Goeie naand Ons wil graag 100 bottels water vir ons NHSV streekskongres aankoop. Die kongres word gehou op Saterdag 14 Augustus te Rietspruit Hervormde gemeente, Vanderbijlpark. Kan u my asb laat weet wat die maklikste sal wees om dit in die hande te kry en wat die kostes daaraan verbonde is? Ons gaan van ty tot tyd Pretoria toe en sal dit kan afhaal indien daar nie nou enige aflewering hier kan plaasvind nie. Byvoorbaat dankie en seen op julle werk. Manda le Roux
Doulos Produkte
Water : Pure-water is suiwer SABS goedgekeurde fonteinwater wat in 500ml bottels verpak teen R3.00 per bottel. 4L water teen R9.00 per bottel. 5L water teen R10.00 per bottel
Gegeurde water: vier verskillende geure (gas drankie)
Grondboonbotter : Heerlike vars verpak in 1kg houers teen slegs R20.00
SEJO Pap : Gebalanseerde ontbyt wat al die voedingstowe bevat vat die liggaam daagliks benodig teen slegs R20.00 per 700 gram pak genoeg kas vir een volwassene vir 7 dae.
Brood bome: Revaluta. Ons het ± 300 van hierdie bome beskikbaar. Die bome se stamme het n diameter van 22cm en 24cm en prys onderskeidelik R220 en R240 per boom.
Navrae oor die produkte skakel vir Maria: 0127558199
Bestellings kan geplaas word by Tel 0127558199. Die winste gaan uitsluitlik vir die aankoop van kos vir behoeftige mense
Maak gebruik van hierdie produkte en help sodoende om fondse te genereer waarmee ons weer kan woeker om kos, verblyf, hospitalisasie, klinieke besoeke, pensioennarisse te neem om hulle geldjie te gaan trek en goedjies aan te koop.
Pannekoek waentjie gekoop op die 15.02.2010 .
Hierdie is n geleentheid waar ons 1500 pannekoeke kan bak en van die hand sit. Die wonderlike is dat skole kerke, kleingroepe en individue by Doulos kan inkoop om vir hulle pannekoeke te bak teen sak pas pryse, geen ongerief te ondervind nie en sodoende vir Doulos te help fondse insamel om kos en ander aankope te kan doen. Ons waarborg 1500 pannekoeke op n Saterdag oggend
Blou waentjie waarvan die lissensie elke jaar vervang moet word.
- 8 gas stofies op staander
- 4 gas stofies op staander
- 2 los tafeltjies
- 4 water emmers
- 2 meng emmers
- 1 boor met verf menger.
- 1 eier houertjie.
- 12 pannekoek panne
- 1 verf kwas
- 1 borseltjie
- 1 houertjie vir servette
- 1 pak handskoene
- 1 houer met papier en papier sakkies
- 3 houers om pannekoeke in te sit met deksels
- Papier groot
- 4 tafeldoeke
- 9 suiker bakkies
- 2 suiker emmers
- 4 slaplemmesse
- 1 soplepel
- 1 houer kaneel
- 1 houer bakpoeier
- 1 houer sout
- 1 sproeibottel
- 1 staan plank vir bestandele
- 1 trollie vir vervoer van bottels
- 3 gas bottels
- 1 tafeldoek van kuns leer