02/09 Uitgegee: Sonskyn Hoekie 61 brode

31/08:::  ATKV:::::                Tydens die Pretoria skou is daar groot makietie gehou met die kindertjies vanSonskyn Hoekie. Dit alles is moontlik gemaak deur die ATKV. Sakkie het net een dag by Doulos kantore opgedaag en met my kom praat oor hulle “SLIM TASSIE” projek en daarvandaan het alles net begin loop. Hierdie kinders en hul ouers is dankbaar vir nog n geleentheid wat die ATKV hulle gebied het  

 P1190889

31/07 Uitgegee: Sonskyn Hoekie 10 bottels olie, 10 bottels olie, 30 blikkies boontjies in tamatiesous, 18 blikkies vis, 15 pakke sop, 20 hourtjies sout, 15 bottels tamatiesous, 20 pakke spagetti, 20 pakke suiker, 20 pakke mieliemeel, 11 pakke tee, 30 pakke hawermout, 30 koekies seep

29/08:                   KINDWEES IS LEKKER:  Hierdie jaar is die 80ste bestaansjaar van die ATKV en was die kinders van Sonskyn Hoekie genooi om deel te wees van die feesviering deur Oom Sakkie van die ATKV.  Van Woensdag af het daar groot opgewondenheid geheers en is die slapies afgetel tot Saterdag!  Sjoewee......... Uiteindelik is dit Saterdag oggend en die bus wat gereël is deur Doulos (dankie oom Hans en tannie Heleen!) laai almal op vanaf die kamp en neem ons skou toe.  Verskriklik opgewonde is almal in die bus en dit sing en praat en luister sommer almal tegelyk!  Met ons aankoms by die skou groet Oom Sakkie van die ATKV ons en ons kinders sit by spesiale tafeltjies en stoeltjies wat hulle net vir ons reg gesit het.  Oom Eddie Botes sing vir ons die mooiste liedjies, onder andere die liedjie “Voete was by Jesus”, man dit is nou vir jou ’n mooi lied, al ken ons nie eers die presiese woorde nie sing ons lekker saam toe die oom by die koor gedeelte kom.   Dankie, Oom Eddie jy was vir ons ’n “blessing” gewees.  Volgende aan die beurt is daar kinders met kostuums, party lyk soos feetjies ander soos prinsesse daar is tot ’n “baba Barney”.  Daar is 'n kul kunstenaar wat toertjies doen en 'n nar vertel vir ons stories, hulle het sulke diertjie poppe wat amper soos regte mense beweeg.  ons kry ons die geleentheid om te sien hoe lyk Mej. Pretoria (jr.)   'N serebraal gestremde seun sê vir ons ’n mooi gedig op en ’n jong dogtertjie speel vir ons blokfluit.

m Sakkie van die ATKV gee aan ons elkeen ’n “slim word tassie” hier binne-in is slim word speletjies wat mamma ons mee kan laat speel en so leer ons so speel-speel.  Kan julle glo, ’n vriendelike oom en tannie het vir ons kinders elkeen ’n pakkie kossies voorberei, ’n lekker burger, lekker goedtjies en ’n vrugte sap om te drink.  Ook het tannie Cindy haar boete Clintonen oom Adolf haar man gereel dat ons by 'n restaurant kan roosterbroodtjies met slap chips eet en julle, toe gee hulle nog vir ons koeldrank ook.  Sjoe man ons magies was so lekker vol gewees!  Ons het so baie goed gesien by die skou en dit was so lekker want die een oom het gesê ons kinders is die “ere gaste” en die dag gaan eintlik net oor ons, (oe dit is sooooo lekker om spesiaal te voel!)  Baie, baie dankie aan Jesus wat in mense se harte werk sodat hulle uitreik na ons toe, ons gaan ons tassies mooi op pas en elke dag speel –leer of is dit dan leer speel....?  Baie liefde van al ons kinders by Sonskyn Hoekie                                  Eerstens n groot dank aan die ATKV vir julle versoek en implimentering van die pragtige geleentheid vir die kindertjies met al die slim tassies, die lekker eet, speel en  die lekker groot geleentheid wat die kindertjies tebeurt geval het. Tweedens groot dank vir Connie en Derdepoort NH kerk wat bereid was in ons afwesigheid om saam met die kinders te gaan. Heleen , Dankie vir jou reëlings en die bus wat jy vir Doulos gekry het vir R1400.   Bo alles gaan ons dank aan ons Hemelse Vader wat dit alles moontlik gemaak het. Redakteur  

