11/02>>>>>>>>>JAARVERSLAG
INHOUDSOPGAWE
- 1. Inleiding
- 2. Hoogte punte
2.1 Donateurs
2.2 Behuising
2.3 Geld skenkings
2.4 Skool opleiding
2.5 LO Opleiding by Doulos
2.6 Skenking – kos produkte
2.7 Bejaardesorg
2.8 Opleiding ontwikkeling en werkskepping
2.9 Kersfunksie 2011
2.10 Werkprosesse
2.11 Verbeteringe by Doulos kantore
2.12 Doeke
2.13 Speelgoed
2.14 Winter
3. Projekte
3.1 Maatskaplike Noodhulp
3.2 Werkskepping
3.3 Projek Indië
3.4 Engele groep
4. Lekkerkrap winkel
5. Doulos Kantoor
6. Takke en versamel punte
7. Werk met gesinne
8. Finansies
9. Bemarking
UITVOERNDE DIREKTEUR, DOULOS ARMOEDEBEDIENING SE JAARVERSLAG VIR DIE PERIODE O1 MAART 2011 TOT 29 FEBRUARIE 2012
Die Here het ons gelei en ons kon elke dag in hierdie jaar ons werk doen in harmonie en liefde. Ek bedank graag al Doulos se vriende en Donateurs en al die verskillende Kerkgroepe, Instansies, Besighede, Klein groepe en individue vir hulle skenkings klein en groot, vir Dienswerkers wat klasse aangebied het, vir Onderwysers wat baie van hul tyd gegee het om kinders te onderrig in beskermende werkplekke. Ek mag ook nie na laat om ons diensgroepe te bedank nie hulle doen reuse werk daar buite en op die oog af lyk dit of dinge wat hulle doen net ongesiens verbygaan. Ek bedank ook al ons skenkers vir kontant-, tjeks-, en internet oorbetalings, aftrekorders en ander maniere waarop hulle bygedra het. Ek kan nie nalaat om ? paar maatskappye te bedank vir skenkings van meubels en besonder vir honderde beddens en beddegoed. Dit is vir my lekker om bekend te maak dat al ons skenkings opgeneem is in ons finansiële state en enige persoon kan gerus daarna gaan kyk. Die Here se hand kan gesien word in Doulos se dag tot dag werking in die web tuiste www.armoedebediening.co.za, faceboek (bakkiesboek) Hans Janse van Rensburg, Twitter Hans Janse van Rensburg en daar kan ook met al die ontvangers gepraat word in al die nedersettings. Doulos vriende kan al die hoogtepunte vir die 2011 2012 verslagjaar lees oor wat gedoen is vir behoeftiges in nood. Die omgee liefde en barmhartigheid kan deurgaans gesien word in alles wat almal doen om Doulos elke dag op die regte spoor te hou. Ek sien dat Doulos net groter word in al sy werksaamhede en dit kan baie duidelik gesien word uit die maatskaplik gedrewe werk wat gedoen was deur 2011. Ons kyk weereens terug en sien die barmhartigheid raak deur die fondse wat maksimaal aangewend was en ook dat elke bevoordeelde groei getoon het, elke kind wat gehelp was, wat opleiding gedoen het, hoe alles gehelp het met die ontwikkeling van mense en die hoeveelheid mense vir die werkskepping wat gedoen is. Toerusting, bewusmaking en uitreik aksies het in hierdie verslag jaar gewys dat dit in besonder ? groot bydra gemaak het tot ons sukses.
