08/09::::::::::::::::         HELP ! ONS SOEK PERSONE WAT WIL HELP OM AAN BEHOEFTIGE BLANKE KINDERS SKOOLOPLEIDING TE GEE:  Aksie Vrouekrag is ‘n kultuurorganisasie wat by Doulos se Blanke Armoedebediening betrokke is. Ons vereniging is nie ‘n welsynsorganisasie nie, dus het ons besluit om kinders wat om verskeie redes geen of min skoolonderrig ontvang, te help. Die besluit was om op rekenaargesteunde onderrig vir laerskoolkinders te konsentreer, en Aksie Vrouekrag het na oorlegpleging met Hans van Rensburg besluit om nege rekenare aan Doulos se rekenaarsentrum te gee saam met Kenweb en Sergo programme sowel as handboeke vir graad 4 tot 7.   Die rekenare en programme is nou geinstalleer en gelaai. Ons beplan om smiddags klasse vir die kinders te gee. Dit sal nie nodig wees dat een onderwyser elke dag daar moet wees nie.   Die programme laat toe dat dat kinders op hulle eie werk maar wel onder toesig. Ons het nou ‘n dringende behoefte aan onderwysers/esses sowel as hulppersoneel wat met die rekenaargesteunde onderrig kan help. Ongelukkig kan ons geen salaris betaal nie – dit is dus ‘n liefdesdiens wat ons met u ondersteuning wil aanbied aan kinders wat geen toekoms sal hê sonder skoolopleiding nie.  Die rekenaarsentrum is by Doulos se hoofkantoor in Codoniastr., Waverley, Pretoria geleë.  Ons doen ‘n beroep op enige persoon wat bereid is om te help.   Rekenaarkennis is nie ‘n vereiste nie aangesien die kinders handboeke sal gebruik en slegs op rekenaar getoets sal word. Die wat wil, word opgelei om die rekenaargesteunde onderig te kan aanbied. Indien nodig sal ons sorg dat elke dag iemand beskikbaar is wat die kinders met die rekenaargedeelte kan help. Belanstellendes kan die volgende persone skakel vir meer inligting. Elke Kelder             082 3896100 of 011 455 4408 (werksure)             Marietjie le Roux     012 5234103 of 082 4492207

31/08:     (1)     By die waskamer gaan dit sommer baie goed, daar word gereeld wasgoed ontvang, gewas en gestryk. Die klere word netjies op hangers geplaas en terug besorg aan die klient  . Klere wat ons ontvang en wat vuil is word gewas en gestryk.                               (2)          Die naaldwerk sentrum is besig met 500 inkopie sakke vir die Kersfunksie. Stukkende klere word herstel en knope en ritslyters word herstel, Dennim broeke wat te stukkend is om uit te gee word die broekspype net bokant die knië  afgesny en dan word die broek n dra sak, kinder rokkies en seuns hempies wat stukkend is word omskep in wasgoed penne sakke, al hierdie items kan gekoop word by Doulos armoede bediening se kantore en hierdie gelde word weer gebruik om kos mee te koop. Ons is ook besig met onderhandelinge met n persoon wat n "Cazibo" wil gemaak hê.   Sambrele word weer oorgetrek.          (3)        Die kosmaak proses wikkel fluks, ons het reeds "platters " gemaak vir verskeie funksies

ras

10/08 Uitgegee aan: Doulos Naaldwerk Sentrum, 1 stofsuier.

10/08 Uitgegee aan: Doulos Naaldwerk sentrum , 3 stoom stryk ysters. Ons sal so dankbaar wees indien iemand n skenking wil maak om n industriële yster te  kan aankoop. Dit sal die naaldwerk sentrum net so lekker hupstoot gee

08/08:  Doulos armoede bediening se naaldwerk sentrum het gerialiseer . Altesame 16 masjiene is getoets, gediens en geskik gevind om te begin werk. Die masjiene, 3  Overlockers, 7 naaldwerk masjiene en 3 industriele masjiene kan nou begin werk. Daar is hierdie week reeds 40 tafeldoeke gemaak , stort gordyne en ander. Doulos armoede bediening het ook 1 nuwe industriele naaldwerk masjien aangekoop en dit gons behoorlik soos die masjiene werk.

