02/09 Uitgegee: Sonheuwel 120 brode

31/08 Uitgegee: Sonheuwel 14 blikkies vis, 15 pakke rys, 6 x 10 livestyle pads, 12 bottels magnesium gel, 24 zinples treatment gel, 15 koekies sunlight seep, 15 pakkies vars vleis   9 blikke soet mielies, 6 gemengde groente, 4 blikke chakalaka, 12 blikke spagetti in tamatiesous, 4 blikke vis, 14 blikke boontjies in tamatiesous, 6 kits punty, 20 bottels skoonmaak middels, 22 pakke spagetti, 13 blikke konfyt, 1 x 60 stayfree doekies, 5 x 10 pakke lifestyle doekies, 30 pakke hawermout, 15 pakke sout, 18 pakke tee, 67 pakke mieliemeel, 20 pakke suiker, 15 pakke soppoeier, gevriesde sop, gevriesde wortels, 5 pakkies vleis, 20 bottels olie

6 September:  Die basaar van Sonheuwel het so goed afgeloop!  Daar was 'n koppie koekie tafel, groente wat geskenk is, koeksusters en koekies, Tannie Susan se skilderye, ponie ritee, skyfskiet ensovoorts.  Die inwoners het so goed saamgewerk dat almal die dag ten volle geniet het!  Ons as Doulos is trots op die inwoners vir hierdie poging om ekstra geld in te samel vir die inwoners wat nie hulle huur kon betaal nie.

10 Augustus:  Hester en haar span van die Centurion Akademie gaan Dinsdag 17 Augustus hare kom sny en perm vir die dag hier by Sonheuwel.  Ons sien baie uit na hulle koms en sal oudergewoonte fotos plaas na afloop van die besoek!!!

Augustus 2010:  Hiermee nooi Sonheuwel Karavaanpark lede van die publiek uit om potjiekos vir die dag te kom aanbied (4e September) ter stuiwing van fondse vir die inwoners wat agterstallig is met hulle huur.  Middagete sal teen 12:00 bedien word aan die inwoners en gaste deur middel van die potjiekos wat aangebied word.  Al die inwoners gaan 'n bydrae lewer tot hierdie dag om goedere te verkoop, kos en handgemaakte items vanwaar al die geld vir die delging van agterstallige skuld gaan. Enige persone wat belangstel om deel te he aan hierdie dag kan vir Monica skakel by:  012-6620105.

 Augustus 2010:  Hier is tans 51 mans en 45 dames woonagtig saam met 33 kinders en een baba van twee maande oud.  Hulle beplan 'n kermis die 1e September ten einde geld in te samel om die inwoners wie se huur agterstallig is uit te help.  By hierdie geleentheid sal die inwoners handgemaakte items wat hulle self gemaak het verkoop, daar sal ook potjiekos en pannekoek te koop aangebied word en daar gaan lekker boeresport gehou word!  Dit is bewonderingswaardig dat hierdie inwoners uit die bietjie wat hulle het hierdie reuse taak aanpak om die van hulle wat minder bevoorreg is te kan uithelp!

29/07 Uitgegee aan: Sonheuwel, 30 pakke tee, 30 pakkies rys, 30 pakkies suiker, 30 pakkies sopbone, 160 pakkies mieliemeel, 43 botteltjies opwasmiddel, 40 blikkies ingedampte groente, 30 pakkies sout, 20 botteltjies kook olie, 30 pakkies hawermout, 2 kartonne lemoene, 24 blokkies oxtail, 3 kartonne x 24 simba skyfies en 30 houers konfyt

22/07 Uitgegee aan: Son Heuwel, 25 kartonne chips. 

16/07 Uitgegee: Sonheuwel, Dup kom haal 1 dubbel bed vir n persoon wat nie het nie

05/07 Uitgegee: Doep 5 toilette, 5 wasbakke

01/07 :  Uitgegee; 150 pakke mielie meel, 18 bottels kook olie, 15 bottels grondboontjie botter, 5 groot blikke baba kos, 15 bottels tamatie sous, 15 bottels jam, 30 pakke rys, 15 pakke sout, 15 pakke suiker, 15 pakke sop, 15 pakkeboontjies, 20 koekies seep, 6 x 5Kg blikke ingelegde groente, 24 bottels magnesium stroop, 25 bottels skottelgoed seep, 30 x 1Kg pakke vleis, 60Kg aartappelsMoney mouth

22/06 Uitgegee: Sonheuwel 100Kg aartappels

03/06 Uitgegee: Sonheuwel karavaanpark , 30 pakkies rys, 30 pakkies tamatie sous, 15 bottels kook olie, 30 bakkies grondboontjie botter, 15 pakkies sop, 120 pakke mielie meel, 15 bakkies sout, 30 pakke suiker, 40 blikke ingelegde groente, 6 x 5 kg ingelegde groente, 30 koekies seep, 20 blikkies lyfsproei, 45 pakkies sop bene.