2.Hoogtepunte in 2011
2.1 Donateurs: Hierdie item is ook die jaar nommer een op die lys van hoogte punte. N rekord hoeveelheid klere, meublement, ornamente, skryfbehoeftes, breekgoed, elektriese en elektroniese toerusting is afgegee by Doulos kantore en baie daarvan is gaan haal by van ons donateurs wat nie die goedere kon kom aflaai nie. Skenkings wat nie uitgegee kon word nie soos goedere waar mense nie elektriese krag het nie of toerusting wat nie gebruik kon word in nedersettings nie is omgesit in geld waarmee ons weer kos kon aankoop. Bewyse van gelukkige ontvangers van hierdie skenkings is op Doulos se webwerf beskikbaar www.armoedebediening.co.za asook op Facebook en Twitter onder Hans Janse van Resbug
2.2 Behuising: Doulos ontvang ? skenking van R375.000.00 vir die oprigting van behuising vir behoeftige mense. Die anonieme skenkers is van ? Universiteit. Hierdie geld lê nou saam met die ander op belegging terwyl ons op soek is na ? geskikte plek om aan te koop
2.2.1 Doulos het nog ? groot skenking van ? huis erf ontvang en dit is geleë in Springs
2.3 Geld skenkings: Ons het R123,000.00 d. m. v kontant, aftrekorders, Internet oorbetalings en ander ontvang. Met hierdie gelde het ons kinders versorg in skole, bejaardes wat na klinieke moes gaan, dokters besoek en pensioene gaan haal het, vervoer van en na skole, Haal van donasies, kos by instansies, vervoer van kos voorrade na nedersettings. Ons het ook van hierdie gelde gebruik vir vervoer en herstelwerk aan voertuie en die op gradeer van geboue.
2.4 Skool opleiding: Dit is een van Doulos armoede bediening se doelwitte om soveel as moontlik kinders op skool te kry en hulle daar te onderhou. Ons het hierdie jaar die derde voorskoolse klas begin, Filadelfia (hier so gespel) en ons het begin met 8 kindertjies en ons het nou reeds 15 kinders daar. By Sonop in Brits het ons in 2011 begin met 15 kinders en ons staan nou op 38 kinders, daar is reeds 23 kinders wat suksesvol begin het met graad een. By Sonheuwel het ons begin met 5 kinders en nou is daar 9 kinders. Hierdie kinders het al hulle skoolboeke, potlode, vetkryt, inkleurboeke en alle skoolbenodighede ontvang. Sonop in Brits het 13 kinders op skool gehad en dit het hierdie jaar groter geword. Die kindertjies wat laas jaar klaar gemaak het met voorskoolse opleiding het hierdie jaar met graad 1 begin en hulle is ingeskryf in gewone skole en hulle voel sommer baie tuis. Die klasse vir graad 8 – 11 het ook goed gedoen in 2 klaskamers in Brits.
Graad 10’s: Hoërskool Graad 10’s: Hoërskool
John Vorster Oos Moot
2.5 LO praktiese opleiding by Doulos :
2.5.1 Skool kinders het almal skryfbehoeftes ontvang
2.6 Skenkings kos produkte: Doulos het aangeklop by een van die grootste kettingwinkel groepe en om hulp gaan vra vir kos skenkings. Met baie skrywes en voorleggings is ons toegelaat en op die maatskappy se versendings lys geplaas. Ons kry van 2011 af baie goeie varsprodukte en gesonde groente en ander kossoorte, die openlik- en beskikbaarheid van al ons doen en late op ? daaglike basis is vir enige persoon wat dit wil sien beskikbaar op die web tuiste.
2.7 Bejaardesorg: Ons voorsien Emily Hobhouse, Van Rensburg te Huis, Mothwa Haven, Huis Herfsblare en Annie Shilz van wol. Die bejaarde tannies gebruik hierdie geleentheid om truie, en enige ding wat met wol gemaak word te doen en dit gaan gepaard met lekker saam wees dae, gesels en te klets. Sommige brei en verdien ? inkomstetjie daaruit. Hierdie benadering het die lewens van meer as 800 bejaardes makliker gemaak en die truie en warm goedjies wat hul gebrei het vir behoeftige mensies in nedersettings het groot verligting gebring
2.8 Opleiding ontwikkeling en werkskepping: Daar is 129 Dames en mans opgelei in ons rekenaar sentrum en die slaagsyfer was 93%, al hierdie kursusgangers het of ? diploma of ? sertifikaat ontvang. Die kursusse is aangebied deur Dewald Montgomery ? dosent met die nodige opleiding en aanbiedings vaardighede. Microsoft is ? pakket wat vir soveel mense werk geleenthede skep. Laerskool kinders het naskoolse rekenaar opleiding ontvang in ons rekenaar sentrum.
