Blanke armoede
Mense word eers bewus van Blanke armoede wanneer hulle kan sien hoe ander mense lewe in nedersettings en kampe waar individue en gesinne in uiters haglike toestande bly. Hierdie mense bly in sink huisies 3M x 3M, plastiese huisies wat aanmekaar gesit word met versterkte stukke plastiek, Wendy huisies, Plank huisies, ou karavane, water tenks en allerhande goed wat net so bietjie beskerming bied teen die wind en die weer.
Baie van hierdie mense het nie lopende water nie, van elektriese krag word nie eers gepraat nie. Hulle loop soms vêr na ’n vlei of ’n dam om nie lopende water te gaan skep waarmee koffie, tee pap en ander kosse gekook word. Soms is daar geen toilet geriewe nie slegs ’n slop emmer wat êrens in die veld leeggemaak word.
Hulle het geen mediese skema nie en moet al vroeg oggend vêr stap en in toue gaan staan om êrens teen die middag miskien die Dokter of soms net ’n Suster te sien ’n paar pille te kry om erge pyn te verlig. Daarna pak so ’n siek , kreupel of persoon met kroniese siektes weer die Kilometers per voet aan na sy skuiling, daar aangekom maak hy miskien iets wat al oud is reg om te eet of eet miskien iets waarvan die rak lewe lankal reeds verstryk het en bygesê as daar iets is om te eet
Hierdie mense het gewoonlik nie die gerief van ’n bad, warm water en of seep nie en het ook geen privaatheid wanneer hulle sou wou bad nie, dan as die persoon bed toe gaan is dit soms op ’n matras of selfs net op ’n kombers waarop hulle gaan lê en slaap sonder ’n kussing onder die kop. Hulle stilte tyd geskied slegs in die donker en is die voorreg ontneem om uit die Bybel te lees
Daagliks hoor hierdie mense hoe van hulle gepraat word en oor hulle gepraat word. Hulle hoor weinig of min dat mense met hulle praat of vir hulle bid, vir hulle omgee en met hulle iets wil deel. Hulle hoor ook net altyd hoe sleg hulle is, hoe vuil hulle is, hoe agterlik hulle is, dat hulle net te lui is om te werk, dat hulle net wil kleintjies maak.
Elke maand einde loop van hierdie mense kilometers vêr, ek weet van hulle wat so vêr as dertig kilometers moet loop om hulle pensioentjie te gaan haal, terug skuiling toe gaan en die geldjie net so aan die grond eienaar gaan betaal vir sy maandelikse huur van sy skuiling. Dit is werklik so dat van hulle nie ’n sent van die pensioen geld oor het om kos te koop nie
Die mense in kampe en Nedersettings word in baie gegoede huise bespreek as mense wat ’n agterstand in die lewe het omdat hulle ongeletterd is. Hulle word gesien as menssku, skelm en word altyd verdink as oneerlik en onbetroubaar
As God jou een maal hierdie mense laat leer ken het deur elke dag met hulle te werk, hulle lief en hulle leed elke dag met hulle te deel. Dat jy een maal ja net een nag in die winter saam met hulle daar te bly, saam met hom een keer te stap na ’n winkeltjie en langs die pad te gaan staan waar hy hopelik ’n Samaritaan sal vind wat hom ’n aalmoesie in die hand stop sodat hy vinnig voor die winkel toemaak ’n halwe bruin brood kan gaan koop en dan weer saam met hom te loop na sy skuiling waar hy die helfte van die broodjie sal gaan eet . Ek wil vir u sê ek leef hierdie mense elke dag van my lewe en dit is ook al wat ek elke dag wil doen
- Blanke armoede
- Sonheuwel
- Uniefees Laërskool
- Plot 10 en Plot 228
- Mahem
- Waarmee ek besig is...
- Arendsnes
- Sonop
- Ander Nood
- Capitol Park
- Sonskyn Hoekie
- Derdepoort Projek
- Opleiding en Werkskepping
- Melgisedek
- Roepingsbond
- Oos Rand
- Kersfunksie 2010
- Miems se Omgeehuis
- Zuurfontein
- Kosmos Sorgsentrum
- Filidelphia
- Dagbreek
- Doulos Wes Rand
- De Kroon
- Maranatha Sorgsentrum
- Exodus