02/09 Uitgegee: Melgisedek 40 brode

03/09:        Dear Reader :::::                  For the past couple of months, we as an Organisation has been working closely with Coen Mans in Melgisedek. There are about 40 people staying there of which donations were gathered by both Organisations to better the living conditions of these people. Coen and his Organsation spent time and money painting some of the walls, and also in general cleaned up the area in which these people are staying. He also provided and is still providing with the aid of donations, food to these people twice a day. He also take them on outings and provide them Spiritual Guidance in order to better their circumstances. He has also been involved fully in the Religions needs of these people by conducting Church Services and handling two funerals of residents there. He is a person with a lot of passion for those in need!!  Thank you very much  Heleen Huyser  Doulos Community Project  0824438874

3 September:  Simon - 'n Blanke vlugteling (22) uit Zimbabwe is deur Johannie en haar gesin onder vlerk geneem.  Hierdie hele week het hy elke dag met publieke vervoer haar bereik vandaar daar lekker gewerk is en leer plaasgevind het weerskante.  Johannie se broer het 'n melkplaas op Riversdal en sou Simon belangstel sal hy hom dan daar permanent vestig.  Hy is 'n baie goeie mens en hulle is baie be-indruk met sy werk en deursettingsvermoe.  Baie dankie aan Johannie en baie geluk aan Simon wat die kopskuif gemaak het!!!!!

2 September:  Vanoggend is Tannie Susan en Tracy na die oogkundiges geneem vir nuwe brille.  Daar bly nog etlike inwoners oor vir hierdie diens en sal eersdaags geneem word.  Die omstandighede by Melgisedek het baie verbeter met warm water en ligte in die gange.  Daar was in die week 'n onaangenaamheid met van die ander inwonders daar in die groter area wat daarop aandring dat ander-kleuriges die ouetehuis se lee kamers beset.  Dit kom na aanleiding van die afsterwe van nog 'n inwoner verlede week.  Die situasie is beredder en die kamer word nou ge-okkupeer deur 'n ander ou dame.

31/08 Uitgegee: Melgisedek 15 bottels pre wash, 33 pakke hawermout, 10 bottels tamatiesous, 10 bakkies konfyt, 10 pakke sout, 15 pakke suiker, 20 blikkies boontjies in tamatiesous, 10 pakke kits pap, 15 koekies seep, 1 pak lifestyle, 10 pakke tee, 9 tandepasta, 15 pakke sop, 15 blikke vis, 5 bakse baverol, 10 blikkies gemengde groente,10 pakke spagetti,  

23/08:  Die volgende groep mensies sal die 2e September geneem word na Bruwer oogkundiges vir gratis oogtoetsing en brille.  Baie dankie vir Bruwer Oogkundiges se volgehoue verbintenis met Doulos, dit word opreg waardeer!!!!! 

21/08:  Oom Hans  Baie dankie vir die koekies, viennas wors lemoene en skyfies. Die Viennas is regtig 'n seen ons kan soveel met dit doen.   Die Here is so goed vir ons Oom, dat ons kon laas maand ongeveer 4700 etes uitgee, en ons vertou God dat ons sal beter kan doen die maand.  Ek wil graag begin om die ouens wat van buite af kom eet daagliks te stort en hulle 'n kans gee om klere te was, sodoende kan hulle dan ook skoon kom en netjies wees. Ek het 'n plek waar hulle kan stort ons het net die stort nodig om geinstalleer te word die Here het ons geseen met een van die stort koppe wat self wwater warm maak.  Ons benodig tafels, en stoele waar die ouens kan eet en dan kan ek ook 'n gereelde diens hou op 'n Sondag.  Baie Dankie vir al Oom se hulp en die meeste van alles bemoediging en ondersteuning, dat ons kan hande vat in die GODGEGEWE TAAK.   'n Dienskneg vir Jesus Christus. Cell :         071 189 5506  Fax :         086 665 9242  E-mail:     This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it  

19 Augustus:  Dit is met leedwese dat ons verneem het Christina Martina Ferreira (23 September 1949) is na 'n kort siekbed oorlede.  Ons meegevoel met veral die inwoners van Melgisedek wat haar goed geken het en haar baie gaan mis!!!