29/08:                ONS HOU TANDEBORSEL PARTYTJIE!  Sondag het groot mense vir ons kom kuier by ons huise, ons kinders het ’n partytjie gehou en tannie Max, haar pappa en dogtertjie het vir ons spesiale pakkies gebring wat deur die mense by tannie Max se werk aan ons geskenk is.  Binne-in ons partytjie pakke was daar ons eie persoonlike toiletware!  Elkeen van ons het ’n splinter nuwe tandeborsel, was lappie, sepie en ons eie kinder tandepasta gekry.  Daar was ook ’n kompetisie gewees vir ons kinders, elke pakkie het ’n pragtige prentjie opgehad en die kind wie se pakkie die wit was lappie in het, se prentjie se fliek gaan tannie Max vir ons kinders kom wys.  Ria het gewen want haar Cinderella pakkie het die wit lappie in gehad, nou het ons weer iets om na uit te sien volgende maand.......... ’n fliek!   Ons wil baie, baie dankie sê vir Tannie Max en al die ooms en tannies wat saam met haar werk, dankie Jesus dat U in hierdie mense se harte gewerk het sodat hulle vir ons kinders al hierdie goed geskenk het, ons gaan dit mooi op pas en elke dag gebruik.  Dankie, Tannie Cindy & Oom Adolf vir al die “cup cakes” wat tannie hulle vir ons gebak en versier het hulle het sommer baie lekker geproe want hulle is mos met baie liefde gebak..... Dankie, Tannie Michelle vir al die speelgoed wat tannie vir ons gebring het.  Ons het lekker onder die boom saam gekuier, koek geëet, koeldrank gedrink en was sommer net sorgeloos kind gewees.  Ons stuur foto’s dat julle kan sien hoe lekker dag dit vir ons was.  Vanaand as ons in ons bedjies klim gaan ons baie spesiaal dankie aan Jesus sê dat julle, julle harte oopgemaak het vir ons kinders en baie dankie sê vir Jesus dat mense omgee vir ons kinders wat in moeilike omstandighede groot word.  Baie liefde van al ons kinders by Sonskyn Hoekie   

28/08:    All of us at Doulos want to thank you for the fact that you took time to visit our office's this morning.  Thank you so much for the donation and we thank God that His Holy Spirit works in you to give to the underprivileged, not only material items but specially your prayers as we can only work through the mighty power of God. We believe that after the visit this morning you have a much better idea on how Doulos work and also the fact that we are transparent as an organisation. After the discussion this morning we are sure that you realise that there is so much "work" to do and that the Lord can use you in a specific field, be it that you give a donation or prayers or help us with the animals in these communities.  Please let me know what other ideas you have as we really want to take hands and work with you.  El Rai (Gen 16:13 - God seest me)  Connie 

