Besoekers aanlyn

Ons het 3 gaste aanlyn

Teller

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterToday170
mod_vvisit_counterYesterday198
mod_vvisit_counterThis week1186
mod_vvisit_counterLast week1034
mod_vvisit_counterThis month3163
mod_vvisit_counterLast month7469
mod_vvisit_counterAll days78984
Ons het: 3 gaste aanlyn
14/05>>>>>>>>>>>Melgisedek het op hierdie oomblik net 58 monde om voor kos te gee
30/04>>>>>>>>>>>>>>>>Nog n baba, nog n skenking wat ons kon maak en dit net omdat u daar is om vir mense te gee wat nodig is om hulle daaglikse lewe te kan lei. Ek bedank u almal wat n bydrae lewer tot Doulos armoedebediening. Hoe groot en ook hoe klein alles is belangrik en elke dingetjie maak n verskil
04/04>>>>>>>>>>>Ons skool hoof by Sonop Pastoor Archer van die AGS Kerk is besig om 1000 boeke op te laai vir ons biblioteek in wording by Sonop ons 11 studente in graad 8 tot graad 11 leerlinge doen baie goed maar tydens die ouer aand het ouers en kinders gevra wat kan ons doen om die kinders te help met naslaan werk, Doulos het onmiddelik ingestem om die boeke te skenk met 10 stelle Afrikaanse en Engelse insiklopediee. Ons het ook gevra dat daar modems aangekoop moet word om te help met werk wat van die netwerk afgetrek kan word. Ek het die kinders gevra dat elkeen afsonderlik n wenslysie moet opstel van dit wat hy/sy nodig het om die skooljaar te voltooi en dit aan my te besorg. Hierdie briefies het ek nou ontvang en ek is hard aan die werk om te kyk wat ons kan voorsien en hoe ons kan help. Ons en al Doulos se vriende is opgewonde en ons sien uit na julle uitslae hierdie jaar
30/03>>>>>>>>>>Nog n "New born baby" kry n volledige pakkie met klere, baba smere en baie ander. Daar is doeke, spoeg lappies, waslappies seep, crawlertjies, kombersies, oor stokkies, n sak waar goedjies in vervoer kan word, te pragtig die foto vertel alles. Geniet haar julle is geseen

 

 