2.9 Kersfunksie 2011:
Die Kersfunksie 2011 was die beste afsluiting tot ? uiters suksesvolle jaar. Al die reëlings het vlot verloop en die Here het ons so baie geseën met so baie skenkings en borge. Ek dink hier aan 500L melk vanaf Irene Melkery, al die springkastele, die perde, die klank, die verhoog, die kunstenaars, die poeding en al die potjiekos. Al die geskenke wat uit skenkings moontlik gemaak is, die bederf salon wat 10 vroue kon oormaak met alles wat nodig is. Om bejaardes met betraande oë te sien staan waar hulle ? geskenkie oopmaak, of kinders te sien met vol kieste en twee kolwyntjies in elke hand. Om iemand nog kos aan te bied en te hoor dat hulle nog nooit sulke lekker kos kon eet nie. Om mense te hoor vra of alles regtig gratis is en net vir hulle is? Om blinkoog dogtertjies hoor noem dat hulle ook eendag so gaan sing soos Zita net om te dink dat hulle vanaand weer op die vloer sal slaap op hulle dun matrassies.
2.9.1 Spanleier: Heleen Huyser doen bemarking op ? deeltydse basis vir Doulos en dit was een van haar vele opdragte om die Kersfunksie te reël. Sy het met groot onderskeiding haar doelwit bereik. Heleen doen hierdie werk in haar spaar tyd en daarom is die sukses daaraan nog groter. Ons weet dit moet stremming bring op die gesin. Doulos het gereël dat sy en haar gesin vir minstens een week lekker gaan rus aan die Suid kus van Nata
2.10 Werkprosesse:
Ons het in 2011 ? waterskeidings jaar beleef, Neville het na Doulos gekom met een groot doel en dit is om ons te kom help met werkprosesse. Ek het saam met hom gewerk aan die plan wat hy voorgestel het en ons het vandag ? wonderlike werk proses in plek wat seepglad en lekker werk. Hoe werk die prosesse?
2.10.1 Die skenking kom in by die Ontvangsarea, hier die skenker vriendelik ontvang, die skenking word ingeboek en ons ryk ? kwitansie uit. Die skenking word gesorteer in kos, klere, ornamente, meubels, yskaste, stowe, elektriese en elektroniese items, glasware, skryfbehoeftes, tuin gereedskap, ander elektriese gereedskap ens.
2.10.2 Die items soos ontvang gaan nou na die Sorteerstore en daar word dit gesorteer, skoongemaak, herstel en elke item word op rekord geplaas
2.10.3 Nadat al die skenkings behoorlik geboekstaaf is op rekenaar, gesorteer, skoongemaak en herstel is waar nodig word dit aangestuur na die versending stoor
2.10.4 Die Versendingstoor ontvang al die goedere wat ingeboek en op rekord geplaas is en berg dit. Versoeke om hulp van instansies, nedersettings, Kerke en individue word uit hierdie stoor gehelp nadat die persone of gesinne evalueer is. Elke item word dubbel gekontroleur met die ontvangs strokie en die uitreikingstrokie wat by die versendingstoor aan die ontvanger uitgereik word. Om meer detail te sien van ons werkprosesse gaan na ons webtuiste by www.armoedebediening.co.za klik op die TUIS knoppie en die skakeltjie WERKPROSESSE maak oop en jy vind daar ? kleurvolle “power point” aanbieding wat jou sal wys hoe die stelsel werk.
2.11 Verbeteringe by Doulos kantore:
2.11.1 Doulos het besluit om ? veiliger manier te kry vir sy voertuie en ons het Car track ingesit. Met hierdie stelsel kan ons ook elke dag sien waar elke voertuig is, Wie die voertuig bestuur, boete kaartjies, beskadiging aan voertuie en wie die verantwoordelike persoon is, die kilometers vasstel, waar die voertuie ry, spoed oortredings, lang tye wat die omdraai tyd langer maak, brandstof verbruik, wanneer die voertuig se dienstydperk is, lisensie uitgehaal moet word, waarde vermindering en enige rapport wat nodig is in dispute en onderhoude. 24 uur opvolg van stand van voertuie
2.11.2 Kameras in elke vertrek, werkwinkel en werk stoor, altesaam 6 kameras is ingestel en daarby is daar ook ? 24 uur internet bystand diens wat al die nodige foto’s 24 uur per dag kan uitwys in elke vertrek en op die terrein
2.11.3 Lug verkoeling: Lugverkoeling ingesit in twee kantore en besoekers ontvangs lokaal
2.12 Doeke:
2.12.1 Ons het nou ? tydelike reëling met ? vervaardiger van doeke vir volwassenes en ons het al meer as 100 mense gehelp met doeke
2.12.2 Baba doeke het ons hierdie jaar begin ontvang van ? vervaardiger in Johannesburg