19 Augustus:  Hi Shannon!!  Thank you for your email and caring!  Sonskynhoekie, just like some of the other camps have a huge problem with sanitation. They do not have showers and only have two toilets being shared by 25 people. But just like us they still like to be clean and smell nice!  Therefore any sanitary items would be great - soap, shampoo, deodorant, face cloths, sponges, toothpaste and brushes, body cream, shaving foam and razors, sanitary pads, underwear (specially the women, most of them are thin and wear either medium or small - especially the elderly ladies staying there!) Maybe also hand held mirrors?  I have attached for you a name list with their ages to give you an idea what you are working with. Most of the men are also medium sized in terms of clothing.  Toilet paper, deodorants for the toilet, handy andy and other cleaning solutions for the two toilets. Lice shampoos, antibiotic ointments because they do get a lot of infections from scratches etc. Plasters and bandages, Savlon, Dettol to cleanse. One lady was also remarking on the fact that there are no fire extinguishers and since all the accommodation consists out of shacks it is a big fire risk and should be taken care of! Now that summer is coming I am also thinking about mosquitoes, repellant for those would be great since the vicinity does offer a stream and river that is the ideal breeding ground for mosquitoes!  This is a long list, but hopefully it would give you some guidance in terms of their needs for you to consider. If you like you can wrap this up and present this yourself at our Christmas Function that takes place on the 4th December 2010? It is always nice to meet the faces behind the story to gain a better understanding!  Please let me know if there is anything else I can assist you with! Thank you  Heleen Huyser   

19 Augustus:  Die ATKV het 20 kinders en ouers genooi na die Pretoria'se skou hierdie jaar. Aangesien Sonskynhoekie die grootste versameling kinders van gr. 0-3 het verdien hulle die geleentheid om hierdie uitstappie mee te maak.  Hulle sal die 28e Augustus deur Doulos na die Skou vervoer word waar hulle deur die ATKV trakteer sal word vir die dag, hulle gaan onder andere ook skooltassies ontvang vir volgende jaar - waarna hulle weer deur Doulos teruggeneem sal word!

 

13/08 Uitgegee: Sonskyn Hoekie 2 seuns l\broek, 2 seuns hemp, 2 sweater, 2 kortbroek, 6 onderbaadjie

IMG_5372

05/08 Uitgegee aan: Sonskynhoekie, 18 kinder komberse.

03/08 Uitgegee aan: Sonskynhoekie, 15 komberse, 15 dosyn eiers, 32 le?rs, 1 pak weense worsies, 1 pak wors en 1 ontvangsrekening boek.

