te skakel!!