Besoekers aanlyn

Ons het 1 gas aanlyn

Teller

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterToday169
mod_vvisit_counterYesterday198
mod_vvisit_counterThis week1185
mod_vvisit_counterLast week1034
mod_vvisit_counterThis month3162
mod_vvisit_counterLast month7469
mod_vvisit_counterAll days78983
Ons het: 1 gaste aanlyn
15/05>>>>>>>>>>>>Sonheuwel kom haal so bietjie kos en al die goedere word uitgeboek en die ontvanger teken en ontvang sy kwitansie daarvoor. Met n stelsel van alles inboek en alles uitgee het ons n baie goeie kontrole en kan ons onmiddelik se wie het wat wanneer ontvang en wie moet volgende kry

 

24\4\2012; uit gegee; Sonheuwel; 40 mielie meel’ 20 pakke rys; 1 boks chips; 1 boks always ultra doekies; 10 puddings; 10 blikke bake beans; 5 penat butters; 4 blikke meat corn; 2 pakke versierings;1 boks creammora; 15 pakke suiker; 3 pakke self raisings

02/05>>>>>>>>>>>>Sonop kom haal bederfbare kos, uitgee van verskillende kossoorte maak dat mense verplig word om elke dag n geballenseerde ete te gebruik
20/04:  By Sonheuwel onder leiding van Johan Bloem is die vroue hard besig om kerrie boontjies en kool en ander ingelegde groente te verwerk.  Hulle het 'n groot skenking groente ontvang en daar word hard gewerk om hierdie groente te verwerk.  Dit is dan ook te koop aan die publiek - die groot ideaal is dat hierdie vroue hieruit 'n inkomste kan verdien. Indien enige iemand wil aankope maak, skakel gerus Doulos!
12/04>>>>>>>>>>>>Met Irenic Inn wat hulle kos laai , wag Sonheuwel om hulle vraggie te laai wat agter gepak le. Sonheuwel is van dag die groep wat die meeste langlewe melk ontvang

 

 

26/03 Uitgegee: Sonheuwel 1 x 12 x 200g wholemeal crisp bread, 3 x 10 x 500g mieliemeel, 3 x 500g somalina, 1 x 1l vrugte sap, 1 x 10 x 500g soya mins, 1 boks skyfies, 4 x 10 x 500g rys, 3 bottels olyf olie, 18 x 1l vrugtesap, 1 x 10 stampmielies, 2 x 1l water, 1 x 24 always maxi, 19 x 1l melk, 2 x 10 x 500g suiker, 4 x 5l water, 16 klein koeldrank, 30 treatmant jel, 7 x 375ml meat bolonainse, 2 x 750ml handy andy, 10 pakkies boontjies, 7 x 375ml meat bolanaise, 5 x 1kg sout, 1 x 250g pickeld olywe, 2 bottels peri peri sous, 1 x 480g beet, 1 x 400g peppadew, 20 bakkies tamaties, 8 bakke tamatie slaai, 20 blaarslaai, 15 x 6 brood rolletjies, 5 pakke 

26/03>>>>>>>>Sonheuwel kom haal hulle kos by Doulos se kantore in Codonie straat 735, Waverley

 

19/03 Uitgegee: Sonheuwel 25 pakke piesangs, 40 pakke gemengde groente, 10 pakke appels, 5 pakke tamaties, 5 bakke vrugte slaai, 2 kartonne druiwe, 2 pakke raspberries, 10 brode, 5 x 6 rolletjies, 3 pakke beet, 2 pakke sop, 2 pakke pynappel stukke

 

 

Maart:

Goeienaand almal,meeste van julle weet van die kookprojek wat ons by Sonheuwel begin het.Ons kry tans skenkings van groot volumes groente van 'n navorsingsplaas via Phillidelphia bedieninge.Die dames van Sonheuwel lê hierdie groente in.Tans het hulle 'n groot klomp tamaties verwerk tot heerlike tamatie bladjang.Daar kom nog binne die volgende twee weke,wortels,beet,kool en pampoen in groot volumes beskikbaar.Hulle maak die lekkerste ingemaakte slaaie van al die produkte.Omdat ons vooraf geweet het van die groente wat beskikbaar gaan wees,het ons vooraf resepte getoets.