07/08:  By die neus van my motor sit nuwe intrekkers; Daar was 'n byeenkoms van paar inwoners waartydens ek die laaste paar klere uitgedeel het en paar fotos van die kindergroep, gelei deur 'n vrywilliger, Connie. Sy het in hierdie vakansie wondere verrig met hierdie ongeveer 40 kinders. Gister het hulle afgesluit met 'n "Pieknick". Ons waardeer julle gewilligheid tot betrokkenheid. Die nood is werklik op elke area van menswees. Die hoof probleem is voedsel. Daar het nou 'n gesin ingetrek, waarvan die ma van 4 in die kombuis ingespring het en dit heeltemal ontruim en skoon gemaak het. Ek stuur hierna aan julle 'n lys van haar benodighede. Sy het al haar eie speserye opgebruik om, ek glo vir die eerste keer in die bestaan van 10 jaar, smaaklike kos aan die inwoners voor te sit. Dit is basiese goed, soos bv naelborsels, waslappe, skoonmaak uitrusting, sepe, ens wat benodig word. Ons fokus is op mensontwikkeling en om die mens te help om homself te help sodat hy weer sy waardigheid kan terugkry. Ons hart gaan uit na die talle pragtigste kinders SONDER TOEKOMS OF HOOP!!! Wat maar net in die voetspore van hul ouers volg, soos hulle dikwels in hulle 'afwesige ouers' se spore moes volg....Sonder die Here se betrokkenheid is dit nie moontlik om hier enige bydrae te lewer nie. Behoefte aan goed, wat vir ons alledaags is en in ons huise nutteloos rondlê, kan hier lewens red. So bv 'n ou Bybel, wat in ons rakke opstapel omdat ons altyd die nuutste Nuwe  Lewende Bybel wil hê of Kinderbyb els van ons kinders wat lankal uit die huis is....Die bydrae van Vrywilligers, soos bv Connie met die kinders, is van  onskatbare waarde. Sy het self geen inkomste en doen hierdie vrywillig elke dag sonder enige vergoeding. Gister was Maryna Steyn, met Honeurs in Sielkunde en 'n Meestersgraad in "Play Therapy" en Traumaberading, saam  met my. Sy het 'n enorme bydrae om te lewer aan die kinders. Sy het egter studieskuld wat sy eers moet afbetaal. Hoofsaaklik weens hulle Blank-wees, kry die inwoners nie werk nie. Sommiges staan op straathoeke om in te samel. Kobus staan bv op die hoek van  Hans Strydom en Delmaspad. Hy ry daagliks 50Km per Taxi soontoe. Ons ry daagliks by talle op straathoeke verby en voel soms skuldig dat ons nie iets gee nie "want hulle koop tog net drank". Om hierdie rede verkies AFFH dat die geld eerder in 'n sentrale rekening betaal word wat dan dierek  vir verligting van nood aangewend word. Miskien weet julle van iemand wat by vermoeë is om R50, R100, R500, R5000 + per maand in hierdie rekening kan betaal. Die Africa Food For the Hungry se FNB Rekeningno is 6226807748; Kode 250145. Hiermee kan ons kos en ander benodighede aankoop en  vir vrywillige helpers, soos Connie, ten minste hul kostes kan dek. My uitnodiging staan steeds: Kom kuier vir ons!! 'n Goeie tyd is miskien om Sondag 12h00 saam met ons te kom "kerk". Hier kan julle dan self beleef waarmee ons besig is en waarmee julle ons kan help volgens julle behoefte en vermoeë. Met groot dank en waardering vir julle belangstelling. Ons het werklik mense soos julle nodig. Seënwense   Dr Chris Wehrmann   Dit wat die diepste tref is die kindertjies -- die pragtigste wesens met blydskap en vreugde sonder 'hoop of toekoms' -- dwaal rond  soos skape wat wag vir slagting....Connie, met soveel passie en liefde, het hulle heel dag besig gehou en tussen speel, plak en bou hulle aan Jesus en die Kruis voorgestel. Dank u vir reuse werk wat jy doen. Redakteur 

IMG_5146

05/08:  Hello Hans:  Met groot vreugde het die volgende kinders vanmiddag komberse uitgedeel aan die volgende kindertjies:  Bernadine & Jaqcues Mariska, Hannelie, Christel & Jessica Jariska, JJ, Hannes & Jazelle Marinda, JJ, Mariaan Wimpy Frikkie  Hulle is gegroepeer in familie orde. Oom Hans Indien dit moontlik kan ek vir die volgende kinders ook kry: Christo, Bennie, Karlien, Chrisjan, Brandon, Daniel, Morne, Jason, Simone, Rienie, Riana, Dominique, Louise, Tiaan, Nanna, Igjuan, Ina, Aggie Baie dankie vir vandag se skenking! El Rai  Connie.   Ons gee met groot graagte die oorblywnde kombersies, ons wil die kindertjies ook leer om dankie te se vir die omies en tannies wat as middel gebruik word en wat hierdie pragtige kombersies met groot liefde vir hulle skenk. Redakteur

