10/08 Baie stilweg is die NHSV van gemeente Oos-Moot besig om elke Vrydag kos te neem . Hulle gee ook gereeld ietsie lekker vir hierdie kinders. Ons beoog om hulle eersdaags weer te gaan besoek

By hierdie skool word elke weeksdag vir sowat 45 tot 82 kinders kos gegee. Die projek is die breinkind van Juffrou Magda van die skool. Die NHSV van gemeente Oos-Moot maak toebroodjies vir Vrydae oggende en die diakens is verantwoordelik om kos gereeld af te lewer.  Ons het twee borge wat koeldrank en/of melk saam met 'n vrug en 'n lekkertjie elke week te gee.  Daar word ook gehelp wanneer daar klere nodig is.

12April 2010

Ons vra dat die NHSV weer lekkers  kom haal vir die kindertjies. Die lekkertjies word verpak en is reg om uitgestuur te word 

 

02 April 2010

Dit gaan sommer baie goed met die kindertjies. Amal is gelukkig en hulle kyk uit vir die tannies en omies wat die lekker kossies bring. Ons het die kinders voorsien van 500ml botteltjies koeldrank, koekies en lekkergoed. Daar is kindertjies wat skryfbenodighede kort en ons werk daaraan. Ons wil net weer dankie se aan die NHSV tannies wat hierdie werk doen, dankie aan almal wat n bydrae maak om die kossies te vervoer. Dankie aan die gemeente Oos Moot wat hierdie groot taak op hulle skouers geneem het , julle doen reuse werk

ARMOEDE 6  13 Februarie 2010

Wie is hier betrokke?

Die Herv gemeente Oos Moot, Collins laan, Waverley

Hulle maak vars en lekker kos elke Vrydag van die week. Enige barmartige Samaritaan uit die gemeente gaan uit sy/haar eie met eie vervoer om die kossies weg te neem na die skool by Rooiwal. Op die foto hier onder kan u n voorbeeld sien van wat die kindertjies kry gedurende n pouse by die skool. Die wonder hiervan is dat hulle ook by hierdie geleentheid n stukkie kos uit die woord ontvang. Lekker om n volgende week daar te kom en te vra, "Wat het ons nou weer laas Dinsdag geleer?"Innocent

Die volgende kruideniersware is 2 Februarie 2010 uitgegee aan hierdie skool:

4 kartonne lekkergoed, 20x12 botteltjies colo koeldranke en 20x12 botteltjies lemoen koeldranke.

Hier onder is die kospakkies wat daagliks deur die susters van 'n kerk uitgesit word vir die kinders, en dan op 'n Vrydag word die kospakkie feitlik verdubbel want baie kinders eet nie weer voor die Maandag nie.

Picture_009

 

 

 

 

View My Stats