08/08 : Doulos wassery het hierdie naweek sy eerste klere begin was. Maak seker u mis nie uit op hiedie goeie diens wat gelewer word nie. Ons is werklik trots op hierdie diens

04/08 Uitgegee aan: Hans web, 5 rekenaar skerms, 4 rekenaar bokse en 5 rekenaar keybords. Hans het vir ons twee rekenare herstel uit hierdie fonds en dit is onmiddelik weer aangewend vir kantoor gebruik. Redakteur

Hans Jammer dat ek nou eers die e-pos stuur, maar ek vertrou dit sal steeds dieselfde waarde dra. Baie. baie dankie aan almal, elkeen, wat so 'n besondere tyd is Andre en Gerda se lewe moontlik gemaak het met die afgelope Kamp.  Die twee het soos spreeus gekwetter, kon nie uitgepraat raak oor die groot bederf nie. Mag julle die ryke seen van ons Hemelvader ervaar in alles wat julle onderneem. My hartlike dank! Anette

Anette Kleynhans
PA:Annemé Roodt
083 263 0234 / 083 204 5637
Fax:0866321461
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it / This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

22/07: Hi Marthie Hier volg die antwoorde op jou vrae: Ons gaan defnitief van jou dienste gebruik maak soos wat ek nou die dag genoem het tydens ons gesprek.  Ek het ook ander dames wat wil help met die opleiding en kan julle derhalwe byvoorbeeld roteer sodat dit op die dae op tye val wat elkeen pas sodat ons tyd optimaal gebruik kan word. Die idee is dat die vroue voltyds in die naaldwerksentrum sal werk, en opleiding sal derhalwe voltyds wees tot tyd en wyl hulle onafhanklik kan funksioneer.  ’n Mens moet tog in gedagte hou dat hulle byvoorbeeld iets gewys word en tyd gegun word om die nuwe vaardigheid te bemeester deur oefening.  So daar sal tye wees vir wys en tye wees vir oefen waar die fasiliteerder slegs ’n ondersteuniningsrol sal speel.  Jy kan egter jou eie silabus ontwikkel sou jy wou, en ons kan dit dan toepas sodra ons met die klasse begin.  Almal van ons is hier op ’n leerkurwe en enige leiding en bydrae sal waardeer word.  Jy kan selfs ’n program vir ’n maand uitwerk, wat elke dag gedoen moet word, hoeveel tyd aan wat gespandeer moet word en so voorts.  Doulos het nog nooit ’n naaldwerksentrum van hierdie grootte onderneem nie en leer derhalwe saam met ander wat die sentiment deel! Daar is baie instansies en groepe wat melding maak van ons op hulle webwerf, wat ons nie noodwendig enige beheer oor het nie, selfs op Facebook ook.  Ons werk vir die Here en die saak van die Here en enige groep of individue wat hulle vereenselwig met die werk wat ons mee besig is, kan help om ’n verskil te maak in die lewens van mense wat werklik hulp nodig het. Heleen Huyser