04/08:   Hello Jacques  Ek woon Eksderde kampe by en het met die laaste vrouekamp die DVD, Lang Gras aangekoop.  God het my na 'n wit plakkerskamp net Noord van Pretoria gestuur met die opdrag om SY liefde aan hierdie hopelose, verwaarlooste, lewensmoeg gemeenskappie oor te dra.  Ons het ongeveer 96 volwasse en 30 kinders in hierdie kamp.  In die week spandeer ek tyd met die kidz, leer hulle so speel, speel, sommige wat al 6 is kan nog nie eens tot tien tel of enige kleure onderskei nie.  Dus doen ek graad R met hulle, ook het ek 'n 35 jarige mamma wat glad nie kan lees of skryf nie en sy leer saam met die Graad R'e.   Ook leer ek die mamma's "kuns werk" en ons spandeer tyd saam met Jesus.... Sondae het ons "kinderkerk" en leer ons van Jesus, ons sing en bid ook saam, ek het gister vir hulle Lang Gras, vertoon en dit was amazing om te sien hoe hulle elkeen "Dirkie" word!!!  Hulle woon op 'n plot en kon dus totaal en al met die karakter vereenselwig.... Na die "movie" het ek jou David en Goliat die "exterminator" gedoen en hierdie kinders was so weg gevoer... In die middel van die "movie" se die een klein seuntjie (5jr) so ewe... "tannie as dit ekke was het ekke met 'n moerse spoed huistoe gehardloop"  Natuurlik kon ek nie voor hulle lag nie maar op pad huistoe het ek so lekker saam met die Heilige Gees gegiggel....... Ek het hulle gelaat met die idee van ons elkeen maak elke dag ons "eie movie" in ons eie lewe! EIER KOOK:  Ek moes van elkeen 'n belofte kry dat hulle nie sal op hulle eie vuur maak nie en dat ons saam volgende Sondag sal vuur maak en saam elkeen ons eie "stof stofie" sal maak en elkeen sy/haar eie eier sal "kook" in die grond.... Hoe lank kook ek dan die eier...? Ons probeer hierdie kinders leer dat hulle nie in hulle ouers se voetspore hoef te bly loop vir die volgende generasies nie, dat hulle wel moet en mag drome he en dat daar altyd hoop is. Jou "movie" was 'n absolute "blessing" en terwyl hulle gekyk het, het ek net gebid dat die Heilige Gees vir elkeen sal bedien en elkeen sal leer en wys... Ek heg foto's aan van hierdie kosbare prinse en prinsesse van Jesus Christus!  El Rai (Gen 16:13 - God seest me)  Connie Wehrmann 082 748 9541   

IMG_5321

05/08 :   Uitgegee;  Die volgende word uitgegee vir Sonskynhoekie kleuterskool:  32 leers vir elke kind 1,   320 eiers, 15 komberse, 1 Pak worsies, 1 Kwitansieboek, 10kg Wors.

 Augustus 2010:  HIer is tans 47 volwassenes en 28 kinders woonagtig. 

 28/07 Uitgegee aan: Dr. Chris, 15 gordyne. Die gordyne is gemaak vir die skooltjie wat daar begin is. Ons is hard aan die werk om hierdie skooltjie ten volle te help om behoorlik te kan funksioneer  28/07 Uitgegee: Sonskynhoekie, Heleen neem 1 duvet, 48 pakkies skyfies en 20 komberse.

 26/07 Uitgegee aan: Sonskyn Hoekie, 12 botteltjies olie, 12 botteltjies skottelgoedseep, 20 botteltjies sousboontjies, 14 botteltjies konfyt, 20 pakkies rys, 10 x 12kg mieliemeel, 15 pakkies sout, 15 pakke tee, 15 pakkies sop, 96 pakkies simba skyfies, 15 pakkies suiker, 15 pakkies sop bone, 33 skeerroom, lyfroom en onderarmsproei, 24 koekies see, 8 blikkies vis, 8 blikkies chakalaka, 8 blikkies spaghetti, 30 buisies tandepaste, 10 bakke sop en 1 karton lemoene.

22/07 Uitgegee aan: Sonskyn Hoekie, 30 kartonne chips.

Julie 2010:  Hier is 'n wenslys vanaf Connie - die "Juffrou" hier wat die nuwe kleuterskool gaan bedryf:

GESONDHEID EN ALGEMENE HIGIENE:

Tande   - die mensies het werklik tande sorg nodig, almal (veral kleintjies) moet leer om tande te borsel, hare te kam, hande te was en hul lyfies te versorg.  Ek bid dat God self 'n tandaards se hart sal raak sodat die Gees van God hom/haar sal oortuig om te help met hierdie.