20/6 Uitgegee: Sonop Kliniek glikol meter, knee guard, dressing,en verbande, enkel splint, 5 asmapompies, 1 borspompie, watta, syringes, colotami sakkie , bloedruk monitor, koliek druppels, panodo druppels, baba suur, koliek mengsel, bioscrup, panado stoop, spasma pep, buscopan, saline nose drops, 4 gengion viliot, 4 eusol, 3 zinmag , Authro Guard, gloucose Powder, anti lice kit, 7 aque room, 3 vaseline room, 5 ingram room, vitamine b met spuitnaalde.

09/06 Uitgegee: Sonheuwel 1 sak vleis, 15 dosyn eiers

 10Junie 2010  Uitgegee: Sonheuwel 21 kartonne skyfies, 6 los pakke skyfies

Junie 2010

Medisyne is verskaf aan Suster Susan vir die kliniek.  Daar is dan ook 'n groep veeartse wat op 'n maandelikse basis uitkom om al die diere te ontwurm en ontvlooi en basiese mediese sorg te verskaf aan al die diere.

 

7 Mei 2010

Neem tannie Ria hiernatoe waar al die kinders elkeen twee truie ontvang wat deur haar met die hand gebrei is.  Marna en haar twee dogters vergesel ons ook vanaf Afrikaans Hoër Meisiesskool en daar word ooreengekom dat hulle die skooltjie sal verf, en 'n kinderpartytjie sal aanbied vir die kinders as deel van 'n Gemeenskapsprojek taak wat deur die skool vereis word.  Ons sien baie hierna uit en enige iemand wat betrokke wil raak vir die partytjie (23.05) kan die kantoor of Heleen skakel by 0824438874

23 April 2010

Hester en Theo kan nie meer hulle huisvesting bekostig nie en word deur die grondeienaar uitgesit.  Daleen en Chris Pienaar van Centurion het 'n besoek gaan afle by Hester en Theo.  Alhoewel Hester hulle sukkel het sy na aanleiding van die onderhoud gese dat sy is besig met 'n sekretariele kursus by Doulos (gratis) en dat dit dalk op die langtermyn meer vrugte gaan afwerp as die werk by Daleen een Chris.  Sy het egter Annetjie voorgestel as 'n plaasvervanger en na die ontmoeting op Saterdag (25 April) begin Annetjie vandag 26 April by Daleen en Chris te werk!!!  Baie dankie julle! 

13 April 2010 

 Uitgegee: Sonheuwel ontvang 1 sak vet koek, 6x 25 l varkvet, 8 x 10 kg artappels, 20 x 1 kg maalvleis, 1 x 5 l olie.

8 April

Vandag was die begrafnis van Abigale.  Ds Paul het die diens gelei en te midde van hartseer en skok was die boodskap bemoedigend en vertroostend.  Ons bid die Here se voorbidding toe aan Rosie en Adriaan en die familie in hierdie tye.  Doulos het die tee,koffie, suiker en melk sowel as glasies vir die begrafnis verskaf.

7 April 2010

Sonheuwel ontvang 1 sak vet koek, 6x 25 l varkvet, 8 x 10 kg artappels, 20 x 1 kg maalvleis, 1 x 5 l olie.

3 April 2010

Dit is met groot hartseer dat ek hierdie boodskap skryf. Abigail, Rosie die onderwyseres se dogtertjie (1 jaar twee weke) is vandag oorlede. Sy het onder tragiese omstandighede gesterf en ons harte gaan uit na haar en haar man asook haar hele familie.  Die begrafnis sal plaasvind vanuit die kamp en sy sal begrawe word in Zandfontein begrafplaas.  Daar is reeds 'n kissie vir haar bekom en Tannie Monica en haar kerk sal al die toebroodjies voorsien - Doulos sal uithelp met tee,koffie, sap en melk en suiker.  'n Pak klere sal ook deur Doulos aan Rosie se man gegee word. As enige iemand anders 'n donasie of bydrae wil maak kontak asseblief die kantoor of Heleeen by 012-7558199 / 0824438874

 

01 April 2010

Sonheuwel  ontvang 10 bottels kook  olie, 10 bottels peanut botter, 4 bottels tamatie sous, 17 blikke  tamatie en uie smoor, sout vleis, 10 blikke gemengde groente, 3 bottels  mosterdsous, 10 blikke soet mielies, 20 blikke  baked beans,  pakke sop, 4 x 12,5Kg  sakke mieliemeel, 1 x 10 groot pakke suiker, 1  x  groot pakke  tee, 1 x 10 groot pakke rys, 1 x 10 groot pakke sout, 2 x 10  groot  pakke sopbone, 1 pak ontbyt pap. Vleis

 29 Maart 2010

Mandie het ongelukkig weens persoonlike redes aan die tuisversorgingskursus onttrek maar Mandy gaan een stryk voort!!  Sy is werklik 'n aanwins vir die groep en sal na afloop van die kursus beskikbaar wees vir tuisversorging van bejaardes, sou iemand belangstel in haar dienste. 