2.12.3 Sanitêre doekies en ander is beding met ? Engelse gemeente in Johannesburg, hierdie gemeente het kom vra waar hulle betrokke kan raak en met onderhandelinge en gesels oor wat mens as nodig beskou vir behoeftige mense nog nooit gedink was aan hierdie baie nodige item vir vroue nie. Die gemeente voorsien elke maand so 10 kartonne van hierdie baie belangrike items
2.13 Speelgoed:
2.13.1 255 Pakke speelgoed vir seuns en dogters van verskillende ouderdom groepe is deur die loop van 2011 uitgegee aan kinders wat verjaar het
2.14 Winter:
2.14.1 1172 komberse is hierdie jaar ingesamel verdeel en uitgegee aan mense in 89 nedersettings
2.14.2 1088 kussings is uitgedeel
2.14.3 530 beddens en matrasse is uitgedeel
2.14.4 21 Rolstoele, 38 krukke, 7 comote is uitgegee aan mense wat dit dringend nodig gehad het, 23 loop rame, verskeie toets masjiene is beskikbaar gestel, knie, elmboog, voet, hand en nek stutte is uitgegee
3. Projekte
3.1 Maatskaplike Noodhulp:
3.1.1 Die eerste en grootste behoefte is kos en klere, Die klere kry ons baie en dit sal nooit teveel wees nie ons het hierdie jaar so ongeveer 2000Kg klere per maand ontvang waarvan sommige gewas, knope en zip vervang was en herstelwerk is aan sommige kledingstukke gedoen, ? klompie klere is gewas en gestryk. Verslete klere en klere wat nie meer gebruik kon word nie is in sakke gepak en verkoop aan besighede wat met masjiene ens werk. Die klere kan nie altyd net alles uitgedeel word nie en sommiges word omgesit in geld waarvan Doulos die geld gebruik om kos aan te koop, vervoer koste ens.
3.1.2 Kos is maar altyd ? probleem en ons werk baie daaraan om kos op die tafels te sit van behoeftige gesinne.
3.1.2.1 N baie groot Winkelgroep se pakhuis voorsien Doulos met bederfbare kosse en die groep het hierdie jaar gehelp met 2000Kg vrugte, groente en ander produkte per week, daar is nie afsny punte met rak lewe nie maar die kosse moet skoongemaak, gesorteer en gelyke dele per persoon of nedersetting en dit moet dieselfde dag wat dit inkom weer by die mense gelewer word
3.1.3 Gedurende die afgelope boekjaar is meer as 5093 kospakkies (1 pakkie = 1 nedersetting met gemiddeld 150 mense) uitgedeel, Vleis 3899 Kg uitgedeel, Groente 6618 Kg, Ongeveer 13972 Kg mielie meel en warm klere vir meer as 3683 mense, 1319 kartonne aartappel skyfies, 10551 Doz eiers, 1872 sak lemoene en pompelmoes, 4000 Kg aartappels, 1522 Kg vrugte, 171 kartonne koekies en pasta, 8177 brode, 112 potte sop, 411 “brood rolletjies”, 1237 pakke sanitêre doekies en meer as 1471 warm komberse, 3833L melk
3.2 Werk skepping:
3.2.1 298 gesinne is gehelp met die broodwinners wat werk gekry het en die mense is weer op die lewens pad geplaas
3.2.2 Daar is nou drie web tuistes waar Doulos kan kyk en werk soek vir hulle wat reg is, gerehabiliteer is om weer te begin werk
3.2.3 Heleen Huyser het ? raakvat aksie wanneer dit kom by werk geleenthede vir werksoekers
3.3 Projek Indië
3.3.1 Doulos het die projek finansieel geborg
3.3.2 Die rekenaar wat geborg is dra by dat die groep inligting rondom hul projek makliker beskikbaar stel aan die publiek
3.3.3 Behoeftige kindertjies het speelgoed ontvang
3.3.4 3 Stelle klere vir drie mans is saamgestuur met die span
3.4 Engele groep:
3.4.1 Hierdie span mense het in 2010-2012 kos pakkie gemaak vir meer as 20’000 mense
4. Lekkerkrap Winkel:
4.1 Ons het hierdie jaar vir 5 mense werk geskep by Lekkerkrap winkel. Wat dit ? baie groot hoogte punt maak is vir een groot rede, 5 gesinne het verseker elke aand kos op die tafel en dit is ? nuwe toekoms ? nuwe begin, kinders kan skool toe gaan en die gesin kan weer ? normale lewe lei. Die klere wat in geld omgesit is uit en uit klere wat nie vir behoeftige mense uitgedeel kon word nie, bv. mense is oorvoorsien en het op daardie stadium nie meer klere nodig nie. Die klere en ander behoeftes word elke maand dopgehou en alle inligting van al die behoeftiges word op die data basis vasgelê. Dit is ook van kardinale belang dat ons geld moet invorder vir kos, skoolgelde, skryfbehoeftes, rekenaar opleiding, vervoer van en na skole, klinieke, dokters, pensioene, vervoer om goedere te gaan haal en weg te neem na nedersettings, hierdie jaar was daar meer as 1233 aansoeke vir werksoekers en Heleen het baie rondgestaan en vir baie mense werk gekry, onderhoud aan voertuie en sommer baie ander waarvoor daar begroot moet word.