22/07: Hello Hans, Woorde is daar nie om dankie te kan se nie, ek weet net weereens dat MY GOD WEET! Ek het vir twee weke met hierdie kinders met die minimum voorrade gewerk en gebid tot  God en gevra dat HY asb moet voorsien en al wat ek kan se is HY het VEEL MEER voorsien as wat ek ooit van kon droom! Ek is besig om  die "wish list" saam te stel want ek wil nie uitmis op iets wat dalk baie belangrik is nie. Ek sal teen more aand vir jou die lys deurstuur.  Ek het dan ook 'n  orrade boek sodat mens ten minste rekord het van wat alles geskenk is.  Weet net dat dit korrek bestuur en gebruik sal word ter ERE VAN GOD! Oom Hans ek skakel jou volgende week sodat ons saam koffie kan drink (want jy kan my BAIE leer!)  El Ria Connie   082 748 9541  . Ons gaan van hierdie opleiding n groot sukses maak. Die voorskoolse outjies moet eers baie disipline geleer word alvorens ons kanbegin werk met hulle akademiese werk.  Redakteur 

Julie 2010:  Ons wassery is  ingerig met een Wasmasjien (11 kg) en een Tuimeldroer.  Strykplanke is ook opgerig.   Al wat nou kort is julle vuil wasgoed!  Vir pryse vir die was en stryk van wasgoed deur mense wat behoeftig is as 'n inkomste vir hulle skakel.   Doulos by 012-7558199!!!  Die naaldwerksentrum se mure is opgerig en sodra die struktuur voltooi is sal die naaimasjiene ingebring word sowel as die breimasjiene en die werkstafels.  Vrywilligers is reeds in plek om die opleiding van die vroue te doen en dan sal die werk in aller yl begin!  Weereens sal alle inkomste wat uit die naaldwerksentrum voortspruit as inkomste dien vir die vroue wat daar werksaam is.

01/07:  Hierdie week is heel bedrywig en dinge loop vlot met die opleiding sentrum se bekabeling en installasie. Al 14 die netwerk punte vir die rekenaars is ingesit en werkend. Net om Oom ‘n onvang te gee van die installasie sover het ons die volgende gebruik:

  • 231 meter Cat5e kabel
  • 14 x RJ 45 connectors
  • 14 x RJ45 Boot rubbers
  • 14 x enkel poort wall boxes
  • 15 meter Data Kabel trunking
  • 40 x 5mm Nail it’s
  • 6 x Glue SticksRedakteu
  • 1 Buis Silikon
  • 36 ure se arbeid

Die hele kamer se rekenaars is ook gereed en gelaai soos gevra deur Dewald van Delitech. Die I-burst internet is aangekoop en ge aktiveer en ook ge RICA. Alle netwerk toerusting is verkry en Maandag 5 Julie is die kamer gereed vir opleiding en sal Dewald begin met die opleiding. Hans Scheepers Nanomedia Technologies

http://www.nanomedia.co.za

This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Goeie Dag aan Almal; Eerstens wil ek net  dankie aan Leon se vir die lisensie nommers vir die rekenaars. Dan om almal op tred te bring. Ek het  8 rekenaars by Doulos geneem waarvan 6 nou in perfekte werkende kondisie is en die ander 2 het hardeware foute onder andere een se moederbord is dood en die ander een se CPU is dood. Die Intel server is gelaai met Windows Small Business Server 2003 en nog twee hardeskywe is bygevoeg sowel as 1 Gigagrepe RAM. Ek beplan om die kleiner HP server met IPCop toe te rus om sodoende beheer uit te oefen op internet toegang en gebruik. Met U toestemming wil ek asseblief nog 2 netwerk kaarte in die HP server installeer en nog een gigagreep RAM. Ek sal die hardware kosteloos voorsien. Dit sal vir U later ook van hulp wees. Instellasie van die Doulos kantoor netwerk begin om Maandag. Dit sluit in I-burst internet toegang en onderskeie netwerk printers. Daar sal VPN  en Remote access aan Leon gegee word met volle administratiewe toegang. Alle sagteware vir Kenweb is tans by my oor sekuriteits redes en sal op die perseel van Doulos geinstalleer word binne die volgende week en dan by Doulos gestoor word. by Maria sal uitkom) Ds Peet Oom Hans het my ingelig dat die res van die Kenweb produk se cd’s en dokumentasie by hom is. Dit sal Maandag verkry word en daarvolgns opgetree word. Sekere standaard sagteware vir Doulos word ook gelaai en ek wil asseblief so spoedig moontlik weet hoe lank die bruikleen ooreenkoms vir die rekenaars en bedieners is sodat ek in my finansieele beplanning kan voorsiening maak vir ekstra lisensies vir die onderskeie programme. Dit sluit die bedieners in want ek moet lisensies koop vir die anti virus sagteware. Armoedebediening e-pos adresse gaan vir die volgende lede geskep word: Heleen Huyser, Maria Niemandt Opleiding (wat by Maria sal uitkom) Ds Peet. Oom Hans het my ingelig dat die res van die Kenweb produk se cd’s en dokumentasie by hom is. As U so gaaf sal wees om my die tydperk van die bruikleen van die masjiene te voorsien en/of enige reeling oor die gebruik, skenk, huurbruik of bepaling sodat ek daarvolgens kan optree sal dit ten hoogste op prys gestel word . Hans Scheepers Nanomedia Technologies