 

Dis nou alles mooi en goed dat die dames van Sonheuwel so vlytig werk.Die gedagte is dat hulle 'n inkomste hieruit moet verdien.Hulle kan die groente verwerk,maar kan dit nie verkoop nie.My versoek aan julle,help ons asb hiermee.Is dit moontlik om van die produkte by julle gemeentes te verkoop?As julle van iemand weet wat ons kan help om die produkte meer profesioneel te bemark,sal ek regtig dankbaar wees.

 

Indien julle ons behulpsaam kan wees of weet van iemand by julle gemeente,kontak my asb sodat ons 'n plan kan maak.Ons gebruik een van die sinkhuisies by Sonheuwel om in te kook.Ons ruimte is baie beperk,ons het nie stoorplek nie.Ons wil graag die produkte so gou moontlik daar uitkry.

 

Die volgende saak waarmee u ons kan help,is die versamel van geskikte bottels om die produkte in te bottel.Alle groottes en vorms is welkom,solank hulle geskik is vir inmaak.Die vrouens sal weet.

    

 

01/03 Uitgegee aan Sonheuwel 30x kartonne bakkies kos.

 

27/2 Uitgegee aan: Sonheuwel 11x enkelbedmatrasse
06/03>>>>>>>>Hester Du Plessis kom haal Sonheuwel se kospakkie. Sonheuwel is gelee direk langs Bonacord dam en die woonplek vir sowat 100 mense, dit bestaan uit enkel vertrek sink huise, karavane en wendy huise. Die afstande van Bonacord, tot in die middestad van Pretoria is ongeveer 20Km en vir hierdie mense is dit nogal ver as in ag geneem word dat bitter min van hulle enige vervoer tot hulle beskikking het. Mense maak maar van saamry geleethede, taxis, loop die hele afstand want hulle het ook hospitale, dokters, klinieke pensioene en baie ander nodig om in al hulle behoeftes te voorsien. Die Here voorsien aan almal se behoeftes en almal vind rus

 

24/02 Uitgegee: Sonheuwel 11 kartnne pasteie, 10 brood, 5 kartonne croisonts, 2 x 6 roomyse, 6 matrasse, 12 brode, 2 carlikc, 10 pakkies spanasie, garlic, 5 kartonne yogurt, 2 sakke eiers, 1 x 6 yogurt

 

22/02 Uitgegee: Sonheuwel 20 x 4 x 3,5kg skyfies

24/02>>>>>>>>Sonheuwel besig om hulle 22 kartonne skyfies op te laai. Sonheuwel is gelee direk langs die Bonacord dam

 

10/02 Uitgegee: Sonheuwel 4 karton pasteie, 1 x 6 x 2kg roomys, 5 pakke piesangs, 6 pakke druiwe, 15 pakke blaarslaai, 10 bakkies koolslaai, 6 pakke tamaties, 10 pakke vrugte slaai, 15 houers jelly en vla, 15 pakke mixed marrows, sweet berry mix, 1 waterlemoen, gemengde slaai, stir fry, strewbarry, papaya

 

 

06/02 Uitgegee: Sonheuwel 6 pakke groenbonne, 4 dosyn eiers, 15 pakke blaarslaai, 20 pakke gemengde groente, 1 x 5kg mieliemeel, 20 x 4 mielies, 3 x 4 pruime, 3 x 4 perskes, 6 komkommers, 1 pak mushrooms, 2 pakke tamaties

02/02 Uitgegee: Sonheuwel 18 x 6 rolletjies 14 groot yogurt, 3 kartonne yogurt, 6 kartonne rolletjies, 6 x 2l melk, 15 x 4 pakke pere, 15 ¼ waatlemoene, 10 bakke slaai

01/02 Uitgegee: Sonheuwel 8 jules soirt tablettie, 1 karton sjokelade, 2 bakkies sout, 1 x 100 baba doeke, 8 x 1l vrugte sap, 8 x 1,5l melk, 30 x 500g pakke mieliemeel, 20 x 500g suiker, 20 x 500ml rys, 10 x 410g sous boontjie, 10 x 425g vis in tamatiesous, 10 x 1kg pap, 2 x 750ml olie, 6 x 3kg blikke groente, 24 x 10 x10 sanitere doekies, 26 pakke emvit vitamien en mineral tablette