20 Maart 2010

Mandie en Mandy gaan wonderlik aan met hulle tuisversorgingskursus by Lazarus tuisversorging.  Hulle is nou reeds drie weke besig en het reeds hulle eerste taak ingehandig.  Doulos is baie trots op hulle harde werk en opoffering.  Indien enige iemand opgeleide personeel benodig om permanent of deeltyds na bejaardes tuis om te sien kan hulle Rita by 0728924877 skakel.

16 Maart 2010

Die Departement van Welsyn en ander belanghebbendes het hier besoek afgele en met die inwoners gesels rondom gerugte dat kinders van hulle ouers af weggeneem gaan word.  Die inwoners is gerus gestel ten opsigte van hierdie gerugte en verseker dat so 'n stap nie gemaak sal word as almal saamwerk en hulle deel doen nie.  Daar is ook 'n span saamgestel van al die groepe wat hulp verleen hier ten einde 'n meer georganiseerde en geko-ordineerde aksie te he in hierdie nedersetting.

4 Maart 2010

Die volgende kos is uitgedeel hier:  Rys, mieliemeel, vars groenmielies, tee, koffie, sout, suiker, aanmaak koeldrank, blikkieskos, droë bone, soppoeier, baba kos, doeke.

Hier woon 120 mense en ons is op ’n daaglikse basis besig met voorskoolse klasse. Die kinders van Graad R word met die regte sillabus gehelp en skoolgereed gemaak . Die klasse word aangebied deur onderwyseresse wat hulle tyd vrywillig op offer  om hierdie kinders  skoolgereed te kry. Daar word direk saam met Uniefees Laerskool saamgewerk om die kinders te laat aanpas vir hul eerste skool jaar. Ons poog om die kindertjies se horisonne te verbreed deur hulle op opvoedkundige  uitstappies te neem. Hulle het reeds ’n helikopterrit onderneem wat geborg was deur die SA Lugmag. Hulle het ook ’n grondboonfabriek besoek waar hulle gesien en beleef het hoe die verskillende produkte gemaak en verpak word. Daar is ook nog die dag toer na Tiger brands, dieretuin en die museum wat voorlê.

Die omstandighede hier is arm maar die huisies is netjies met mooi tuinjies orals.  Die nedersetting spog met 'n boetiek waar inwoners op 'n ge-organiseerde wyse kan klere kan bekom soos benodig.  Tannie Moncia, die projekleier doen reuse werk hier en saam met die jeug van hulle kerk het hulle voor Kersfees (2009) saamgespan om die speelgrond te verfraai en al die speelgoed te verf en die plek 'n lushof vir kinders te maak.  Pastoor Paul bied ook elke tweede Sondag 'n kerkdiens aan vir die inwoners wat ywerig deur almal bygewoon word onder die bome op die grasperk.

Daar word ywerig gewerk aan werkskepping veral hier omdat hier 'n groot konsentrasie van ambagsmanne is wat jonk en gewillig is om te werk.  Daar is reeds 7 cv's ingestuur vir werke by myne.  Verder is Mandy en Mandie ook daar wat met die nodige opleiding deur Lasarus tuisversorging in staat gestel word om bejaardes tuis te versorg (Hier het Suster Rieta van Eugene Marais hospitaal 'n diens begin waar dames opgelei word om verswakte bejaardes tuis te versorg.  Hulle verhaal slegs 'n klein persentasie van die gesin waar die dame geplaas word ten einde kostes te dek maar verder is die opleiding gratis).  Mandy en Mandie begin dan 8 Maart met hulle drie maande lange opleiding en huisvesting is gereel vir hulle sodat hulle daagliks die klasse kan bywoon. Sonheuwel_14Hierbo is hoe ons skooltjie lyk by Sonheuwel wat voorskoolse opleiding aan kinders daar woonagtig verskaf.

ARMOEDE  018    25 Februarie

Die kindertjies in die klas vorder fluks en daar is baie lekker tydverdryf vir hulle. Die park het baie speel geriewe vir al die kinders. Oom Dup is deurentyd besig met die opgradering van die geriewe en dit lyk sommer lekker om daar te woon.  Ons stuur vir hulle 53 pakke vleis.

 

Op 2 Februarie is die volgende uitgegee:

10x10kg mielie meel , 3 pampoene, 1 sak butter nuts, 25 botteltjies penut botter, 5 pakkies tee, 5 pakkies tee, 3 pakkies rooi bos tee, 13 pakkies rys, 8 pakkies mash, 3 boksies purity pap, 12 pakkies spaghetti, 12 blikkies konfyt, 15 pakkies aanmaak koeldrank, 10 pakkies sout, 10 pakkies kits poeding, 10 pakkies suiker, 5 pakke koffie, 4 pakkies tee, 10 bottels konfyt, 6 botteltjies baba sap, 6 boksies putity, 4 groot blikke butter beans, 16 pakkies Kerrie, 2 pakke speserye, 2 boksies beef aftreksel, 1 pakkie armat, 26 blikkies bake beans.

 

 

 

View My Stats