18/08 Uitgegee: Kosmos 3 kartonne x 400 gevriesde eiers, 3 kartonne x 300 gewone eiers 

More Hans, Die brief is n puik idee, nie net gee dit insig aan ons almal van Doulos se wye bydrae nie, dit laat ons almal ook besef dat ons nie alleen is in ons stryd om oorlewing nie. Jy kan met n geruste hart elke week vir my stuur. Moontlik as ons dalk van iets in oorvloed weet of het kan ons dan ook met ander deel wat ons kan sien in groot nood is. Baie dankie vir die kook kos, maalvleis en skyfies wat julle gister so mildelik aan ons geskenk het. Geseënde en wonderlike dag vir julle algar. Ben Brand & Inwoners 

05/08 Uitgegee aan: Kosmos Sorg sentrum, 5 kartonne kos, 10 pakkies gemaalde vleis en 16 liters melk.

05/08 Groenkloof, skenk, 5 kartonne kos, 1 bakkie slaai, 1 sak pap en 1 pakkie rolletjies.

04/08 Gert van der Waldt, skenk, 10kg maalvleis

31/07 Rotariers-Adrian Berg, skenk: 55 komberse

Augustus 2010:  Hier is tans 33 mans woonagtig en 20 vroue.  Ons gaan tesame met Carol en haar groep van Momentum op die 14e uitreik met voet en hande versorging, hare sny en lekker wors braai.  Sal na die tyd fotos plaas!  Baie dankie Carol en haar span!  

Die uitreik was ‘n hengse groot sukses.  Van die mense het genoem dat niemand nog ooit sulke moeite vir hulle gedoen het nie. 

 

Sommige mans het selfs kom sit vir hul voete en hande. 

 

Daar was ook meer as genoeg kos gewees.  Meeste het vir tweede en derde porsies gekom.

 21/07:   Hi Ben  Ons kom Donderdag oggend deur so vir 10:00 saam met Synexus wat die toetse op die mense kom doen.  Daar kom ook nog ’n mediese maatskappy maar wat mense gaan toets vir griep en ook dan die antibiotika en vitiamiene C vir die griep pasiente verniet sal gee. Lopie sal dan ook saamkom sodat hy na die krag situasie kan kyk en ’n evaluering kan doen!!  Baie dankie   Heleen

20/07 :Geagte Hans; Hiermee ons hartlike en opregte dank vir u donasie van mieliemeel en 5 rystoele op die 13de Julie 2010, ten bate van Kosmos Sorg Sentrum. Ons gebed is dat u ryklik geseën sal word en net voorspoed en goeie ondervindinge sal ervaar. Besoek ons asseblief. U is onder geen verpligting om direk betrokke te raak nie, maar ons wil graag hê dat u ons inwoners ontmoet, ons perseel besigtig en u self verseker van ons opregtheid in diens van ons minder bevooregte gemeenskap. Indien u oor `n bietjie spaar tyd beskik, gaanbesoek gerus ons webtuiste. U is meer as welkom om kommentaar te lewer. Ons kan doen met enige raad. Baie, baie dankie vir u tyd, opoffering en bydrae. Veral u bereidwilligheid om ons altyd by te staan. Ons is al wat ons kan gee in ruil, maar doen dit met graagte. Peter Ben Brand (Bestuur HR & Fund-raising  

14/07 Elsabe van Staden van Rietfontein 40 nuwe komberse

13/07 Uitgegee: Kosmos sentrum , Ben Brand 5 rystoele . Doulos armoede bediening skenk hierdie stoeleaan mense wat fisies net daar sit en nie oor die weg kan kom nie. Ek weet ons het meer as net dit om te bied en ons doen dit met liefde 

13/07 Uitgegee: Kosmos 16 pakke skuifies, 10 x 12.5 kg mieliemeel, 1 karton vleis, 34 l melk

Julie:  Daar is vandag, 16 Julie besoek gebring hier deur Doulos vergesel deur Jigsaw, 'n Maatksappy van Centurion en van hulle personeel.  Hulle het kosskenings en ander goedere by Doulos se kantore afgelaai vanwaar hulle na Kosmos geneem is.  By Kosmos is hulle rondgewys sodat hulle eerstehands die omstandighede daar kan waarneem en beleef.  Daar is heelwat gestremdes woonagtig hier, veral persone in rolstoele en 'n hele paar mense wat doof of stom is en waarskynlik maatskaplike toelae ontvang.  Ek het ook vir Oom Wally ontmoet wat baie vriendelik gegroet het en sy huisie vir my gewys het.  Kosmos benodige dringend loodgieters ware soos pype en riool stelses sodat hierdie inwoners meer storte en toilette tot hulle beskikking kan he as wat huidiglik die geval is. Volgende week gaan Synexus dan ook uitkom hierheen om die inwoners te toets vir Diabetes, Longkwale en ander siektes ten einde kandidate te identifiseer vir moontlike kliniese toetsing.  Veral Ben Brandt, een van die inwoners moet gereeld homself stoom en medikasie gebruik om sy longe te help, en bo op alles het hy ook longkanker wat hom werklik opkeil.  Terugvoer sal gegee word oor hoe die toetsing afgeloop het.  Enige skenkings ten opsigte van loodgietersitems kan by Doulos se kantore afgegee word.

Julie: Daar is reelings getref deur Doulos met Bruwer Oogkunidges om die 20e en 22 Julie 16 mense te assisteer met gratis oogtoetse en brille

01/06 Uitgegee: Kosmos Sorg Sentrum 2 matrasse, 1 stoeltjie, 1 laaikas, 1 matras,1 kot, 1 laaikassie,3 kussings, 2 kussings, 1 bedkopstuk, 1 bank, 1 waaier, 1 bankie, 1 bedkassie, 1 bankie, 8 kopstukke, 1 tafel, 1 stoel, 1 bakkie vrag aartappels, 2 tafels, 2 klein matrassies, 1 stoel, 1 kassie 1 tafel 1 baba eet stoel,1 rakkie, 3 houdborde 800Kg aartappels

 Hier woon 38 vrouens en 37 mans.  Hulle word gehuisves in houthuisies en ontvang drie maaltye op 'n dag.  Hulle maak ook slegs staat op donasies en dit was 'n voorreg om hulle van die bogenoemde items te kon voorsien.  Ons het dan ook vyf toilette en wasbakke geskenk wat gebruik gaan word om die toiletgeriewe op te datteer wat huidiglik onder kapasiteit funksioneer.  Hier is 'n dringende behoefte na loodgietersware soos riool pype en ander pype nodig om die wasbakke en storte te konnekteer. Hulle gaan ook 'n addisionele watertenk opsit wat hulle watergebruik ook sal verbeter.  Hierdie inwoners sal dan ook binnekort deur Doulos geneem word vir oogtoetse en brille by Bruwer Oogkundiges.

 

Synexus, 'n navorsingsmaatskappy gaan ook die 22 Julie uitgaan na Kosmos en gratis toetse doen vir diabetes, long siektes en wonde wat nie gesond word nie.

 

View My Stats