Ore – Ek kom agter dat van die kinders (6 jr) BAIE swak praat en uit ondervinding weet ek dat ore wat toe is met was en ook slym (a.g.v. baie stof wat sinus veroorsaak) die ore benadeel en hulle dan “praat soos hulle hoor.... swak”

  1. Tande borsel vir elke kleintjie (ek hou by my en die skool kinders kan naskool leer, sodat ek die gewoonte kan kweek)
  2. Waslappie om gesiggies skoon te kry – trots te kweek, eerste indruk is blywende indruk
  3. Handoekie om na hande was, af te droog, kinder gedurig “loop maag” want hulle eet met die vuil “honde” en gespeelde hande, ook le daar baie “menslike afval” rond in die kamp en hulle speel op die grond waar hulle die kieme kan optel.......... Hande was gedurig en VERAL as ons eet is belangrik!  Skotteltjies (x5) waarin ons hande kan was.
  4. Ons gee GOD die eer ons sal teen einde volgende week twee storte beskikbaar he! Ek GLO en VERTROU God gaan ons help om die toilette en “drain” ook uit te sorteer.
  5. Seep om te hou in die “gemeenskapsaal/skool”
  6. 6.                  Gesonde voedsel – dat mense wat die kamp besoek sal vrugte bring in plaas van lekkers. Ook dat ons in ons nuwe stoor (wat ook volgende week so ver moontlik “dief proof” sal wees) onder slot en grendel en ons EIE bestuur, met register genoeg voedsel sal he om ten minste drie voedsame maaltye per dag te kan bedien. Vars groente (ons kan verwerk en vries, vars vrugte, bone, mieliegruis ens...) 

 

ONTWIKKELLING:

  1. Dans klere – vir die kinders wat graag wil leer dans, asook vir die konserte en “gelofte dag” wat ons beplan in Desember
  2. 2.                  Musiek instrumente en “teacher” – Van die kinders wil so graag leer om ‘n musiek instrument te bespeel... 
  3. 3.                  Ons dank God vir die “stationary” wat ons tot dusver ontvang het, ek het dit in ‘n register genoteer en behoort maklik tot Desember 2010 genoeg voorraad te he.   Ook dank ons God vir die voorskoolse program wat deur Unisa aan my geskenk is, ek bid dat God die mamma’s se harte sal aanraak sodat hulle die gees van verlamming sal afskud en soos ek vir hulle gese het, ek sal vir eers help maar hulle moet met my hande vat en verantwoordelikheid om hierdie program met hulle kinders deur te werk..... Ubuntu! Do it for yourself!
  4. 4.                  Rekenaars & programme – Om die kleintjies, rekenaar vaardig te kry en ook dan die naskool kinders te kan help, by te staan en te ontwikkel. 
  5. 5.                  Prit, stomneus skertjies, inkleur boekies, boekies wat “dotjies” het dan moet hulle die dotjies “link”. “Recycle” papier om agter op te werk. Kinder Bybel – vir elke kleintjie sy/haar eie.... 
  6. 6.                  Ensiklopedie – indien rekenaars nog nie beskikbaar is nie.

            Ook baie goed vir die aanwakker van “lees gierigheid” 

  1. 7.                  Heleen – help asb hier as ek “mis” jy moet weet my “baba seun” is nou 17, so ek benodig hulp en idees vir nog kinder aktiwiteite. 
  2. 8.                  Woordeboeke – Afrikaans verklarend, Engels & Afrikaans & Engels verklarend. 

 

ONS SKOOL EN GEMEENSKAP SAAL:

Dit werk nou so... die mamma’s sit een kant en ek “leer” hulle skilder, mosaic asook decoupage, met die “gedagte” dat ons van hierdie items by vlooi markte kan afsit... Ook net om die gees van “verlamming” en “hopeloosheid” te wys ONS KAN EN ONS WIL!