16/08 Uitgegee: Malgisdek 2 sakke lemoene, 1 pak skyfies, 4 pakke vieannas, 1 pak gaar wors, 20 x 12.5kg mieliemeel

 

Saterdag was 'n groot sukses ek is so trots op die inwoners van Melgisedek, hulle was "amazing" en ons het net baie pret gehad.
Jy het gevra vir 'n lys van goed wat ons regtig benodig;
2 Wendy's
Wol vir ons brei 'n blok projek.
Ons sitkamer is klaar en lyk pragtig, wat ons nog nodig het is vloerteels vir die vloer.
Dan benodig ek kombuistoerusting vir ons kombuis ek het twee vrieskaste maar yskaste is 'n probleem, oonde en staaltafels en enigiets soos braaiers en regtig as ons 'n deepfryer kan kry sal dit wonderlik wees.
Ek glo vas ons gaan in die groot kombuis intrek in die volgende week.
Dan is die volgende projek om die badkamers te restoureer:
Sement
Stene
Teels
en enige plumbing pype.
As jy definitiewe spesifikasies nodig het laat weet my asb.
Ek sal iemand kry om dit vir my te doen.
Baie Dankie vir jou en julle harde werk.
O Ja as dit moontlik is die outjies wat hare sny dink jy ons kan reel vir eendag by Elandspoort, daar is regtig 'n groot behoefte.

 

Augustus 2010:  Dit is nou Dinsdag, en die opgewondenheid hier is tasbaar gewees vanoggend.  Die mense het al vroeg vanoggend reggestaan.  Hester en haar span het 08:00 opgedaag met al hulle toebehore.  Toe ek daar weg is was dit 'n roesemoes van stemme en giggels en lag en sommige jong mans is ek seker het net molekulere punte gesny ter wille van die mooi dames wat die snywerk behartig het!!  Sodra Hester fotos deurstuur sal ek die fotos laai vir julle!!  Baie dankie Hester vir julle omgee en langtermyn verbintenis tot Doulos en Sy saak! Ek is ook bly om aan te kondig dat die inwoners gister aand vir die eerste keer in 9 maande warm water gehad het nadat die kragtoevoer na die badkamers herstel is!  Dit alleen het waarskynlik ook gemaak dat almal vanoggend so opgewek en vrolik was!!  

Ons vlak 3 studente het met groot opgewondenheid vanoggend 8h vanaf Centurion Akademie na Melgisedek (Annie Botha laan) vertrek. Die doel was om die inwoners se hare te gaan sny. Hulle is besig met hulle sny opleiding en elke student moet 35 kliente voltooi voor 6 September. Daar aangekom was dit vir hulle 'n redelike "kultuurskok". Ek dink nie hulle het gedink armoede kan by "wit mense" uitkom nie. Hulle het begin sny en selfs snye gedoen wat hulle nog nie mee vertroud is nie maar hulle het elke situasie pragtig hanteer. Ek en Lizahni was regtig trots op ons CA studente. Ek stuur 'n paar fotos. Ons beplan dan ook om die volgende 4 dinsdae dieselfde op ander plekke te doen, ons studente en hulle ouers is reeds besig om goedjies bymekaar te maak wat ons kan saamneem. Ek dink van nou af kan ons amper ons voornemende studente verseker van kliente, ek dink ons gaan nog salonne moet bou want inskrywings gaan instroom.

Augustus 2010:  Dinsdag, 3 Augustus gaan die Centurion Akademie uitkom en al die inwoners se hare gratis kom sny!!  Ons se baie dankie aan Hester Kleynhans en haar span vir hierdie uitreik en ook hulle bereidwilligheid om hierdie diens uit te brei na die ander nedersettings toe!!!

 melgihare1

melgisehare2

 

27/07 Uigegee aan: Melgisedek, 8 bottels kook olie, 8 botteltjies skottelgoedseep, 6 pakkies noodles, 10kg blikkies boontjies, 5kg blik boontjies, 40kg mieliemeel, 10 pakkies rys, 15 pakkies sout, 15 pakkies tee, 15 pakkies sop bone, 15 pakkies suiker, 15 pakkies sop, 15 pakkies hawermout, 35 koekies seep, 9 bottels skottelgoedseep, 96 pakkies simba skyfies, 10 bakkies sop en 1 karton lemoene

22/07 Uitgegee aan: Malgesedek, 25 kartonne chips.