03/03>>>>>>>15 kinders se skryfbehoeftes op pad na Sonheuwel, Hester is haastig om die skryfbehoeftes by die skoolkinders uit te kry
03/02>>>Casandra bly by Sonheuwel in Bonacord op die ou Warbad pad. Sy is verwagtend en die baba sal hierdie week sy verskyning maak. Sy het nie n bed om op te slaap nie. Doulos het hierdie geleentheid raakgesien en binne n japtrap n bed, deken, lakens, 1 x karton met sanitere doekies, twee groot handoeke, komberse en twee kussings bymekaar gesit en die sakie is opgelos. Ons het ook vir die nuwe aankomel...Sien meer

30/01 Uitgegee: Sonheuwel 30 pakke komkomers, 2 pakke perskes, 10 x 1kg piesangs, 20 houers slaai, 20 pakke tamaties, 20 x 400g druiwe, 8 kartonne sjokolade, 4 houers vrugte slaai, 4 selderye, 1 pak mushrooms, 10 pakkies mango stukke, 1 x 2,5kg mieliemeel, 4 houertjie herbs

25/01 Uitgegee: Sonheuwel 69 bottels koeldrank, 6 bottel cola, 3 woolite, 1 krat bottels koeldrank, 1 karton toilet ware, 12 tande pasta, 2 preen, 30 pakkies vleis, 4 x 2,5kg koekmeelblom, 5 x 2,5kg mieliemeel, 1 x 10kg mieliemeel, 25 polonie, 30 bottels koeldrank, 10 bottels water, 24 blikkies koeldrank,6 x 2l ruby, 6 x 2l gemmerbier, 2 bottels stain removals, 3 blikke doom, 20 x 1l vrugte sap, 12 x 6 sap, 20 x 1l vla, 24 blikke koeldrank, 22 bottels water, 4 bottels laundry seep, 1 “fabric softner, 4 detergent, 3 bottels preen, 6 kratte plus drankie

23/01 Uitgegee: Sonheuwel Eden gr 3, janco gr 1, kabous gr 10, Jaco gr 1, Ryan gr 6, Nikita gr 3, Venessa gr 1, Cindy gr 6, Shelldon gr 6, Jarred gr 1, Richell gr 1, Denise gr 5, Brandon gr 2, Bobby gr 10, Cailyn gr 4, Alicia gr 3, Weondy gr 1, Jessica gr 3, Jaun-claude gr 10, Jaydene gr 3, Marnus gr 3, Justin gr 2, Marelyn gr 6

23/12>>>>>>>>>Uitgegee aan Sonheuwel: 3 pak soja mins, 10 lt lang lewe melk, 1pk macaroni, 7 bot sap, 2 pk sout, 1 pk pelotons, Rice koekies, 2 kg suiker, 1 pak viennas, 1bot olie , 2kg poeier melk 1 blik koffie , 2 blik konfyt, 1 bt tamatiesous, 1 bl vis, 2 bot chutney, 1 bk tamatiemoor, 12kg mieliemeel, 5kg suiker 1 kg oats, 8 x 500 lt vrugte sap

November: Die meisies van Centurion Akademie het dan ook hier soos by menige skuilings die inwoners se hare gratis kom sny! Ons sê baie dankie aan die meisies, die lektore en die ouers wat hulle die geleentheid bied om ook terug te kan gee aan die Gemeenskap!!!

haresnysonhb2011

haresnysonh2011

 

09/11 Uitgegee aan Sonheuwel: 40 pk appels, 30 pak slaai, 6 brode, 10 pk gemengde groente, 10pk gemende slaai, 2 bot ys tee, 1 pk spaghetti, 6 lt melk, 6 pk komkommer, 1 kaasburger

03/10 Sonheuwel kom haal 90 pak mieliemeel, 45 pak suiker, 18 bot koffie, 18 pak rys, 18 pak sout, 10 blik sousboontjie, 10 blik vis, 10 bot bladjan , 20 blik tuna, 10 bot heuning, 10 bot vleissous, 6bot moster, 2 kartonex 20 pakke sanitere doekies, 20 bot skottelgoedseep, 6x3kg blik ingelegte vrugte, 60 rice cripsy chol lollies 12 pak macaroni, 20lt,koeldrank20lt lang lewe melk, 60 rice cripsy choc lollies, 10 pak sout,