5. Doulos Kantoor:
5.1 Doulos kantoor is geleë in Codonia straat 735 in Waverley en dit het hierdie jaar geweldig uitgebrei, ons het voorsiening gemaak vir ? groter klere sorteerstoor, vir ? meubelstoor, vir ? versendingstoor en vir ? skryfbehoeftestoor, dit alles het bygedra daartoe dat meer mense verseker is van ? vaste werk en leefbare salaris. Hierdie veranderinge het bygedra dat mense vinniger gehelp is. Goedere word beter verpak en is makliker beskikbaar.
5.2 Ons kantoor maak nou voorsiening vir: Direkteur met ontvangs vir gaste, een admin kantoor, twee kos store, een beradings kamer en een rekenaar sentrum.
6. Takke en Versamelpunte:
6.1 Doulos Oos Rand
6.1.1 Die tak funksioneer baie goed en die Oos Rand word redelik bedien
6.2 Doulos Wes Rand
6.2.1 Nog so bietjie wankelrig maar begin mense bedien op verskeie plekke
6.4 Doulos Wes Kaap
6.4.1 Die Paarl is aan die gang en dele soos Kaapstad, Bellville, Strand, Wynberg en ander is sterk besig
6.5 Doulos Potchefstroom
6.5.1 Hierdie Noord Wes Streek is aan die kook
6.6 Derdepoort gemeenskap projek is elke week besig om mense te evalueer, kos te gee, berading te doen en te help met werk skepping
6.6 Doulos Versamelpunte
6.6.1 Daar is versamelpunte in amper elke dorp in die land. Die versamelpunte is daar gestel sodat klere en kos nie weggeneem word uit ? dorp nie. Elke dorp en stad het armoede en dit is raadsaam om eers mense in hul eie omgewing kos te gee en aan te trek en dit wat nie gebruik word nie kan aangestuur word waar nood die hoogste is
7. Werk met gesinne:
PROSESSE WAAR DEUR ONS WERK MET GESINNE WAT IN ARMOEDE VERVAL HET
Ses punt plan:
|
S |
tel vas hoeveel mense in die gesin en gee kospakkie vir een week
- Ons maak kontak met behoeftige gesinne
- Gee ’n kospakkie en maak nadere kennis
- Wanneer ons die tweede keer kontak maak is dit met twee of meer persone wat met die gesin in gesprek gaan en evaluasie doen ten einde ’n profiel op te stel van die gesin
- Noudat ons die gesin beter ken kan ons ’n behoorlike behoef de bepaling maak van die gesin en weet ons presies watter en hoeveel kos en watter klere en wanneer klere in die gesin nodig is
- Ons werk saam ’n begroting uit (begroting)
- Inkomste en uitgawe per maand
- Lopende koste
- Enige uitstaande skulde
- Ons stel vas presies wat die pa doen en waartoe hy in staat is en of hy werk of nie en wat sy salaris is, wat die gesin se begroting is
- Wat doen die ma, werk sy of is sy ’n tuiste skepper
- Het die gesin mediese dekking, lewensversekering, begrafnis polisse
- Hoeveel kinders in die huishouding, ouderdomme, skool grade, skool besoek, vordering op skool, ander probleme, kerk verband indien enige en of hulle kerk bywoon ens.