Julie 2010:  Sowat 20 inwoners het die toetsing van Synexus bygewoon en sal eersdaag verwittig word of hulle kwalifiseer om aan kliniese toetsing deel te neem.  Hulle sal dan vervoer word en betaal word vir hulle dienste om die toetsing te ondergaan.  Daar is in die tussen tyd wel elektrisiteit aangele na die blanke vleuel en die inwoners het ou buisligte in die gang sodat dit nie meer so donker daar is nie.  Daar is egter nog steeds nie krag in die kamers nie en dit sal mettertyd aangele word.  Coen Mans voorsien die inwoners nog steeds daagliks van 'n maaltyd en berei die kos nou voor op die perseel self waar die inwoners hom help met die skil van groente ensovoorts.  Daar is dan ook sprake vanaf die stadsraad dat Melgisedek afgekamp kan word van die res van inwoners sodat daar beter beheer kan wees maar Coen is nog in die proses om te onderhandel.  Daar gaan dan ook die 7e Augustus 'n potjiekos kompetisie deur Coen en sy span aangebied word by Toutrekpark om fondse te in vir Melgisedek en ander armoediges.  Doulos gaan voort om alle kosskenkings aan Coen te verskaf wat hy gebruik in die daaglikse voorbereiding van voedsel.  Daar gaan ook twee dames vanaf Melgisedek ingesluit word in die volgende gratis rekenaaropleiding wat eersdaags by Doulos se kantore in Waverley gaan plaasvind.  Die dames sal sekretariele en administratiewe kursusse bywoon, waar na afloop van voltooing daarvan gepoog sal word om vir hulle werk te kry.  Hardus, 'n jong man wat 'n inwoner hier is, het uitgebreide ondervinding as winkelbestuurder in versekeie kleinhandel winkels, so as daar enige iemand is wat hierdie man kan gebruik in hulle besigheid is hulle welkom om  Heleen te skakel vir Hardus se besonderhede.  Hy is enkellopend en baie hardwerkend.  Verder gaan Illse nog voort met haar Alpha kursus hier en die bywoning het dramaties verbeter sedert die aanvang van die kursus.  Baie dankie almal wat betrokke is hier om 'n verskil in die lewens van hierdie mense te maak - dankie ook aan Louis die plaaslike apteker vir sy bydraes in hierdie verband!

 

Julie 2010:  Synexus, 'n mediese navorsings maatskappy gaan die inwoners gratis evalueer op Maandag, 12 Julie vir siektes soos diabetes, longkwale en sere wat nie gesond word nie.  Vir die inwoners wat dan kwalifiseer word gratis bloedtoetsing en behandeling aangebied en hulle word ook 'n klein fooi betaal sowel as vervoer wrod verskaf vir hierdie behandeling.  Baie dankie Noleen van Synexus.

02/07: Uitgegee: Melgisedek 10 bt konfyt, 90 pakke mielie meel, 10 bt tamatie sous, 10 bt grondbootjie botter, 15 bt kook olie, 15 pk sout, 15 pk tee, 15pk suiker, 15 pk sop, 15 pk droe bone, 6 x 5Kg blikke groente, 20 pk vleis Money mouth

24/06 Uitgegee: Melgisedek, Heleen 1 tandepasta, 2 hemde, 2 mans l\broeke,2 mans skoene, 3 pare kouse, 1 tandeborsel, 2 sunlight seep, 3 onderbroeke, 2 mans t\hemde, 2 mans truie, 2 koekies seep, 1 kam, 1 waslap, 1 shampoo

14 Junie 2010  Uitgegee: Melgisedek 10 botteltjies olie, 10 bakkies grondboontjie botter, 10 botteltjies tamatiesous, 10 botteltjie konfyt, 14 x 5kg gemengde groente, 15 sakkies rys, 60 sakkies mieliemeel, 1 sak wol, 15 pakkies sout, 15 pakkies tee, 15 pakkies sop, 15 pakkies suiker, 12 liters melk, 15 pakkies sop bonne, 15 pakkies hawermout, 15 pakkies koekmeel

