31/08:      12 Kartonne lekker koekies , elke karton n ander soort, geskenk deur Willie in Midrand. Cato het hierdie lekkernye kom haal en dit gaan aflewer by ons mensies. Cato het ook die vleis en macaroni geneem om lekker bredies te maak elke week

22/07 Uitgegee aan: Mev. Cato, 10 kartonne chips. 

03/07 :  Cato kom haal  4 kartonne aartappels wat sy opkook en verskillende disse maak en uitgee op verskillende dae. Daar is nog genoeg vleis en maal vleis . Speserye word benodig om by die kos te gebruik. Klere is daar voldoende en die slaapgoedjies is alles reg

10 Junie   Uitgegee: Cato 8 kartonne skyfies,32 lospakkies skyfies

13 Junie 2010

Ons stel 20 Kg vleis beskikbaar met sop groente en kruideniersware vir hierdie groepie mense

10 Junie 2010

 Uitgegee: Cato 8 kartonne skyfies,32 lospakkies skyfies

27 Maart 2010

Marius ontvang 'n twee plaat stofie wat deur 'n anonieme skenker gegee word na aanleiding van sy versoek vir 'n tafel en 'n twee plaat stofie by my laaste besoek aan hom. Marius bly in 'n perde stal op 'n grondeienaar se plot en sy omstandighede is werklik haglik.  Dit breek my hart om hom elke keer te besoek en veral dan die versoek toe ek hom vra wat ek vir hom kan gee - 'n tafel en 'n twee plaat stoof!! Sy huurgeld beloop R400 'n maand met geen sanitere geriewe nie. Hy het dan ook 'n baie outydse bromponie (Vespa) wat se bande deurgeloop is.  As daar enige iemand is wat bande het vir so 'n ponie sal dit waardeer word want ons kry nie werklik skenkings is vir sulke tipe vervoer nie!!  Indien 'n besoek wil afle om die ponie te sien kan u Heleen skakel by 0824438874. Magda_se_plek_8

 

By die twee plekke woon 55 mense en ons help met klere en kruideniersware. Klere word elke ses maande nagegaan en kruidenierspakkies word elke derde week uitgegee. Die kruidenierspakkies word opgemaak volgens die behoefte en grootte van elke gesin. Elke gesin word vooraf geevalueer om ’n behoorlike profiel saam te stel. Daarvolgens kan bepaal word watter en hoeveel voedsel nodig is, wat die inkomste en en uitgawes is, en kan vasgestel word of die ouers werklik erns het om uit hul haglike lewens wyse uit te kom, te werk en die kinders skool te laat bywoon . Hier word ook elke week sop gegee deur ons ondersteunings groep.

 

View My Stats