23/03 Uitgegee: Uniefees Kleuterskool 1 vrag speelgoed en boeke

22/03>>>>>>>Vir Doulos gaan dit nooit oor wat dit kos om n verskil te kan maak nie, vir ons gaan dit daaroor dat ons wat het wat ook al DIT ALTYD MOET DEEL, wat het ons gedoen om ons naaste te help in sy/haar nood? Dan as jy gehelp het daar waar dit n ...Sien meer
21/03>>>>>Juffrou!!! help my gou ek wil my wiskunde toets klaar maak
21/03>>>>>Nou gaan ek nie vir juffrou vra nie ek sal die antwoord mos in die boek kry
21/03>>>>>Oom hans dit is die middae waarna ek uitsien, dit is die gees, die lekker warm gevoel, die lekker kossies wat ons daar kry en dan dit waarvan ons die meeste hou is om die voorreg te mag he om ons huiswerk en ander opleiding te mag doen op n rekenaar wat op daardie stadium net ons sn is. Dak u Doulos julle is goed vir ons
10/03>>>>>>>Iets in hierdie fototjie van hierdie armoede kindertjies laat my elke keer as ek daarna kyk dink aan Jesus se woorde. Bring die kindertjies na My toe en verhinder hulle nie, kan dit miskien iets in my onder bewussyn wees wat my pla?
09/03>>>>>>Adelle kom laai self die speelgoed van Veldskoen op en sy is so dankbaar daarvoor. Veldskoen is gelee in East Lynne en daar is so baie kinders en nie al die ouers kan betaal vir hul kinders by die kleuterskool nie maar Adelle help maar geduldig uit. Ons het vir hulle ook 4 kratte aartappels saam gestuur waarvan die mammas weer elk n klompie van sal kry om by die huis te gaan gaar maak. Wees verseker Doulos gee dit met liefde en omgee
08/03>>>>>Veldskoen:Kleuterskool in East Lynne het speelgoed nodig en ons het vinnig n vraggie allerlei speelgoed en dit sluit opvoedkundige speelgoed in bymekaar gemaak en verpak. Adelle die hoof van Veldskoen kleuterskool kom haal hierdie speelgoed vanaand om 17;00 by ons kantore. Die kinders sal hierdie speelgoed baie geniet
Marleen Erasmus Perde is wonderlike terapie vir kinders en veral kinders met erge trauma ook!
08/03>>>>>>>Perde. Terapeute help ons nogal baie met kinders wat sekere probleme het. Met so klein bietjie navorsing het ek nogal baie geleer van perde en hul gedrag teenoor mense. Kinders is nogal hoog op n perd se lys van liefde en toenadering
06/03>>>>>>Jakaranda Kinderhuis is op pad om hulle kospakkie te kom haal. Dit is ongelooflik mooi om hierdie kinders te sien en hulle dop te hou en te sien hoe hulle hul opvoeding uitleef en ook om met die opvoeders te kan gesels oor hulle kommer, hulle sienings en dit wat hulle wil doen vir elke kind in die tehuise. Mooi werk
28/02>>>>>>Verbreed hulle kennis neem n groep kinders uit vir een dag en sien wat dit vir hul selfbeeld beteken. Hulle sal dit vir ewig onthou en jy sal in hulle koppe bly tot dat hulle nie meer bestaan nie. Ek se dit omdat ek baie duidelik so n klomp beelde uit my verlede onthou en weet dat daar baie ander is wat daaroor voel soos ek dit ondervind het

 

 

22/02 Uitgegee: Jakaranda Kinderhuis 20 x 4 x2.5kg McCain skyfies

27/02>>>>>>>Ek het geen twyfel in my gemoed dat hierdie plek een van die mees geskikte plekke sal wees om n plek op te rig waar ons wegbreek en kinderkampe kan huisves nie
24/02>>>>>>>>Jakaranda Kinderhuis kom haal 25 kartonne met skyfies en hierdie kinders kan dit geniet hoor. Ons gee vir hulle gereeld so bietjie ekstra bederf

 

Sonheuwel Kleuterskool Nuus en Terugvoer vir die eerste termyn

 

Tianette

Sy is nou 6 jaar oud.  Haar pappa werk en haar mamma is 'n huisvrou.  Sy het nog 'n sussie.  Sy is 'n baie stil kind en luister baie mooi as jy vir haar 'n opdrag gee, maar jy moet dit eers 'n paar keer vir haar verduidelik.  Mamma se sy luister nie altyd by die huis nie maar luister mooi vir juffrou.  Mamma is nie so streng nie, en soek hulp en raad oor dissipline. (Tersia bied 'n ouerskapkursus tans in Elandspoort aan, die volgende kursus beplan ons in Sonheuwel ten einde hierdie ouers ook leiding te gee!!!)

 

Ruan

Hy is 6 jaar oud.  Sy mamma is 'n huisvrou en sy pappa werk.  Hy het twee sussies.  Ruan luister as hy 'n opdrag ontvang en is baie hulpvaardig.  Partykeer kry jy 'n dowe oor en staar hy jou aan.  Daar is fout met sy ogies (Hy sal in April geneem word vir oogtoetse en moontlike brille by Bruwer Oogkundiges wat hulle dienste gratis aanbied)  Het probleme met dissipline by die huis want mamma is nie so streng nie

 

Jaco

Hy is nou 5 jaar oud.  Mamma en Pappa werk tans nie.  Hy het nog twee boeties.  Hy is sy eie baas en sy taalgebruik is ontoelaatbaar.  Hy moet ook gehelp word met basiese maniere.  As hy besluit hy het genoeg gewerk sal niemand en niks hom anders oortuig nie.  Daar is nie dissipline by die huis nie en die taalgebruik daar is ook kru!  Hy luister nou en dan vir pappa en mamma en juffrou sukkel baie.  Ouers is glad nie streng nie