13 Junie 2010

Deur een blok te brei van 30 x 30 cm. van jou afskiet wol, kan jy ‘n kind, ‘n senior burger of ‘n hawelose warm hou die winter. Brei ‘n Blok This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it  Zayith Ministries Coen 071 189 5506  44 Steke Nr. 5 Naald (nuwe maat) Dubbeldraad wol Coen: Hou aan met hierdie goeie werk. Dit is wonderlik en ons sal bymekaar kom met die aanmekaarsit van die breigoed

10 Junie 2010  Uitgegee: Melgisedek 14 kartonne skyfies, 1 los pakkie skyfies

13 Junie 2010  Geagte Oom Hans. Ons wil net baie dankie se vir die wonderlike donasie, van Doulos Gemeenskap projek, ons waardeer die kos, en ek weet dat daar soveel dankbare harte by Melgisedek sal wees, wat lke aand 'n bord warm kos sal geniet. Ons het die volgende van julle ontvang:  10 Kookolie, 10 Grondboontjoebotter, 10 Tamatiesous, 10 Konfyt, 14 x 5 KG GemengdeGroente, 15 Pakkies Rys, 15 Pakkies Sout, 15 Pakkies Tee, 15 Pakkies Sop, 15 Pakkies, Suiker, 12 Liter Melk, 15 Sop Boontjies, 15 Hawermout, 15 Koekmeel, 5   Kartonne Chips, 91 Pakke Chips, 1   Sak Wol. Vrydagaand het ons heerlike chips ge -eet, baie dankie. Aangeheg sal u 'n inligting brief ontvang oor ons brei 'n blok projek, waarvoot u die wol geskenk het.  Coen Mans

Junie 2010 Hier word nog steeds elke Saterdag sop en broodjies uitgegee deur die NG Kerk Rietfontein Noord waarvoor Doulos innig dankbaar is. Kospakkies is dan ook deur Doulos uitgegee aan al die 40 inwoners. Coen Mans, 'n privaatpersoon het dan ook verskeie fondse reeds ingesamel en voorsien nou al vir 'n tydperk daagliks aan al die inwoners 'n gekookte bord kos een keer per dag. Ons waardeer die hulp geweldig en gaan dan ook in die vervolg bestandele aan Coen voorsien ten einde hom te help met die kos. Elke persoon gaan dan nie meer 'n kospakkie ontvang nie maar Doulos sal aanvul met bestandele om Coen te help. Daar is dan drie mense van Melgisedek geneem vir oogtoets en brille by Bruwer Oogkundiges en hulle het dan ook reeds hulle brille ontvang. Twee matrasse word uitgegee aan inwoners. Daar word ook deur Erna se omgeegroep toebroodjies, tee, koffie en 'n kombers vir elke inwoner uitgedeel. Baie dankie!! Die SA School of Cookery het dan ook as deel van hulle Gemeenskapsbetrokkendheid sop en broodjies kom gee aan al die inwoners.

10 Mei 2010

Neem klere na Susan Buys en familie vir die begrafnis van haar moeder (85) wat ook in Melgisedek woonagtig is.  Ouma was die laaste tyd in Steve Biko hospitaal en daar word vermoed dat 'n hartaanval tot haar dood gelei het.

5 Mei 2010

Neem Illse na die inwoners.  Sy bied die Heartlines kursus asook die Alpha kursus aan wat handel oor verskeie aspekte van Christen wees en heelword deur middel van die wys van films en ander programatuur.  Sy sal dan vanaf middel Mei voltyds Sondae hier bedien in aanvulling to Johny wat elke Sondag middag 'n erediens hier hou.  Ons sien geweldig uit na hierdie twee mense se bedieninge en glo dat die resultate sal sigbaar wees vir almal wat hier aandoen.  Deel dan ook volwasse doeke uit aan Susan se ma wat bedleende is - gee ook aan die inwoners elkeen ongeveer dertig eiers wat deur 'n skenking ontvang is.  Baie dankie weereens vir die NG Kerk Rietfontein Noord wat nog steeds getrou elke Saterdag sop en broodjies aan die inwoners lewer!  Twee van die jonger inwoners hier het tydelik werk gekry as akteurs en ekstras op filmstelle en ons wens hulle alle sterkte toe - dit is werklik twee pragtige kinders wat ondanks hulle omstandighede loop om te gaan werk en hulle deel doen om 'n inkomste te verdien.

