10/08: Die plek het tot gronde gegaan en die mense is weer by Mahem en ander nedersettings
14/07: Beste Hans Ons wil graag vir jou die volgende inligting deurstuur oor hoe dit verloop het met die inwoners van Mahem en Capitol Park die afgelope tyd. Altyd op soek na beter blyplek en beter lewensomstandighede, altyd onseker oor die dag van môre. Dit is waarskynlik hoe die lewe in informele nedersettings opgesom kan word…konstante nomadiese beweging tussen woonplekke. CAPITOLPARK SE MENSE TREK In Maart vanjaar het ons berig dat n groep mense by Mahem weggetrek het na n huurhuis in Capitolpark met baie beter omstandighede. Die inkomste van hierdie mans dmv kontrakwerk kon egter nie die mas opkom om hierdie huurgeld en elektrisiteit gereeld te betaal nie en einde Junie moes hierdie groep weer noodgedwonge uitmekaar spat…elkeen op soek na n ander heenkome. Die meeste van hierdie mense het verhuis na ander nedersettings.(n Afgetrede paartjie vir wie ons verlede jaar die gratis brille bekom het, is in n “aftree-afd” van n nedersetting opgeneem en het laat weet dat hulle baie tevrede is. Nog n paartjie het werk gekry en woon elders. Een het by n familielid gaan woon en ses ander het onder beskeming van n pastoor na n hoewe in Pretoria-Noord verhuis. Die man wat n hewige beroerte gehad het en wat ons vir rehabilitasie na Kalafong Hospitaal geneem het, is kort na sy aankoms by n ander nedersetting oorlede) ons moes van mense waarmee ons oor n tydperk van byna twee jaar, in besondere verhoudings gestaan het en in wie se lief en leed ons gedeel het, afskeid neemons moes van mense waarmee ons oor n tydperk van byna twee jaar, in besondere verhoudings gestaan het en in wie se lief en leed ons gedeel het, afskeid neem ons moes van mense waarmee ons oor n tydperk van byna twee jaar, in besondere verhoudings gestaan het en in wie se lief en leed ons gedeel het, afskeid neem.
02/07 Hier is so bietjie werk nodig om mense weer op die spoor te kry. On enigheid het ontstaan en n klompie van die inwoners het uitgetrek. Met die nodige berading en gesprek voering sal dinge hierdie week weer terugkeer na normaal toe en sal die nodige kospakkie weer uitgedeel word
24/05 Uitgegee: Mahem 11 konfyt, 11 rys, 11 tamatiesous, 11 olie, 11 grondboontjie botter, 11 sout, 15 pakkies tee, 11 oats, 6 x 12.5 kg mieliemeel, 11 sop bone, 11 suiker, 11 sop poeier, 6 x 5 kg blikgroente
01 April 2010
Hier het Dr Flip Bruwer gehelp deur mense by sy spreekkamers se oe te toets en ook vir elkeen n bril gratis gemaak. Ons kan net ons dank betuig aan ons hemelse Vader dat hy Dr Flip gebruik het om hierdie mense te help
Hier woon 38 mense in twee huise in haglike omstandighede. Ten spyte van hulle omstandighede styg veral die kinders uit en het een leerling verlede jaar aan Laerskool Uniefees 6 onderskeidings behaar in graad 7. Daar is defnitief 'n wil om te streef na beter!
ARMOEDE 010 14 Februarie 2010
Ons koop n lekker koue ete aan en verras die groep met n kort besoek. Koue vleis, groente, vrugte en n verskydenheid van broodjies en brood smeer. Dank u en liefde straal uit die harte van hierdie mense
Die volgende is 2 Februarie 2010 uitgegee:
5x 10kg mielie meel, 5 pakkies koffie, 7 pakkies tee, 10 pakkies poeding, 10 pakkies sout, 1 pakkie speserye, 8 bottels konfyt, 10 pakkies koeldrank, 10 pakkies rys, 7x1kg instant pap, 18 pakkies kits noodles, 8 blikkies gemengde groente, 4 blikkies ertjies, 6 blikkies mielies, 6 blikkies vis, 1 blikkie gold dish, 13 blikkies bake beans.