14/02>>>>>>>>Doulos Wesrand (Piet Steenkamp)
Doulos Wesrand is nog in die begin stadium van hulle projek. Daar is wel ‘n Wendy aangekoop (6m X 3m) wat tans by El-Flora gemeente staan. Daar is ook ‘n bankrekening geopen en die besonderhede is soos volg :
Rekening Naam : Doulos Wesrand
Rekening Nommer: 62290138322
Tak Kode: 251 141
Tak Naam: Clearwatermall
Tans word baie klere ingesamel, uitgesorteer en verpak in die Wendy. Daar word ook op ‘n gereelde basis klere uitgedeel in die gemeentskap veral aan die Ondersteuningsraad van Johannesburg.
Daar is ook al vergader met die Krugersdorp Ring en die het ook groot bydrae gemaak met klere en voedsel.
‘n Kommitee is ook op die been gebring en lede van al sewe gemeentes in die Roodepoort ring is verteenwoordig.
13/10:::::::::::::: H0u hierdie skakel dop, dinge is aan die gebeur en ons kan eersdaags baie meer sien wat diemense daar doen. Redakteur
Hieronder is fotos vanuit die skuilings en die mense hier woonagtig. (Genadedal)












