24/04>>>>>>>>>Man hierie sopboontjies het op die regte tyd hier aangekom, so kan elke nedersetting 4 groot pakke kry. Die boontjies word oornag in water ge plaas om net weer more oggend te kook saam met lekker sop bene en uie sodat ons more aand lekker kan eet
25/03>>>>>>>>>>Die is van kardinale belang dat elke persoon/gesin wat jy evalueer se data onmiddelik ingelees word of bygewerk word wanneer jy met hulle gewerk het. Daar is altyd belangrike inligting wat op rekord bygewerk moet word wat natuurlik kan beteken dat daar n werkgeleentheid kan wees, mense wat rond trek, verandering in die familie struktuur, siekte of dood in die familie of kinders en hulle inorme voorkeure, behoeftes en sommer pensioene, dokters ens
06/02 Uitgegee: Plot 228 (Cato) 45 pakke vleis
15/06: 'n Kerk van Zwartkop het pakkies klere aan inwoners van Magda se plek gaan uitdeel. Al die klere is deur Doulos verpak en gemerk. Daar is dan ook vir die inwoners sop en broodjies uitgedeel.
By die twee plekke woon 55 mense en ons help met klere en kruideniersware. Klere word elke ses maande nagegaan en kruidenierspakkies word elke derde week uitgegee. Die kruidenierspakkies word opgemaak volgens die behoefte en grootte van elke gesin. Elke gesin word vooraf geevalueer om ’n behoorlike profiel saam te stel. Daarvolgens kan bepaal word watter en hoeveel voedsel nodig is, wat die inkomste en en uitgawes is, en kan vasgestel word of die ouers werklik erns het om uit hul haglike lewens wyse uit te kom, te werk en die kinders skool te laat bywoon . Hier word ook elke week sop gegee deur ons ondersteunings groep.