September 2011: Gerda, 'n goedhartige persoon wat aan die inwoners van Sonheuwel Kunsgebit voorsien, teen baie billike pryse, doen reuse werk hier in Sonheuwel. Hieronder is 'n foto van Susan wat alreeds vir 5 jaar sonder tande was weens 'n erge mond-infeksie. Vir die eerste keer in vyf jaar kan sy breed glimlag en sy is so mooi!!!
DSC05417
27 September 2011: Elsa en haar span van NG Kerk Valeisig het hier vir al die vroue geskenkpakkies kom uitdeel. Dit vorm deel van hulle Vrouedag Vieringe waar hulle besluit het om minder-bevoorregte vrouens te bederf. Baie dankie julle!
DSC05422
sonheuwel
Sukkelbestaan ... Mnr. Wynand Aldridge (33) en me. Alet Li (31) is albei sonder werk. By hulle is hul twee dogters, Cindy (10) en Claudia (4), en hul nefie, Matthew de Beer (4).
Carla Venter

 

Verskeie welsynorganisasies wat betrokke is by die Sonheuwel-woonwapark, noord van Pretoria, is ontevrede met die manier waarop hul skenkings gebruik word. Op hierdie stadium is daar ‘n bestuursgroep werksaam by Sonheuwel wat bestaan uit organisasies wat op enige manier hulpverlening doen by Sonheuwel. Die doel van hierdie groep is om aksies en skenkings te ko-ordineer ten einde te verseker dat duplisering van skenkings nie voorkom nie, en distribusie van skenkings eweredig plaasvind. Solidariteit vorm nie deel van hierdie bestuursgroep nie want hulle was nog nooit werksaam hier nie.

Dit het onlangs aan die lig gekom dat daar geen onderhoudende inisiatiewe of projekte vir dié inwoners is nie.
Daar word op gereelde basis uitreike gehou

 

Solidariteit Helpende Hand het besluit om sy rol by dié woonwapark te heroorweeg. Dit word weereens beklemtoon dat in al die jare wat die bestuursgroep en Doulos betrokke was by Sonheuwel was Soldiariteit nog nooit hier betrokke nie. Daar is verskeie projekte wat deur die bestuursgroep bedryf word huidiglik wat ‘n kleuterskool, bybelstudie, die oplaai van mense vir onderhoude en vaardigheidsopleiding insluit. Daar is alreeds gesinne in Maart alleen bygestaan sodat een of beide ouers kon werkkry om sodoende die huurgeld wat maandeliks tussen R1300 en R1800 te kan bekostig. Niemand word toegelaat om hier verniet te bly nie, en sou jy nie kan betaal nie word jy summier van die perseel afgesit. Daar is ook ‘n skooltassie projek waar kinders van skryfbehoeftes en ander benodigdhede vir skool voorsien word, en waar nodig word daar gereel vir korting op skool gelde

“Die mense is klaar geleer om bakhand te staan,” sê me. Juanita du Preez van Helpende Hand. Dit is vernederend en verwaand van Solidariteit om kommentaar te lewer oor mense wat hulle nog nooit van hulp voorsien het of in enige manier ondersteun het nie. Hierdie mense is meestal onder 40 en is laag geskoold, maar verrig almal ‘n werk want sonder dit mag hulle nie in die park aanbly nie.

“Ons heroorweeg ons betrokkenheid. Dit het aan die lig gekom dat 18 welsynorganisasies hulp in die vorm van kos- en kleredonasies aan inwoners van dié karavaanpark verleen.” Bestaande organisasies wat hulp verleen hier is hoogstens 6 en slegs 1 gee maandeliks ‘n basiese kospakkie aan die inwoners. Hierdie is waarlik basies en is slegs ondersteunend tot wat die inwoners in elke geval self verskaf. Elke organsiasie het hom ten doel om op ‘n spesifieke behoefte te fokus ten einde ‘n holistiese benadering tot hulpverlening gevolg kan he.

