26/04>>>>>>>>>>>Ons leer elke dag en verder weet ons ook dat die skrywer dit duidelik stel. "Gee en vir jou sal gegee word......." Strome van lewende water spoel oor ons elke dag

02/03>>>>>>>Hierdie jongman het hard gewerk om uit sy probleme uit te kom, Doulos het hom raak gesien, gehelp, saam met hom hard gewerk, sy gesin versorg en nou kan hy weer aangaan. Sterkte op jou nuwe pad. Mag julle al drie vind dat julle geseen is en moet net nooit weer terugkyk nie ons loop die pad verder met julle
29/02>>>>MAANDELIKSE KRUIDENIERSWARE LYS EL JADA JOEY STAPELBERG
Datum: mnd Vrkeure 21.12 22.1 28.2 24 OKT 27/11 Klere skoene Ander
Koffie 250g 2 * * * 2 2KL
Tee 80 2 * * * 2 2
Suiker 500/1 * * * 2 2K
Melkpr 500g * * * 1+ LL 1*LL LL = LONG LIFE
k.melk
Brood 1 * * 2 2 2
Marg 1 * * 2 2 1
Kaas * * * 1 1
Konfyt 100g * * 1 2.M M = MED
Marmite of * * * 1
Gr.bnbttr * * 1 1
Rys of 500 * * * 1 1
Pasta 500 * 1 1
2min ndles * * * 6 8
Eiers * * * 12 12
MixVeg 420g
Sweetcorn * * * 1 4K K=KLEIN
Ertjies * * * 1 4K
Tam/uie * * * 1 3
Bbeans 2 3
Spaghetti 1
Vleis
Gemaal 500 * * * 500g 500
Hoender 1½k * * * 1½ 1½
B Beef 1 1 1
Visvingers 16
Tuna 1 * * * 2 4
Pilchards X 2 2
aart/uie * * * * * * * * 23/8
wortels * * * * 16
tamaties * * * * 12
bone 500 * * * 500
bnut/skrsie 1pk * * * * * * 2
brkkli/kool
patats 1pk * * *
kkommer ½
mielies .1/2 *
appels * * * 4 6
piesangs 5 * * 5 5
pynap/ppja * * * 1
lemoene 2
Olie of 750 2 * * * 1 1
meel 1k 2 * * 1 1
mm,Oats * * * oats MM C FLAKES
Sop * * * 3 5
SAMP
Koekies * * * 2 2
lekkers * * * 2pk
Jellie 3 4
Tpapier 4 3
Seep 1 * * * 1 2
T pasta 100 2 * * * 1 1
Sjampoe 750 4 * 1 1
Handeroom 350 2 * * * 1
Opwasmiddel 500 2 * * * 1 1
Omo * * * 1 1k
Deo * * * 1 1
Hndy Andy 1
meubelpol.
Mayonnaise
Tamsous
Beetslaai
Ing Vrugte
Vla
Koeldr 1
Sout
Chutney
Maande= hoe lank dit behoort te hou
5/ = Die datum wanneer spesifieke items ontvang is
Pers = elke maand Rooi =eet spesifieke persone nie
27/02>>>>>>>>>>>Sakabuka is n kleinerige nedersetting aan die buite wyke van Pretoria. Dit is ook net buite DerdePoort sowat 10 Km uit op die Molotto pad. In hierdie plekkie woon mense onder baie swak omstandighede maar met elkeen van hulle word daar gewerk en saam probeer ons maniere en wee vind om van hulle uit hierdie omstandighede uit te lig en weer in die samelewing terug te plaas. Kos en klere is n moet vir almal van ons . Ons missie(droom) is om vir almal om ons te help ontwikkel, op te lei, werk te skep en om seker te maak ons doen alles in ons vermoe om kinders op skool te hou en seker te maak hulle het alles wat nodig is om hulle skoolwerk te kan doen en dit is maar n spatseltjie water van God se wil vir ons almal
14/02: 8 Inwoners van Sakabuka het bykans onmiddelik gereageer op ons sms om Rapport Sondae te verkoop. Rapport reel vervoer van en na die straathoeke. Hulle ontvang R30 betaling per dag en R3 vir elke koerant wat hulle verkoop. Ondersteun asseblief hierdie mense, dit is harde werk vir min geld!!!!
14/02>>>>>>>Sakabuka is een van die nedersettings op die Molotto pad net buite Pretoria en hier het die Stapelbergs ingetrek, na een maand sal ek julle dieselfde plek wys en wat hierdie mense gedoen het om te verbeter en die plek te verander
07/02>>>>>>>>>>>Doulos het nou ook hierdie gemeenskappie van 110 mans, vroue, kinders en ou mense onder sy vlerk ingeneem en ons gaan hulle nie net onderssteun met kos en klere nie ons gaan ook daar soos by ander nedersettings hulp aanbied met opleiding, ontwikkeling en werkskepping en laaste maar nie die minste nie gaan ons sorg dat kinders skoolgaan en behoorlik toegerus is en versorg word
Feb 2012: Doulos het nou onlangs by Sakabuka begin hulp verleen. Al die inwoners was dan ook verlede jaar ingesluit by die Kersfunksie. Tans is daar 110 inwoners hier wat in 'n verskeidenheid van huisies, baksteenstrukture en houstrukture en karavane bly. Baie inwoners het werk - die man of die vrou - maar die omstandighede bly armoedig. Ons het dan hierdie week saam met Margart en Tina van Scio uitgegaan. Hulle doen mediese navorsing en het dan die inwoners getoets vir moontlike gratis medikasie (sien foto). Sakabuka het dan ook 'n skenking van verf ontvang - en ek het die inwoners gekry waar hulle besig was om die huisies te verf en kattekwaad aan te jaag! Ek het dan ook hier onder 'n voorbeeld aangeheg van 'n tipiese huisie hier. Doulos gaan dan ook binnekort hulle 4e kleuterskool hier begin! Die Welsyn vereis dat die kleuters kleuterskole moet bywoon maar die naaste skool is 20km. ver. Hier is genoeg fasiliteite - so hou hierdie spasie dop! As daar enige iemand is wat solank skenking wil maak met betrekking tot die nuwe kleuterskool kan hulle Heleen: 0824438874 skakel.