 

26 April 2101

Gevriese pakkies vleis word aan al die inwoners uitgedeel.  Die volgende brief is aan my gegee deur een van die inwoners daar.  Weereens stof tot nadenke vir almal wat bevoorreg is:

My name is Albert Enslin and I am sixty three years old.  I live in a municipal settlement of all culutures.  Over the three years that I have lived here, I have learnt more about people and their lives and customs than I have over the sixty three years of my life.  So much is taken for granted about lives of people and their way f life.  It is as though you are watching a game from the grand stands and telling everyone in the game of their mistakes and shortcomings.  We ourselves must get into the game and play it before we are able or in any way qualified to tell the players where they went wrong.  In other words, there must be full interactio with others to even begin to udnerstand the way of life of others.  Each on lives in their own cultural and according to their upbringing.  So I ask myself who am I or is anyone else qualified to condemn the actions of others, because of the different circumstances under which we each live.  we are all influenced differently and have built up a framework of reference, according to our circumstances and evironments.  I believe God placed me here to learn and to know and understand people from all these different cultures.  God has shown me a love I never before understood.  H has fille me with a better understanding and I believe He has made me into a better person for His purposes.  It is wonderfull to live in this new state of humbleness and to work with people.  Food that is received from different churches must be distributed but there is always only enough for approximately 40-50 people.  It is very difficult to satisfy so many wanting mouths with what is received from those that do give so willingly.  We have been without electricity for 8 months now and the winter months are upon us.  As a result we are considered a squaters camp.  The municipality has eventualy begin installing new electrical cables butt he program is going painfully slow and at teh rate at which it is going it could still take 3-6 months to completion (Die munisipaliteit het begin met die aanle van elektrisiteit, hulle het begin by die kamers waar die sowat 300-400 nie-blankes bly, dit is waarom die ouetehuis gedeelte nog steeds nie krag het nie en so lank gaan wag) In the meantime many prayers are needed.  I do have other aspriations and hoping to run the Comrades marathon (Louis van Rivieria Apteek help  Albert geweldig met tekkies en alles wat hy nodig het om die Marathon te hardloop)  I have completed an ultra-marathon of 50 km.  ""Om die Dam' at Hartbeesfontein.  This run qualified me to ran the Comrades.  Living in the conditions we do create much stress in ones life and running relieves me of this stress. I was encouraged to run by Louis, a very good friend and tru Christian wh has helped me in many ways.  He is also the supplier of some of the food that gets distributed in the settlement.  The surrounding area offers many different routes for running and has some hills that help give me stamina, endurance and strength to preare oneself for the task.  I pray everyday for all the inhabitants of the settlement so that they may attain to a better life for themselves.

Hierdie is weereens 'n voorbeeld aan ons om te wys dat hierdie mense bo hulle omstandighede uit styd en 'n verskil wil maak!  Baie sterkte Albert, ons weet jy sal goed doen by die Comrades!

 

25 April 2010

Johhny hou hier 'n erediens vir die inwoners.

 

9 April 2010

Ben Espach gaan saam met Heleen hier voort om die databasis op te datteer.  Daar word ook 4 sakke aartappels hier uitgedeel te same met 40 Butternut pampoene.

4 April 2010

Ek het saam met Johnny die erediens wat hy hier gelei het bygewoon.  Daar was ongeveer tien mense teenwoordig en sy boodskap het gehandel oor die feit dat Jesus jou sal ophelp elke keer as jy val, mits jy wil opstaan.  Hy het ook gefokus op die feit dat die menslike brood belangrik is maar dat die kombinasie van Geestelike en Vleeslike Brood 'n persoon end uit sal dra.  Hy het ook gepraat oor dankbaarheid, dankbaarheid selfs waar hulle bly. Die Here sorg vir jou siel en al gaan dit nie goed met jou liggaam nie en al val die duiwel jou aan op 'n vleeslike vlak sal jou siel jou in die Hemel in vergesel.  Daarna is kospakkies aan al die inwoners teenwoordig uitgedeel wat uit 'n verskeidenheid van kos bestaan het wat vinnig voorberei kan word aangesien hulle nog steeds nie elektrisiteit het nie.  Voorwaar 'n voorreg om die diens te kon bywoon!

