31.08 Uitgegee: Mahem:::: 18 bottels pre wash, 18 bottels tamatiesous, 15 pakke hawermout, 18 bottels konfyt, 18 blikkies konfyt, 18 blikkies tamatiesous, 18 blikkies konfyt, 16 bakkies sout, 15 pakke sop, 8 pakke sop poeier, 8 pakke rooibos tee, 20 pakke suiker, 20 pakke mieliemeel, 20 pakke spagetti
26/08 Uitgegee: Mahem 1 karton eiers 1 grondboondjie botter, 2 pakkies suiker, 1 pakkie rys, 1 blikkie corned meat, 1 pakkie sop, 1 hawermout, 5 pakkies mieliemeel, 1 botteltjie konfyt, 1 pakkie gewone tee, 1 pakkie rooibos tee, 1 pakkie koffie, 1 pakkie sout, 1 pakkie instant pap, 1 koekie sinlight seep, 1 tande borsel, 1 tandepasta
29/07 Uitgegee aan: Mahem, 30 botteltjies opwasmiddel, 400 tee sakkies, 15 pakkies suiker, 25 pakkies rys, 90 pakkies mieliemeel, 2 pakke viennas, 25 pakkies suiker, 36 pakkies sop, 30 blikkies ingelegde groente, 11 houers jam, 12 pakkies nestle, 10 pakkies sout, 24 blokkies oxtail, 2 kartonne lemoene, 2 kartonne lemoene en 2 kartonne simba skyfies.
15/07 Uitgegee: Mahem 20 pakkies kits pap, 14 soya mins, 15 pakkies hawermout, 6 pakkies sout, 12 blikkies kos, 4 pakke skyfies, 3 sakke vleis, 1 pak vleis
14/07: MAHEM SE MENSE KRIMP EN GROEI. Die groepie wat in Maart by Mahem agtergebly het, het ook intussen tot een paartjie verminder, nadat verskillende groepies die plek verlaat het. ( Die ouers van die meisie waarvoor ons losies betaal sodat sy kan skoolgaan, het ook weggetrek nadat die pa elders werk gekry het maar, maak steeds met moeite n bestaan. Die dogter vorder baie goed met haar skoolopleiding – waarskynlik agv die sekuriteit wat haar huisvesting bied.) Die oorblewende pastoor by Mahem het egter nie op hom laat wag nie en n nuwe klomp vreemde mense( nagenoeg twintig) in geneem. Ons hoop om nou hierdie mense beter te leer ken en te versorg waar moontlik. Daar is ook die JONG PAARTJIE wat in n “wendy house” agter in n erf in Capital Park woon. Hierdie twee het uit die staanspoor n baie goeie indruk op ons gemaak. Vir hierdie jong man het ons n fiets uit ons gemeente bekom sodat hy elke nag sekuriteitswerk in Brooklyn kan gaan doen. Ten spyte van hierdie lang afstand wat hy daagliks in spitstyd moet aflê, teenslae soos n taxi wat hom gestamp het en van sy selfoon beroof het, maak hierdie outjie opgang by sy werk. Hy het reeds n goeie salarisverhoging gekry en het n tuinwoonstelletjie in die omgewing bekom. Ons hulp is egter steeds hier nodig, want daar is ook nou n baba oppad! Baie dankie vir jou morele ondersteuning; hetsy met kos, komberse of klere. Fred, Isak en Ina (0128031394)
24/06 Uitgegee: Mahem 11 konfyt, 11 rys, 11 tamatiesous, 11 olie, 11 grondboontjie botter, 11 sout, 15 pakkies tee, 11 oats, 6 x 12.5 kg mieliemeel, 11 sop bone, 11 suiker, 11 sop poeier, 6 x 5 kg blikgroente
13 Junie 2010Uitgegee: Mahem en Capitalpark 12 bottels tamatie sous, 12 blikkies grondboontjie botter, 12 blikkies konfyt, 10 blikkies kos, 10 pakke soja sous, 15 pakke rys, 20 pakke mieliemeel, 6 pakke tee, 12 bakkies sout, 15 pakke sop, 15 pakkies sop bone, 15 pakke suiker, 12 bottels skottelgoedseep, 40 koekies seep, 14 komberse, 10 pakke vleis, 1 pak groente
23 April 2010
Daar is nou 19 mense oor by Mahem aangesien daar weer mense ingeneem is daar. Margaret is die organiseerder daar en Heleen en Ben se selgroep gaan Saterdag om die databasis op te dateer vir die mense daar.