 

Richell

Sy is 5 jaar oud.  Haar mamma is 'n huisvrou en pappa werk.  Sy is die enigste kind.  Sy doen haar werk, luister as jy praat maar hou daarvan om rond te loop.  Sy is baie woelig en skree as sy nie haar sin kry nie.  By die huis is sy ook baie besig maar haar mamma kom reg.  Daar is redelike goeie dissipline in die huis

 

Jarred

Hy is nou 5 jaar oud.  Mamma werk nie maar pappa wel.  Hy het een boetie.  Hy luister graag vir juffrou en is baie slim.  Sy taalgebruik is ontoelaatbaar.  Hy is sy eie baas en toon min respek vir ander mense.  Dissipline bestaan nie by die huis nie en mamma laat hom begaan.  Hy sukkel met skoolbywoning, en word gestuur wanneer hy so besluit

 

Venessa

Sy is 4 jaar oud.  Pappa en Mamma werk beide.  Sy het 'n boetie en 'n sussie. Sy doen haar werk pligsgetrou maar kla baie gou dat sy moeg is.  Sy toets soms die grens met 'n 'tantrum' maar na 'n teregwysing gaan dinge weer goed.  Sy hou daarvan om op haar eie te sit en speel.  Mamma hulle is baie streng

 

Claudia

Sy is nou 4 jaar oud.  Haar pappa werk en mamma is 'n huisvrou.  Sy het een sussie.  Sy is baie slim en werk goed.  Sy voltooi haar werk altyd, en daarna gesels sy 'n hond uit 'n bos uit!  Sy hou baie van praat.  Sy huil ook soms as sy nie haar sin kry nie, maar daar is goeie dissipline by die huis!  Sy kan omgekoop word met lekkers elke dag om die skool by te woon.

 

Matthew

Hy is nou 4 jaar oud.  Hy bly by sy ouma en waar sy ouers is, is duister.  Hy is die enigste kind.  Hy luister na juffrou en doen sy werk en verkies om op sy eie alleen te speel.  Ouma en Oupa is nie baie streng nie

 

William

Hy is ook 4 jaar oud.  Pappa en Mamma is tans beide werkloos.  Hy het 'n baba sussie.  Luister glad nie vir juffrou nie, en as hy 'n opdrag ontvang, voltooi hy dit op sy tyd soos dit hom pas.  Hy is egter stil in die klas.  Huislike omstandighede is duister op die stadium, het nie veel inligting oor huis nie, hulle is nuwe intrekkers.

 

Angelina

Sy is 3 jaar oud.  Haar mamma werk maar nie pappa nie.  Sy het 'n sussie.  Sy wil nie luister as opdragte uitgegee word nie, en selfs na herhaaldelike verduidelikings is daar nog steeds gevalle waar sy nie die opdrag verstaan nie.  Sy is ook baie afknouerig en daaraan word gewerk.  As sy speel verkies sy om alleen te sit en speel.  Sy kry nie baie aandag by die huis nie, maar die mense in die park hou baie van haar en sy is gewild.  Mamma is baie streng nie pappa nie

 

Leoni

Sy is ook 3 jaar oud.  Haar mamma is 'n huisvrou.  Sy het een boetie en een sussie. Sy is baie woelig maar slim.  Sy voltooi eers haar werk en dan gesels sy ook veral met Claudia wat ook die gesels gogga het!  Mamma is nie baie streng nie

 

24 Maart 2011:

Dit gaan baie goed by Filadelphia Kleuterskool.  Die kinders vorder baie goed.  In die amper drie maande wat ons daar begin het, is dit regtig moeilik om te verduidelik hoe baie die kinders al geleer het.  Hulle is gelukkig by die skool.  Ons is goed toegerus en die personeel het die kurrikulum nou onder die knie.  Die personeel by my skool, Soen?tjie Kleuterskool, maak beurte een maal per week om vir hulle opleiding te gaan gee.  Ons skakel daagliks met die ouers daar.  Dit is soveel makliker as in die stad!  Die omgewing is pragtig en Dirk gaan uit sy pad om ons te help.  Hy en Erna doen werklik wonderlike werk onder die mense daar.