 29 Maart 2010

'n Inwoner hier by Melgisedek gaan hierdie jaar vir die eerste keer die Comrades aandurf op die rype ouderdom van 63!!!  Hy oefen saam met Louis van 'n plaaslike apteek en Louis help hom ook uit met tekkies en wat hy ookal nodig het vir hierdie groot uitdaging!!  Doulos staan bankvas agter hom en ons sal binnekort 'n brief van hom plaas rondom sy oefenprogram ensovoorts!! 

 

13 Maart 2010

Saam met die omgeegroep van Ben Espach het ons vandag 12 verdere persone ge-evalueer hier.  Die evaluasie proses is noodsaaklik ten einde te bepaal wat elke individu se behoeftes is en hoe Doulos die proses van barmhartigheid regverdig en geko-ordineerd kan toepas.  Sodra die evalueringsproses afgehandel is sal die 40 inwoners daar woonagtig maandeliks kospakkies ontvang en sal daar ook hard gefokus word op werkskepping van veral die jonger inwoners.  Kakkerlakke is 'n groot probleem en ek rig 'n spesiale versoek dan indien daar enige maatskappy of organisasie is wat ons kan uithelp met die bestryding van hierdie peste, dit hoog op prys gestel sal word? Skakel gerus die kantoor by 012-7558199 of Heleen by 0824438874.

5 Maart 2010

Ek het vandag die volgende aan die 14 bejaardes woonagting in Melgisedek oorhandig:

Mieliemeel, rys, skottelgoedseep, badseep, tandeborsels, tandepasta, lyfrroom, poeier, soppoeier, suiker, tee, aanmaak koeldrank, sopboontjies, verskeie pakkies ontbytpap, geblikte boontjies, kitsvla, babapap.

Datum: 28 Februarie 2010

 Beste Heleen

 Oorsig Melgisedek

Baie dankie dat jy my aan die mense van Melgisedek voorgestel het op Vrydag 12 Februarie 2010. Ek het sommer onmiddellik op Sondag 14 Februarie om 9h00 met ‘n erediens begin. Twaalf inwoners het die eerste erediens bygewoon en ons het lekker saam lofprysing gedoen en ek het die Woord verkondig. Die mense is baie gaaf en ontvanklik. Daar is ook soos dit maar orals gaan, baie seer wat aangespreek moet word.

 

Ek het dit aan hulle genoem dat ek maar min Sondae in ‘n jaar oop het waar ek nie reeds elders preek nie en op daardie dae ‘n erediens daar sal kom hou. Groot was my verbasing toe ek die daaropvolgende Sondag, 21 Februarie 2010 na my bediening by Uncle Ben’s Den ‘n sms van oom Henry ontvang het met die versoek van sommige van die inwoners wanneer ek weer sal kom bedien. Dit het ‘n geweldige diep indruk op my gemaak en was ‘n bevestiging dat die liefde en genade van Jesus Christus aan die inwoners bedien moet word en dat hulle gewis “honger” is daarvoor. Ek het onmiddellik aangebied om die middag om 16h00 ‘n erediens te gaan hou wat byval gevind het. Ek het min tyd gehad om die preek voor te berei maar het met ‘n spesiale woord van die Here die middag daar opgedaag en 11 inwoners het die erediens bygewoon. Ek het ook vanmiddag, 28 Februarie 2010 om 16h00 ‘n erediens gehou. Die opkoms was bietjie swak maar ek is nie bekommerd nie. Steeds hoor mense die evangelie wat dit nie sou gehoor het nie.

 Ek sal nou so gereeld as moontlik daar gaan bedien. Wanneer ek reeds Sondae oggende elders preek, sal ek ook, indien prakties moontlik, Sondae middae daar gaan preek . Ek prys die Here vir die belangstelling en die geleentheid om Hom in die mense se harte in te dra. Ek het ook reeds versoeke vir berading ontvang.

 Daar is nie eintlik stoele waarop die mense tydens die eredienste kan sit nie en ek het 20 klein stoeltjies gekoop wat ons spesiaal Sondae sal gebruik.

