Vriendelike groete
Gr R Personeel
Laerskool Unifees
0125450151
16/10/11:::::::::::::::::::Petra Stip het weer lekkergoed, koekies en koeldrankies kom haal en dit behoort vir drie maande te hou. Dit is van onmiddelike belang omdat diet lekker is vir die kinders. SKOOLTOE 2012 , dit is hier baie van belang dat ons weer kyk na skryf behoeftes. Indien u voel om n pakkie op te maak en te skenk kan u met my kontak maak by sel: 0832697082 of epos na Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien . Die kinders benodig penne , potlode, lyntjies boeke, blokkies boeke, kryt, sommige benodig sak rekenaars, passer stelle, skooltas ens
By hierdie skool word elke weeksdag vir sowat 45 tot 82 kinders kos gegee. Die projek is die breinkind van Juffrou Magda van die skool. Die NHSV van gemeente Oos-Moot maak toebroodjies vir Vrydae oggende en die diakens is verantwoordelik om kos gereeld af te lewer. Ons het twee borge wat koeldrank en/of melk saam met 'n vrug en 'n lekkertjie elke week te gee. Daar word ook gehelp wanneer daar klere nodig is.
02 April 2010
Dit gaan sommer baie goed met die kindertjies. Amal is gelukkig en hulle kyk uit vir die tannies en omies wat die lekker kossies bring. Ons het die kinders voorsien van 500ml botteltjies koeldrank, koekies en lekkergoed. Daar is kindertjies wat skryfbenodighede kort en ons werk daaraan. Ons wil net weer dankie se aan die NHSV tannies wat hierdie werk .doen, dankie aan almal wat n bydrae maak om die kossies te vervoer. Dankie aan die gemeente Oos Moot wat hierdie groot taak op hulle skouers geneem het , julle doen reuse werk
Hier onder is die kospakkies wat daagliks deur die susters van 'n kerk uitgesit word vir die kinders, en dan op 'n Vrydag word die kospakkie feitlik verdubbel want baie kinders eet nie weer voor die Maandag nie.