 

Die kinders tans in die skool is:

 

Liane (14 maande.  Sy is die jongste van vyf sussies waarvan twee ook in  die kleuterskool is).  Sy het ekseem en ons behandel haar vel gereeld met salf.  Sy het ‘n maand gelede begin kruip.  Sy kry swaar met die kruip omdat haar handjies ook vol ekseem is.  Maar as haar handjies die dag beter is, seil sy oor die speelgrond!  Wat vir my so lekker is (tot groot frustrasie van die personeel) as sy my sien, wil sy net by my wees (hehe).

 

Dan? (14 maande).  Sy is ‘n pragtige kleuter wat al haar mylpale bereik.   Sy is gesond, gelukkig, sosiaal en eet alles wat sy in die hande kry.  Dan? is ‘n pragtige baba wat met almal “gesels” en haarself baie goed kan besig hou.

 

Dawid (22 maande).  Dawid is die seuntjie van Lizelle en Sakkie wat Dirk help op die plaas.  Hy is ‘n prokureur.  Dawid is ‘n sterk kleuter wat ook al sy mylpale bereik het en baie sosiaal is.  Hy is baie gou jammer as hy ‘n maaitjie per ongeluk seermaak en gee drukkies en soentjies om alles reg te maak.  Hy kom al oor die naweek self skool toe om te kom kyk of ons daar is...

 

Wouter (20 maande).  Wouter se mamma is oorlede aan ‘n epileptiese aanval toe hy ses maande oud was.  Sy pappa maak hom alleen groot en hy werk ook op die plaas.  Wouter was gister by Phonak vir gehoortoetse en daar is toe uitgevind hy kan nie met sy linkeroor hoor nie a.g.v. vog agter die oordrom.  Ons moet hom drie weke lank  medisyne gee en terugvat vir ‘n opvolgondersoek by Phonak se Oor-, Neus- en Keelspesialis.  My sussie, Berdine, het geld ingesamel vir die narkotiseur.  Wouter moes gesedeer word omdat hy nog so klein is.  Phonak het hulle dienste gratis aangebied en die behandeling wat ons daar gekry het, was fantasties.  As die vog nie opklaar nie, sal hy oorpypies moet kry.  Toe hy by die kleuterskool gekom het, wou hy nie uit sy stootwaentjie klim nie.  Vandag hardloop hy rond en gesels in sy brabbeltaal met ons.  Hy draai ons om sy pinkie met sy glimlaggies.

 

Chant? (2 jaar en 2 maande. Sy is Liane se sussie). Sy is fyn en klein en wou aan die begin nie met ons kommunikeer nie.  Sy en haar sussie het omtrent gehuil aan die begin maar nou is Chant? al baie bly om by die skool te wees en kom self na ons toe om haar op te tel.  Sy gebruik ook nie meer haar bottel en troosdoek in die dag nie.  Sy neem ook graag deel aan die aktiwiteite en luister aandagtig na stories.

 

Deirdre of Didi soos ons haar noem, is vyf jaar oud en sy is Liane en Chant? se sussie.  Didi is nog emosioneel as sy nie haar juffrou sien nie maar as sy eers aan die speel kom, lag en gesels sy graag.  Haar werk is pragtig en sy hou daarvan om by haar tafeltjie te sit en werk.  Sy het baie vinnig opgevang en het amper al haar mylpale bereik.  Sy is ‘n vriendelike en saggeaarde dogtertjie.  Hoewel sy skaam is, is een tot een kontak vir haar lekker.