9 April 2010
Mahem ontvang 4 sakke artappels, 2 kartonne butter nuts, 20 kilogram maalvleis
ARMOEDE 017 25 Februarie 2010
Die mense wat op die plot by Mahem gebly het word oorgeskuif na Capital Park. Die eienaar by Mahem het die plot verkoop en daar het 8 gesinne agtergebly. 15 Mense het sodoende in die agterkant van n erf in Capital Park in tente agter in die inwoner se erf gaan woon. Nog steeds help ons hierdie mense. Met die oortrek van die gesinne het ons beddens verskaf, kos uitgedeel, mense se oë laat toets. Die Bedienings groep o.d.l.v. Fred, Ina en Izak van die Gerev Kerk Meyerspark is deurlopend besig met opheffings werk. Die gemeente is ten volle betrokke en die span is elke week daar om mense in nood by te staan. Ons dank die Hemelse Vader dat hy hierdie gemeente en die bediening leiers so gebruik om mense in nood by te staan. Doulos verskaf hierdie week weer vleis aan die gesinne. 1 Enkel bed word gestuur na Mahem toe.
By Mahem woon 42 mense en dit gaan bitter swaar. Daar is ook nog baie werk om te doen voordat hierdie mense weer op ’n vlak sal wees waar hulle hul selfbeeld sal kan terug wen en menswaardig sal lewe. Op die oomblik gee ons kos pakkies op ’n drie weeklikse basis en klere word gereeld elke ses maande nagegaan en waar nodig uitgereik. Die evalueringsgroep sal hierdie gesinne eers evalueer voordat daar begin kan word met opleiding en werkskepping. Die werkskeppingsgroep is nou besig om van die bestaande geboue op te knap deur bv. deure in te sit en te vervang en baddens en toilette reg te maak en te vervang. Die werk word deur mense wat self sukkel om ’n bestaan te maak, gedoen . Dit verskaf nie net blootstelling nie, maar leer hulle ook om dissepline en werktrots op te bou en natuurlik is dit ’n finansiele inspuiting wat hulle help om finansieel te oorleef. Die armoedegroep is hard aan die werk om te begin met ’n gesamentlike kombuis en eetplek. Dit gaan nie net help deur kostes te verminder nie, dit help ook dat koste van kospakkies laer sal wees. Verder dra dit by tot beter higiëne en bevorder dit werkskepping . Daar is reeds sekere kombuisware soos borde, bekers, ‘n stoof en ’n opwastrog met twee bakke ontvang, maar dit is nog nie voldoende nie. Die volgende word nog benodig: borde, messe, vurke, lepels, opskeplepels, was- en afdrooglappe, skoonmaakmiddels en ander. Die werkskeppingsgroep is gereed om te help met die opleiding van dames wat kan kos maak in die kombuis. Die persoon wat die opleiding gaan behartig is iemand met ondervinding en jare se dienslewering by die parlement. Hierdie persoon word ook deels versorg en ons is besig om vir hom te help om weer ’n werk te kry. Hy is meer as gewillig om sy kennis en ondervinding met sy medemens te deel.
Fred Arnold en sy helpers doen groot werk hier om die las van hierdie mense te verlig. Ongelukkig is hierdie inwoners 'n week gelede (1 Februarie) van die grond af verwyder deur die grondeienaar. Die grond is verkoop en daar moes inderhaas verblyf gesoek word vir hierdie mense. Daar is 'n groot hoeveelheid van hulle wat die grondeienaar in 'n huis geplaas het in Pretoria, en die res het orals verblyf gekry by familie of ander goedhartige helpers. Die groot aanvraag na ambagsmense op myne sal bydra dat hierdie groep mense se cv's ook so gou moontlik ingedien gaan word ten einde werkskepping vir hulle moontlik kan maak. Een dame is 'n gekwalifiseerde matrone en sal so spoedig moontlik geplaas kan word vir werk.
Die volgende is uitgegee aan Mahem in Februarie:
8 pakkies wors, 4 pakke melk poeier, 5 pakke aanmaak koeldrank, 6 bokse baba pap, 8 pakke smash, 6 pakke sop, 5 pakke moer koffie, 15 pakkies kits pap, 8 pakke margaroni, 10 bottels skotelgoedseep, 25 pakkies suiker, 10 bottels olie, 15 pakkies jelly, 15 pakkies mielie meel, 5x12,5 kg mielie meel, 15 bottels peanut botter, 1 pak mielie grys, 15 blikkies bake beans, 1x 9kg artapels, 2x 10kg uie, 5 pakke tee, 6 pakke rys,
HIeronder is dan tipies hoe 'n kamer gelyk het by Mahem en waarvoor die mense meer as R1000 'n maand voor betaal het.