- Is daar sosiale probleme, is daar berading nodig, maatskaplike hulp nodig, regshulp nodig, ontvang hulle enige pastorale hulp
|
B |
egin werk aan die begroting van die gesin
- Begin werk aan ’n begroting, help en leer die gesin om ’n begroting op te stel en begin loop die pad met die gesin
- Help die ma om kinders dissipline te leer om skool toe te laat gaan, huiswerk te doen, huis werkies in en om die huis leer hulle om volgens ? waardestelsel te leef, doen saam huiswerk, doen saam studie uit die Bybel
- Help die gesin om die kos en klere wat hulle ontvang reg te bestuur en nie vervalle te raak nie, om weer hulle menswaardigheid terug te bring
- Leer die gesin om kos higiënies en reg voor te berei en gesond te eet
- Proses 3: Die hulp van ’n Maatskaplike werker in te bring om die gesin te evalueer
b. Die hulp van ’n Sielkundige in te kry om die gesin se geestes toestande te evalueer
c. Die hulp van ’n Predikant/Pastoor/Priester in te kry om die gesin geestelik by te staan
|
L |
eef saam met die gesin en leer hulle om weer te begin hoop en om weer te begin droom
- Die ouers en kinders te leer om in hulle self te glo deur:
a. Ons kan binne ons begroting leef in hierdie omstandighede
- Ons kan as ’n gesin saam leef in hierdie omstandighede
- Ouers: Ons kan ons kinders weer Christelik ophef
- Kinders: Ons kan ons ouers wys ons wil presteer
- Ons as kinders kan ’n sukses maak van ons skool loopbaan
- Ons kan as gesin weer huis Godsdiens doen elke aand
|
L |
eef saam met die gesin en die professionele mense die oorbrugging probleme
a. Die hulp van ’n Maatskaplike werker in te bring om die gesin te evalueer
b. Die hulp van ’n Sielkundige in te kry om die gesin se geestes toestande te evalueer
c. Die hulp van ’n Predikant/Pastoor/Priester in te kry om die gesin geestelik by te staan
|
W |
anneer die gesin die vorige proses vir ongeveer een jaar geleef het die volgende:
- Die gesin is nou gereed om weer in die samelewing opgeneem te word
- ’n Professionele span neem hierdie gesin onder hulle beskerming
- Die gesin word nou begelei en daar word van vooraf gekyk na die pa en sy werk, is dit voldoende, het hy verdere opleiding nodig, kan hy nou kwalifiseer vir ’n beter werk en salaris, hierdie saak kry ernstige aandag
- Kan die gesin nou siekefonds bekostig, het hulle begrafnis en lewens polisse
- Het hierdie ma genoegsame hulp en ondervinding het om weer haar regmatige plek in die samelewing op te neem
- Is die kinders gereed om hulle plekke vol te staan in hulle nuwe skool omgewing
|
M |
aatskaplike werk
a. Die hulp van ’n Maatskaplike werker in te bring om die gesin te evalueer
b. Die hulp van ’n Sielkundige in te kry om die gesin se geestes toestande te evalueer
c. Die hulp van ’n Predikant/Pastoor/Priester in te kry om die gesin geestelik by te staan
Nasorg
- Wanneer hierdie gesin terug is in die samelewing te help om terugvalle te oorbrug
8. Finansies:
8.1 Die geouditeerde finansiële state word afsonderlik beskikbaar gestel en is nie in die Uitvoerende Direkteur Armoede bediening se verslag ingebind nie
8.2 Navrae oor finansies kan gedoen word by Aldi 0832807022
9. Kantoor Personeel: Doulos Armoede Bediening is trots op julle
Lettie: Sorteer stoor Tuiste skepper: Petro Versend stoor: Johanna
Hierdie dames is elke dag op hul poste, alle skenkings word daagliks afgehandel, elke vrag wat gehaal word en voertuie wat skenkings aflewer word ingeboek, kwitansies uitgeskryf. Die goedere word behoorlik ondersoek, waar nodig herstel, gewas en stryk, elke ornament of enige ding wat nie skoon is nie word gewas voordat dit uitgestuur word.Elektriese toerusting word getoets en daar word seker gemaak dat dit werk. Die voertuie word gereeld nagegaan vir moontlike defekte, dit word rapporteer en herstel waar nodig en logboeke word bygewerk