Ook het van hierdie mamma’s “erge abuse” en uit my eie ondervinding is om te “skep” baie terapeuties en gee dit opsigself, selfvertroue, waardigheid ens.......

MEUBELS:

  1. Nog “kinder” tafeltjies en stoeltjies, ek het tans een tafel en vier stoele en baie “stoeigevegte”....
  2. 2.      Boek rakke
  3. “lockers” om skool en kos voorraad in die stoorkamer te kan sluit (x3)
  4. Gordyne – vir “warmte” en om die “hol” klank in die gemeenskap saal te demp
  5. Matte - vir “warmte” en om die “hol” klank in die gemeenskap saal te demp
  6. Groot asblik – om net papier (geen kos!) in te gooi – hierdie kinders MORS verskriklik en wil hulle SO asblik bewus maak! Ek het reeds ‘n paar klein asblikkies wat ek by die tafels kan sit
  7. Groot mens tafel (ek het stoele) waarop die mamma’s kan leer “skep”, skilder en al die ander dinge
  8. 8.      Canvas – Nie geblok (te duur) rol vorm ons knip self, om te skilder, vir arcrilic sowel as waterverf. 
  9. 9.      Waterverf – mamma’s en kinders kan gebruik (Hulle luuuuuve verf!) 

10.  Arcrilic verf – hulle luuuuuve dit! 

 

11.  Mosaic teels & items wat ons op kan mosaic, bv potte, houers, kruise van blik of hout, ou skinkborde, ou koekblikke, ou grawe, ou kruiwa’s, ou klein leertjies, ou tafeltjies, en ou stoeltjies man mens kan omtrent enige ding mosaic en tans is daar ‘n groot afset mark vir die! Hoe “stranger” die item wat jy mosaic hoe meer aftrek kry dit.... God Drie-Enig is in elkgeval ons “sales director”.....

12.  Silicon of mosaic gom sowel as "mosaic tools, tile cutters, met plat neus en ronde neus kos so ongeveer tussen R110 en R145 - (hang af waar mens koop)

13.  Blinkers ons werk dit in die canvas paintings en mosaic in, hoe meer ‘bling” hoe groter is die “atraksie om te koop”

14.  Brei en hekel wol – brei naalde en hekel naalde, die wat dan nie “ontwikkel” in een van die ander areas nie kan dan weer hier ‘n “ou plekkie in die son” kry...

15.  Klein cd/radio speler om geestelike musiek te speel...

 

WAYS & MEANS VIR CONNIE:

1.         Fondse - Ek het tans ‘n groot uitdaging daagliks om te voorsien vir Petrol vir die heen en weer rit ek woon in Centurion, dus is dit redelike afstand om te doen.

            My motor is 11 jaar oud en die grondpad sit met elke rit “omtrent” nog elf jaar per

            dag by... Alles die ruk en skud, ek sal tot dankbaar wees vir ‘n 1914 Fordtjie of

            klein bakkie wat die sinkplaat pad kan stap sonder om uitmekaar te skeur..       

            Ongelooflik baie gebede dat ek in Jesus se Krag en Sy Sterkte en in SY liefde met hierdie                      mensies kan werk en dat my hart nooit moeg sal word nie!  (Gal 6:9)

 

21/07 Uitgegee: Sonskynhoekie-skool 13 pakkies vetkryt, 15 voorskoolse pakkies (skryfbehoeftes) 1 pak x 36 grys potlode, prestick, 26 storie boeke, 9 pakkies klei,      2  groot pakke kleur potlode, 1 pakkie klei, 2 penne. Hierdie skooltjie word beman deur Connie. Altesaam is daar nou 23 kindertjies en ons is besig om die klas in te rig  Innocent