 

Morn?  is vyf jaar oud en hy is die jongste van vier boeties wat almal in die laerskool is.  Morn? is ‘n innemende seuntjie wat al geleer het hy kan nie sy sin in alles kry nie.  Hy het van ‘n kind wat geen struktuur gewoond is nie, na ‘n kleuter verander wat graag sy juffrou wil plesier.  Hy is gretig om te leer en ons werk hard daaraan om hom skoolgereed te kry.

 

29/03>>>>>>>>>>>>Ons is baie gelukkig om vier voltydse dames daar te h?.  Trunel is die hoof en sy hanteer die peuters (Wouter, Chante en Dawid), Jeannette hanteer die twee kleuters (Morne en Didi), Desire hanteer die babas (Dane en Liane) en Stefanie maak skoon en maak seker die kos is betyds.  Sy was ook die wasgoed en skottelgoed.  Die skool is oop van 8h00-16h00 van Maandag tot Vrydag.  Die opvoedkundige program word in die oggend aangebied en in die middae is dit net vryspel buite.  Jeannette woon nie op Filadelphia nie. Sy stel haar dienste gratis tot ons beskikking.

 

Ons eerste verslag gaan Vrydag na die ouers.  Dit is die einde van die eerste kwartaal.  Dit is net ‘n aanpassingsverslag.  Wanneer ons in April, wanneer die skole vir die tweede kwartaal begin,  weer met die opvoedkundige program begin, gaan ons waarneming van die kinders doen om te bepaal hoeveel mylpale hulle volgens hulle ouderdomme bereik het.

 

Naskool

 

Die mamma’s by Filadelphia het baie mooi gevra ons moet met ‘n naskool begin.  Ons was nie baie gretig nie en wou eerder op die kleuters en babas konsentreer.  Die Vader het toe vir ons baie duidelik en sonder om enige twyfel in ons harte te h?, die behoefte in ons harte gesit om die naskool te begin.  Dirk en ons het toe eers met die 9 skoolkinders vergader en ons reels baie duidelik uitgespel.  Hulle het ingestem en ek het toe die skoolhoof by Kameeldrift Laerskool gaan sien.  Sy is ‘n baie oulike vrou wat ingestem het dat ons die onderwysers een middag na skool kan sien.  Die vergadering het baie goed afgeloop.  Hulle het ingestem om die kinders kans te gee om al hulle agterstallige werk in te haal.  Ons is nou ‘n maand besig met die naskool van 14h30 tot 16h00.  Partykeer bly die kinders later as hulle nie klaar kry nie.  Die naskool word in die eetsaal gehou.  Trunel wat in beheer van die kleuterskool is, hanteer die naskool.   Jeannette help haar in die middag by die naskool.  Dinsdae en Donderdae is ek heeldag by Filadelphia en ek help ook dan by die naskool.  My vriendinne los mekaar af en help ook baie Donderdagmiddae by die naskool.  Ons het twee ho?rskooldogters wat ook naskool toe kom.  Die kinders se agterstallige werk is nou ingehaal.  Die toetsreeks het beter gegaan as verlede jaar alhoewel daar ‘n paar kinders is wat nog steeds vakke nie deurgekom het nie.  Ongelukkig is hulle huislike omstandighede van so ‘n aard dat die kinders emosioneel daaronder ly.  Hulle hou van die naskool en ons het lekker gesprekke daar oor alles en nog wat.

 

Ons het ook ‘n ouerige man, Louwtjie, by die naskool.  Hy het kom hulp vra.  Ons leer hom hoe om geldnote uitmekaar te ken en ons het vir hom ‘n sakrekenaar gegee om homself te help.

 

My hele lewe het verander.  Ek kan nie wag vir Dinsdae en Donderdae om Filadelphia toe te gaan nie.  Ek voel ons Vader se nabyheid, genade en liefde elke oomblik van die dag.  Ek sien Sy goedheid baie meer raak vandat ek by julle betrokke is.  Ek sien mense in ‘n ander lig.  Mense is goed, het baie om te gee en wil graag gee, sonder voorwaardes.