Ontvangs area:Francis Prys kontroleur: Lizz Voertuig kode 10: Maria
10. JAARVERSLAG: BEMARKING – DOULOS ARMOEDEBEDIENING
Bemarking: Heleen Huyser
Dit was ? groot en besige jaar by Doulos 2011.Daar was soveel vreugde, teleurstellings, hoogtepunte, laagte punte, lag en huil dat ? boek meer gepas sal wees. Met nadenke na die lesers van hierdie opsomming sal ek derhalwe poog om al hierdie ervaringe so nou as moontlik vas te vat:
- 1. Sonheuwel
Hier is een van Doulos se kleuterskole en hierdie jaar was lekker om die kinders se vorderingsverslae te lees en te besef dat op hierdie perseel word hard gewerk. Chantelle leer elke dag die kinders wat soms kom en gaan en reuse werk word gedoen met betrekking tot spraakontwikkeling en fyn motoriese ontwikkeling. Veral kinders wat meer permanent hier bly vind groot baat by die kleuterskool ontwikkeling. Daar is ? verskeidenheid uitrykgeleenthede deur Doulos behartig hierdie jaar, lekkergoed aan die kinders, geestelike sang en bediening deur Karen en haar sang groep. Daar is dan ook veral aan die vroue aandag gegee met betrekking tot die aanbied van kuns klasse, mooimaaksessies waar hare gesny en gekleur is. Onder leiding van Gerda is daar ook dan kunstande teen bekostigbare pryse aan inwoners verskaf. Die metamorfose van tandloos na tand vol was iets om te aanskou – sien foto’s op webwerf! ? Hele paar inwoners het dan ook onder leiding van Bruwer Oogkundiges brille ontvang. Baie dankie! Die hartseerste was seker die dood van Lynette se tweeling baba dogtertjies – haar water het gebreek en twee Staatshospitale het haar mediese hulp misken – en by die derde een was dit te laat.
- 2. Sonskynhoekie
Veral skole het uitreik geleenthede onderneem na Sonskynhoekie hierdie jaar waar gemeenskapswerk verrig is. Die kinders het lekkergoedpakkies uitgedeel, gesing en gesels en gebid en die inwoners se lewens oor die algemeen verryk! Pick & Pay het dan ook hier ? draai gemaak en baie nodige weggooi doeke geskenk. Daarmee saam het ? paar inwoners dan ook hulle TV debuut gemaak deur middel van die Pick & Pay opname! Oor die Kerstyd het veral Mickey-hulle se bydraes – elke persoon het ? versoek saamstel en geskenke is opgemaak daarvolgens – groot opgewondenheid veroorsaak. Daar was ook die afsterwe van geliefde inwoners soos Oom Naas. Wat die sterftes tragies maak is dat dit moeilik is om familie lede op te spoor en in kennis te stel. Almal hier – net soos in die ander skuilings het familie – maar het hulle al lank reeds begrawe en laat stof opgaar in hierdie skuilings.
- 1. Melgisedek
Hierdie is een van die skuilings wat in my opinie die meeste potensiaal het om werk te skep. Die rede hiervoor is dat dit sentraal geleë is en meestal uit jongmense bestaan wat geen heenkome het nie. Baie is verwaarloos of eenkant toe gegooi van wee ouers se gebrek aan belangstelling. Die geboorte van drie babas was ook groot nuus en Doulos het gesorg dat hulle uitgerus is en die nodige middels het. Hulle kruip almal nou en sal binnekorte die gange plat hardloop! Ook hier was tragiese sterftes met oom At wat dood is en Oom Henry (iemand wat na aan my hart was van wee sy hardkoppige geaardheid en sy besliste opinies oor armoede en wie wat verdien) Hy het getrou sy duiwe versorg en seker gemaak hulle is gerieflik in sy kamer. Daar was dan ook twee troues en waar moontlik het Doulos uitgehelp met trou rokke en ander benodigdhede.
Daar was dan ook van die inwoners wat Doulos se rekenaarklasse bygewoon het en geslaag het. Ek het dan ook verskeie mense uitgeplaas na veral plase toe vir werk asook vir tuinwerk in die stad en bouwerk in die omgewing. Nou werk Katy in Valhalla waar sy iemand se huis skoonmaak en Marieta word opgelei gratis as ? swem-instruktrise by Tinco Swemskool in Waverley.