Hello almal. Alle toerusting wat deur myself geskenk is is op n permanent basis geskenk vir die doel van opleiding vir mense wat nie anders dit kan bekom nie. My enigste versoek is dat die rekenare en enige ander toerusting vir die bogenoemde doel gebruik word. Ek hoop dit maak n wesenlike verskil aan ons mede mense wat minder gegoed is. Groete leon Sent from my HTC

Hi Leon. Baie Dankie vir die groot en onbaatsugtige gebaar. Die rekenaars gaan slegs vir die doel aangewend word. Om net klariteit te kry vir assuransie doeleindes wil ek net die volgende seker maak. Jou skenking sluit in die intel server; die HP server en die rekenaars? Hans Scheepers

3 Junie 2010; Groot dankbaarheid het ontstaan : Die Aksie Vrouegroep van Kleinfontein het Doulos besoek. Hulle skenk n bediener van R65000 en opleidings pakette vir skoolkinders wat beteken skoolgaande kinders kan ook begin met klasse by Doulos. Hans Scheepers is besig om die 15 rekenare met die bediener op te stel sodat die aanbieder die klas beter sal beheer en makliker opleiding kan gee

Junie 2010 Hier by Doulos se opleidingssentrum in Codoniaweg vorder die opleiding van ses dames in die Microsoft Office pakket fluks en behoort hulle eersdaags gekwalifiseerd te wees as Sekretaresses en Administratiewe Dames. Hierdie is almal dames uit ons nedersettings uit wat gratis opleiding ontvang. Sodra hulle die kursus voltooi het en enige iemand is op soek na 'n opgeleide dame kan hulle ons kantoor skakel by: 012-755.8199 vir moontlike onderhoude. Hierdie kursusse is ook beskikbaar vir betalende studente, so as daar enige iemand is wat in enige rekenaar kursus belangstel kan Doulos geskakel word vir 'n besoek sodat die behoeftes van die applikant bepaal kan word en skedulering gedoen kan word vir die kursus. Ons wassery is so te se in plek en binnekort sal die publiek die geleentheid he om hulle wasgoed na Codonia weg 735 in Waverley te bring waar hulle wasgoed gewas en gestryk sal word teen 'n minimale fooi. Hierdie mense kom uit die nedersettings uit en al die geld wat ge-genereer word gaan direk aan hulle betaal word vir dienste verrig. Verder is Mandy dan ook klaar met haar kursus om bejaardes tuis te versorg en as daar enige iemand is wat op soek is na 'n inwonende, gekwalifiseerde persoon om bejaardes tuis te versorg kan hulle die kantoor of Mandy direk by: 0728722678 skakel vir 'n onderhoud. Sy het wonderlike verwysings opgedoen gedurende haar opleidingstydperk van drie maande en is voorwaar 'n aanwins vir enige werkgewer!

 

View My Stats