 Vriendelik groete

 Johnny Greyvenstein

 

ARMOEDE 016    25 Februarie 2010

Ons stuur vir hulle boeke om te lees. Hier het mense met swak oë die geleentheid gekry om hulle oë gratis te toets en brille is ook gratis verskaf.  Daar is vier mense geneem vir brille en die laaste vier sal binnekort dan ook geneem word vir oogtoetsing.  Die opstel van ons databasis is dan ook hier goed aan die gang en die algemeenste behoefte van al die inwoners deur die bank is kos en gel (die soort wat gebruik vir die gelstofies wat vroeër deur Doulos aan die inwoners gegee is toe die Tswane Metro Raad die elektrisiteit afgesny het.  Enige donasies vir gel sal opreg waardeer word!!!

ARMOEDE 008 16 Februarie 2010

Die NG Kerk Rietfontein Noord het so pas laat weet deur Isobel dat hulle van nou af een keer 'n week as deel van hulle uitreikaksie warm sop en broodjies gaan uitdeel hier by Melgisedek.  Dit is 'n wonderlike aanbod en ons verwelkom hulle met ope arms in ons span (Hulle het al in die verlede so baie vir Doulos beteken veral by die Kersfunksie dat hulle ons familie goed aanvul!) Daar is Saterdag, 20 Februarie sop en broodjies uitgedeel aan sowat 35 inwoners by Melgisedek. Rietfontein Noord sal volgende week 'n stukkie skryf en fotos neem vir die webwerf!

HIer woon huidiglik 16 oumense 60 jaar en ouer.  Hulle woon in haglike omstandighede sonder elektrisiteit maar darem met lopende water.  Hulle kamertjies is klein en bedompig maar skoon vanwee hulle trots en eiewaarde.  Doulos gee maandeliks kospakkies uit na hierdie oumensies en voorsien veral vars kos aan hulle omdat hulle nie kan kook vanwee die tekort aan elektrisiteit nie.  Kospakkies vir hierdie maand het bestaan uit:  Suiker, tee, macaroni, rys, sout, gou gaar pap,sojavleis, biefblokkies, soppoeier, vetkoeke, blikkies soutvleis en tuna en sardyne.  Daar is ook 'n pak koffie gegee wat deur die mense verdeel word na goeddunke. Enige vars kos word dan weekliks en soms daagliks uitgegee na hulle toe.  Alhoewel hulle regoor Pretoria Akademiese Hospitaal is, is gesondheidssorg moeilik vanwee lang wagtye en basiese sorg

ARMOEDE 007  13 Februarie 2010

Ons ontvang n groot skenking van Eugene Marais hospitaal,  linne , kussings, komberse en ander word n pakkies opgemaak en afgelewer by die nedersetting self. Elke persoon  is na sy/haar kamertjie geneem en die beddegoed is sommer gou daar uitgegee en die beddens is netjies oorgetrek. Dit lyk sommer pragtig en almal is opgewonde daaroor. Elke bed kassie of selfgemaakte karton houer word oorgetrek met een van Doulos se tafel doekies,  hoe gehawend ook al die kassie mag weesTongue out. Daar is n Bybel daarop waar elke persoon dag of nag dit kan oopmaak en lees

 

Hulle gaan binnekort na Bruwer Oogkundiges vir gratis oogtoetse en brille.  Hulle is baie opgewonde hieroor en terugvoer en fotos sal mettertyd beskikbaar gestel word vir julle! (Hulle word Dinsdag, 23 Februarie geneem vir hulle brille!) SA School of Cookery, 'n barmhartige samaritaan, het ook onderneem om op 'n weeklikse basis een keer 'n gekookte maaltyd aan hierdie mensies te verskaf

Die volgende is gegee aan die inwoners vir Februarie:

8 blikke vis, 12 blikke tuna, 15 blikkies corned meat, 11 pakkies soya mince, 12 bottels peanut botter, 18 blokkies beef aftreksel, 14 pakkies sop, 2 pasta& sauce, 12 bake beans, 3 pakkies 2 min noodles, 10 pakkies margaroni, 13 blikkies konfyt, 13 pakkies suiker, 10 pakkies sout, 13 pakkies rys, 13 pakkies tee, 14 pakkies kits pap, 12 pakkies poeier sop, 13 blokkies vleis aftreksel, 1 pak moer koffie, 12 pakke vetkoeke, 20 bakkies poeding.

Hieronder kon ons darem vir een oomblik iemand se hart bly maak met die skenk van 'n rolstoel wat ons uit 'n donasie ontvang het. 

DSCF0993

 

View My Stats