Julie 2010:  Het vandag 21.07 uitgegaan en 'n hele vrag skryfbehoeftes en ander benodigdhede aan Connie gegee sodat sy dit solank kan gebruik in haar skooltjie.  Daar word dan ook 'n mat, boekrak en tafeltjies en stoeltjies gereserveer vir die skool asook opvoedkundige prente en hulpmiddels vir die skool.  Al die kinders (25) het elkeen 'n stuk materiaal gekry waarmee hulle 'n vlag moet maak waarmee daar vir Jesus mee gedans gaan word. Van die vlae is al klaar en dit lyk pragtig!!!  Daar gaan dan ook waslappies, bekertjies, seep en ander was middels verskaf word sodat die kinders kan leer om hande te was en gereeld tande te 

Yvonne en haar groep besoek saam met Heleen hier Saterdag die mense om hulle fotos vir hulle te gee wat op 'n vorige geleentheid geneem is asook om mense van Nedbank bewus te maak van blanke armoede.  Sonskynhoekie se nuwe 5000 Liter watertenk is dan ook afkomstig vanaf Yvonne van VBS en sal binnekort deur Doulos afgehaal word vir die doeleindes van watervoorsiening hier by Sonskynhoekie.

Julie 2010:  Het 'n aangename gesprek gehad met Manie, een van die vrywilligers van Africa Food for the Hungry, wat huidiglik besig is met intensiewe ophefwerk hier.  Die nuwe kleuterskool wat in 'n vennootskap tussen Doulos en Manie hulle opgerig word sal binne die volgende twee weke offisieel geopen word (fotos sal volg).  Daar is reeds 'n gebou opsy gesit vir die doel en Doulos sal in die week al die inhoud verskaf om die skool volwaardig in te rig.  Die skool gaan dan ook by die Departement van Welsyn geregistreer word ten einde fondse te bekom vir beter opleidingsgeriewe en 'n voedingsskema.  Ander voordele vir regsitrasie sluit ook in gratis immunisering deur die Departement van Gesondheid op die perseel.  Daar word reeds werk gedoen deur Connie, 'n vrywilliger en haar werk gaan dan aangevul word deur raad en ondersteuning van Doulos en uiteindelik ook vanaf die Departement.  Hulle fokus dan veral ook op die troeteldiere hier en het met behulp van skenkings reeds die voorkoms van baie diere hier verander en verbeter.  Daar sal eersdaags dan ook 'n skakel wees vanaf ons webwerf direk na hulle Facebook blad spesifiek ten opsigte van die diere wat na gekyk kan word.  Baie dankie aan Manie, Charles, Connie en al die ander mense wat tans so hard werk daar!!!

Julie 2010:  Neem Carien en haar span al die pad vanaf Klerksdorp uit op Saterdag, 10 Julie vir hulle uitreik na Sonskynhoekie.  Hier gee hulle vir die inwoners lemoene en lekkergoed vir die kinders.  Daar word liedjies saam met die kinders gesing in die kerk en lekker gelag en gesing om te sien wie die hardste "Visvang vir Jesus" kan sing.  Daar word ook bybelversies aan die inwoners uitgedeel en vir hulle gebid vir die wat nodig gehad het.  Die pretdag het teen 17:30 tot 'n einde gekom waar almal vervuld huiswaarts gekeer het.  Carien hulle het so baie skenkings vir Doulos vanaf Klerksdorp af gebring waarvoor Doulos hulle hartlik bedank en ook vir hulle bereidwilligheid om tyd saam met die inwoners te spandeer en hulle beter te leer ken.P_28

2/07 Uitgegee: Sonskynhoekie ontvang 3 komberse, ses pk spaghetti, 1 x 5Kg blik konfyt, 8 bt tamatiesous, 11 bt grondboontjie botter, 9 pk nespray, 12 bt kook olie, 15 pk tee, 15 pk sop, 60 pk mielie meel, 15 pk suiker, 15 pk sout, 15 bt skottelgoed seep

 21/06 Uitgegee: Sonskynhoekie ses kartonne aarttappels 09/06 Uitgegee: 2 pakkies kos, 4 pakkies vleis, 3 sak vleis

 

 

View My Stats