16/05: Annette en Anton wat so baie help daar in die Oos Rand het weer terugvoer gegee oor hulle werksaamhede.
Vir baie is die langnaweke n wegbreek kans, n ontvlugting van die so genaamde "ratrace".
Vir die mense in die nedersettings, nog net n dag van afwagting, nog n dag van armoede.
Wat n vreugde om te kon uitdeel. n Melkery in Bredell, gee vir ons met alle lang naweke hulle oorskot melk, ongeveer 100/120 lit melk per dag.
Met n geskarrel en die hulp van die NG Gemeente Witfield, het ons sommer gou gou genoeg melkbottels bymekaar gemaak, en elke dag gedurende die Paasnaweek, 5 dae lank aan die nedersettings in Boksburg en Benoni uitgedeel.
Die afwagting, "jislaaick tannie," met die karbakkie, soos wat die jongklomp my kar noem, nou kan ons elke dag n glas melk drink.
Vir ons is dit alledaags, by hulle, n luuksheid. Die laaste druppel wat dalk mag oorbly, word sommer so in die mond gegooi.
Mag ons elke dag op ons kniee gaan met dankbaarheid.
Hier is dan ook fotos wat hulle twee aangeheg het.

15/05>>>>>>>>>>>>>>>>>Middag Hans
Baie dankie vir die donasie van kos dit word opreg gewaardeer wat jy vanoggend vit my gebring het.Die 50kg sak mieliemeel help my baie en ek kan ver kom. Dis mos waarvoor vriende daar is en dankie aan Lina vir haar help. Ons kon dadelik die gesin help wie se mamma oorlede is aan kanker en nou is die pappa ook baie siek aan kanker daar is dae wat die kinders nie eet nie. Dankie Gerhard en Isabel vir julle om te sien dat
kos by die gesin uit kom vandag. Brood het duur geword maar ek en Colin het besluit ons gaan ‘n brood masjien aanskaf en brood bak dit kan werk.
Daar is ‘n ou dame in Klopperpark wat ek gereeld besoek sy kom nie uit met haar pension nie en sy bak koekies om haar pension aan te vul. Ek is op soek na ‘n goeie stoof vir haar asook bietjie koekmeel en eiers. Ek moet sê haar koekies is baie lekker en ek probeer om vir haar ‘n mark te kry. Sy kry hulp van haar gemeente maar sy is baie trots en vat net wat sy nodige het en as ek vir julle sê dis baie min dan is dit min.
Ek het ‘n yskas en vrieskas nodig by die winkel, ek het ‘n vrieskas en yskas by my huis maar as ons nou gaan groente verwerk en sop kook het ek nie genoeg plek om dit te bêre nie. Hans dis waar jy in kom jy kry baie
YSKASTE kan jy help.
Ontvang van Pretoria
50kg Mieliemeel
6 Blikke mix vegables
9 Baked beans
4 Fortjuic
5 Tomato & Onion Mix
1 Spaghetti
3 Blikke Appelkoos konfyt
2 Bottels strawberry konfyt
1 Pak 2.5 suiker
8 Pakkies Noodles
3 Pakkies Cup Sop
1 Pak Knor Sonya Mince
4 Botteltjies Appelkoos konfyt
2 Pakkies Bruin Suiker
1 Blik Tuna
2 Pakkies Mints ( Dit gaan lekker wees)
2 Blikkies Ensure
3 Pakkies sout
1 Pakkie 500g suiker
Groete Uit Die Oosrand
Kobie
Middag Hans

14/02>>>>>>>>>Doulos Oos-Rand (Ds Pieter Vijoen)
Oos-Rand is nie teenwoordig.
Doulos Oos-Rand (Ds Pieter Vijoen)
Oos-Rand is nie teenwoordig by die vergadering nie.
22/02>>>>>>>>Anton daar in Oos Rand werk nou saam met Doulos Armoede bediening en hier deel hy n pakkie uit aan een van die nedersetters
03/02>>>>>>>>Anton en Anette kom haal ook kos by Doulos in Pretoria en dan verdeel hulle die kos voorraad en gee dit uit aan mense in nood
31/01 Uitgegee: Piet van Alberton 6 pakke klere, 4 dosyn eiers
05/12>>>>>>>>>>>>>Goeie Naand
02/01>>>>>>>>>>>Hi Almal
2) Ons het ‘n karvaan gekry van Radio Oosrand wat ons goed sal gebruik op die Oosrand
3) Ons dink in ons gebede aan Meinie van Samaritaan Huis met die afsterwe van haar man Frank.
4) Oosrand gaan ook minderbevoorregte dogters en seuns bystaan met klere vir matriek afskied funksies. As daar iemand is wat vir ons klere wil skenk kan hulle Kobie Parker 082 810 8863 Gerhard Wessels 083 267 1923 of Jan Harding 083 265 1094 kontak.
5) Ons gaan ook betrokke raak by ‘n huis van gestremdes in Springs vanaf Januarie 2012.
6) Het ook kos gegee aan Tannie Bossie Tannie Martie by Presidentia Aftree Oord Geduld Springs.
7) Het die laaste van Oosrand Boksburg klere gaan aflewer by Doulos Pretoria asook twee TV’s en Computer monitor
8) AR Process Projects het vir Doulos Oosrand ‘n nuwe computer gegee om vir oom Eddie (71 jaar) van Brixton te gee vir ‘n Kersgeskenk en hy was baie bly gewees.
Hierdie is die begin van die nuus uit die Oosrand.
Groete
Kobie
Graag wil ek names die Parker familie vir julle almal en julle gesinne ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwejaar toe wens. Mag die HERE met almal wees in die jaar wat voorlê. Ek is nou terug van vakansie af.
Ek het baie aandrokke gekry en dankie Suasn Viljoen wat die gedagte gehad het om die rokke te gebruik vir matriek afskeid rokke vir dogters wat nie rokke kan bekostige nie. Ek dink dit kan ook een van ons projekte vir die nuwejaar wees.
Rustige aand
Kobie
23/12 Uitgegee: Doulos OosRand Anton en Anette kom haal 16 butternuts, 42 sakke aartappels, 21 x 2Kg aartappels, 1 groot swart sak tamaties, 10 brode, 10 x 12 pakke brood rolletjies, 4 x 1Kg skorsies, 5 waatlemoene, 14 x 1Kg patats, 30 x 1Kg uie, 6 x 1Kg suurlemoene, 10 pakke koek, 10 x 6 muffins, 21 doz eiers