Volgens haar ontvang die inwoners na bewering só ’n oorvloed van kos, klere en ander skenkings dat hulle dit verkoop en geen wil het om na werk te soek nie. Soos reeds genoem is daar slegs een organisasie wat maandeliks kos voorsien (basies). 95% van alle ad hoc skenkings word deur die bestuur onderskep en bereik selde die inwoners (die inligting is bekom van oud-inwoners wat deur Doulos buite ondersteun word)

By Tshwane-Beeld se onlangse besoek aan dié park het dit geblyk dat die inwoners bitter min van die skenkings ontvang. Ek persoonlik dink dat die bestuur moet daaraan begin dink om die kospakkies wat ons aanstuur persoonlik te oorhandig aan elk van die gesinne. Aan my is ook gese dat die kos wat inkom word uitgesit en mense wat nie werk nie kom vat maar wat hulle wil he en vanaand wanneer die werksmense tuis kom kry hulle geen kos nie. hans

Baie van die inwoners was bang om kommentaar te lewer en het gesê “nou-nou sê ek iets verkeerd en dan skop hulle my uit”. Dit is waar wat hier genoem word, intimidasie vind baie plaas, maar omdat Doulos op voetsoolvlak werk, weet ons ten alle tye wat aangaan en hoe om die situasie te bestuur.

Volgens mnr. Thinus du Plessis, eienaar van die grond, verkoop hy “die oorvloed” klere wat geskenk word in sy winkel in Waverley. “Ek gebruik dan dié geld om die park op te knap. In al die jare wat Doulos hier werksaam is, is die enigste verbetering wat ons kan waarneem die aanbou en oprig van nuwe huisies om meer mense te akkomodeer!
Skenkings aan arm mense mag alleen verkoop word as al die mense in die plek skriftelik toestemming gee en se dat verbeterings, veranderings, kos of ander met die geld gedoen mag word. Dan moet die plek ook nog gregistreer wees as n Art 18A wat verseker dat hierdie gelde wat ontvang is met n kwitansie een maal per jaar geoudit word en ook met n jaareind verslag bevestig en uitgegee is. Hans
“Ek het die goedkoop behuising begin omdat daar soveel arm blankes sonder heenkome is. (Die gemiddelde huur is R1300-R1800 ‘n maand vir ‘n een vertrek sinkhuisie, gemeenskaplike krane vir elke drie huisies en ‘n gemeenskaplike ablusie blok. Verder ondervind die inwoners geweldige elektrisiteits voorsienings problem aangesien die grond se voorsiening nie daargestel was vir die lading wat daar nou is nie en gevolglik is daar meer onderbrekings as wat daar volgehoue kragvoorsiening is.

“Ek sukkel egter soms om die water en elektrisiteit te bekostig omdat sommige inwoners nie hul huur betaal nie.” (Die grondeienaar het ‘n boorgat wat voldoende water het en soos genoem is die elektrisiteitsvoorsiening meer af as aan wat hom defnitief kostes bespaar.

Volgens hom het hy sowat R30 000 per maand nodig vir dié uitgawes. Hy vra tussen R600 en R1 500 huur per huisie. Daar is 66 huisies op dié eiendom. Du Plessis sê sowat 60% van die inwoners bring hul kant, maar die ander steel die krane in die badkamers en betaal nie huur nie.

’n Bejaarde inwoner wat verkies om anoniem te bly, het vertel inwoners wie se huur agterstallig is, se besittings word gekonfiskeer. Hulle word na bewering ook van die eiendom verjaag.(Meestal word al die besittings van inwoners teruggehou sou hulle verjaag word, wat veroorsaak dat hierdie mense die perseel verlaat met net dit wat hulle kan dra. Verder moet alle inwoners depositos betaal om hier te bly wat ook teruggehou word al is die huur op datum.

Hy en sy vrou ontvang slegs op die eerste Saterdag van elke maand ’n kospakkie. Sy vrou het gesê dié pakkie is baie nuttig.

“Ons kry mieliemeel, koffie, suiker, rys, pasta, seep, tandepasta en soms ’n blikkie of twee sojavleis. Dis omtrent genoeg kos om drie maaltye vir my en my man te maak.” (Dit is dan in lyn met wat reeds genoem is dat hier net een groep is wat maandeliks ‘n basiese kospakkie voorsien)

Hulle is albei persioentrekkers en betaal R1 200 per maand huur.

Volgens haar man het hulle die afgelope twee weke net pap met suiker geëet. Dié kos word deur ds. Paul Hendriks van die NG gemeente Oosterlig geskenk.

Hendriks meen sy gemeente skenk maandeliks tussen R45 000 en R70 000 se kos aan dié inwoners. “Na my kennis word die skenkings regverdig onder die inwoners verdeel. Die mense het verkeerde keuses in die lewe gemaak en ons probeer hulle help; hulle is goeie mense.”

Mnr. Hans Janse van Rensburg van Doulos, ’n organisasie sonder winsbejag wat ook kos aan dié park voorsien, sê hy dink die fout lê by sommige van die inwoners sowel as by die bestuur.

“Van die inwoners streef nie na meer nie en die bestuur hou hulle net-net onder die broodlyn,” sê hy.

“Ons het al talle kere na die bestuur van Sonheuwel gegaan en verskeie voorstelle gemaak oor hoe ons dié mense selfonderhoudend kan maak, maar dit word keer op keer afgeskiet.” (Die grondeienaar staan loodreg in die pad van enige ontwikkelings of werkskeppingsprojekte en het per geleentheid aan inwoners gese na aanleiding van werkskeppingsprogramme dat hulle meer huur sal betaal in daardie geval en dat hulle nie sal ryk word op sy grond nie. Derhalwe bly die oplossing opleiding en ontwikkeling buite die park met werkskepping as ‘n direkte uitvloeisel daarvan ten einde die mense uit hierdie situasie te verwyder en hulle buite hierdie omstandighede by te staan en te vereker dat hulle in die gemeenskap her-geintegreer word.

Sonheuwel_2
Me. Penny Ferreira, haar man, en hul ses honde leef in dié sinkhuisie in die Sonheuwel-woonwapark. Haar man bedel om die gesin aan die lewe te hou.

Sonheuwel_3
Me. Scharan Smit (49) ontvang ’n ongeskiksheidstoelae omdat sy aan epilepsie ly. Sy woon alleen in dié sinkhuisie.
Foto’s: Lisa Hnatowicz

Hier woon 120 mense en ons is op ’n daaglikse basis besig met voorskoolse klasse. Die kinders van Graad R word met die regte sillabus gehelp en skoolgereed gemaak . Die klasse word aangebied deur onderwyseresse wat hulle tyd vrywillig op offer om hierdie kinders skoolgereed te kry. Daar word direk saam met Uniefees Laerskool saamgewerk om die kinders te laat aanpas vir hul eerste skool jaar. Ons poog om die kindertjies se horisonne te verbreed deur hulle op opvoedkundige uitstappies te neem. Hulle het reeds ’n helikopterrit onderneem wat geborg was deur die SA Lugmag. Hulle het ook ’n grondboonfabriek besoek waar hulle gesien en beleef het hoe die verskillende produkte gemaak en verpak word. Daar is ook nog die dag toer na Tiger brands, dieretuin en die museum wat voorlê.

 

Die omstandighede hier is arm maar die huisies is netjies met mooi tuinjies orals. Die nedersetting spog met 'n boetiek waar inwoners op 'n ge-organiseerde wyse kan klere kan bekom soos benodig. Tannie Moncia, die projekleier doen reuse werk hier en saam met die jeug van hulle kerk het hulle voor Kersfees (2009) saamgespan om die speelgrond te verfraai en al die speelgoed te verf en die plek 'n lushof vir kinders te maak. Pastoor Paul bied ook elke tweede Sondag 'n kerkdiens aan vir die inwoners wat ywerig deur almal bygewoon word onder die bome op die grasperk.

 

Daar word ywerig gewerk aan werkskepping veral hier omdat hier 'n groot konsentrasie van ambagsmanne is wat jonk en gewillig is om te werk. Daar is reeds 7 cv's ingestuur vir werke by myne. Verder is Mandy en Mandie ook daar wat met die nodige opleiding deur Lasarus tuisversorging in staat gestel word om bejaardes tuis te versorg (Hier het Suster Rieta van Eugene Marais hospitaal 'n diens begin waar dames opgelei word om verswakte bejaardes tuis te versorg. Hulle verhaal slegs 'n klein persentasie van die gesin waar die dame geplaas word ten einde kostes te dek maar verder is die opleiding gratis). Mandy en Mandie begin dan 8 Maart met hulle drie maande lange opleiding en huisvesting is gereel vir hulle sodat hulle daagliks die klasse kan bywoon.
Sonheuwel_4
Hierbo is hoe ons skooltjie lyk by Sonheuwel wat voorskoolse opleiding aan kinders daar woonagtig verskaf.

 

Die kindertjies in die klas vorder fluks en daar is baie lekker tydverdryf vir hulle. Die park het baie speel geriewe vir al die kinders. Oom Dup is deurentyd besig met die opgradering van die geriewe en dit lyk sommer lekker om daar te woon.