- 2. Kosmos
Kosmos huisves hoofsaaklik bejaardes en gestremdes en die meeste van hulle bly permanent hier. Dit is baie hartseer vir my, want die omstandighede is nie geskik vir hulle nie maar familie lede huiwer nie om hulle af te laai en te ry nie. Uitreik hierdie jaar het basies behels die verskaf van kospakkies en ook die sny van hare wat altyd verwelkom word. Die VLU het ook kombersies hier kom uitdeel wat baie beteken het veral vir die gestremde inwoners. Colin en Petro is dan ook hier deur Doulos uitgehaal en werk is voorsien. Colin het met die gratis rekenaarkursus begin en baie goed geslaag. Daarna is hy deur Plastilon in diens geneem waar hy nog steeds werksaam is. Petro werk ook nog vir Doulos! Ben het in hierdie jaar gesterwe en sal beslis gemis word!
- 3. Filadelfia
Die oopmaak van ons derde kleuterskool in Januarie hier was beslis een van die hoogtepunte vir my. Ons het aanvanklik met 8 kleuters begin en het tans 15 in drie verskillende klassies! Die kinders is aan die einde van die jaar evalueer en het baie goeie vordering getoon. Hier wil ek vir Myra bedank wat hierdie kleuterskool onder haar vlerk geneem het en opgebou het tot waar hy vandag is. Sonder haar sal die kleuterskool by Filadelfia dood wees. Verskeie geleenthede van uitreik is hier gehou waar veral die kinders betrek is met lekkergoedpakkies en lekker speel asook hare sny sessies vir die vroue en mans.
- 4. Mont Rosa
Hier by Elandspoort is hierdie jaar hard gewerk. Daar is twee ouerskap leidings kursusse aangebied wat oor 6 weke elk gestrek het. Hierdie is die hoogtepunt van die jaar vir my hier want baie van hierdie tiener ouers het besef dat hulle keuses het in die lewe en dat hulle kinders en hulle self nie in Elandspoort hoef te bly en in dieselfde hokkies geplaas hoef te word as hulle dit nie kies nie. Baie se lewens het verander en van die inwoners hier het dan ook die rekenaarkursus by Doulos bygewoon. Werkskepping hier is ook baie suksesvol en veral gedurende die landwye stakings kon Doulos veral vragmotor bestuurders en fabriekwerkers plaas vir werk. Verder is daar ook gedurende die Verkiesing deur ? Organisasie inwoners betaal om diens te doen. Hulle het dit baie geniet. Daar is dan ook van die inwoners gebruik as motorwagte by verskeie geleenthede. Tannie Bettie se harde werk in die koskombuis maak ook Doulos se harde werk maklik deur aan haar kos te verskaf om die inwoners van noodsaaklike etes te voorsien.
Hierdie lig dan ? paar van die werksaamhede uit van sommige van die skuilings. Daar is ook artikels wat verskyn het in die Beeld, Rekord, Rietmark, Die Afrikaner en Vrouekeur. Daar is Radio Onderhoude gedoen op Radio Pretoria sowel as op Super sport en Pick en Pay.
Daar is ? totaal van 40 uitreik geleenthede wat plaasgevind het vir 2011 wat jou ? gemiddel van 4 elke maand gee. Daar is dan ook 20 aanbiedings gedoen by kerke en ander instansies.
Die Kersfunksie 2011 was die beste afsluiting tot ? uiters suksesvolle jaar. Al die reëlings het vlot verloop en die Here het ons so baie geseën met so baie skenkings en borge. Ek dink hier aan 500 L melk vanaf Irene Melkery, al die springkastele, die perde, die klank, die verhoog, die kunstenaars, die poeding en al die potjiekos. Al die geskenke wat uit skenkings moontlik gemaak is, die pamper salon wat 10 vroue kon oormaak met alles wat nodig is. Om bejaardes met betraande oë te sien staan waar hulle ? geskenkie oopmaak, of kinders te sien met vol kieste en twee kolwyntjie in elke hand. Om iemand nog kos aan te bied en te hoor dat hulle nog nooit sulke lekker kos kon eet nie. Om mense te hoor vra of alles regtig gratis is en net vir hulle is? Om blinkoog dogtertjies hoor noem dat hulle ook eendag so gaan sing soos Zita net om te dink dat hulle vanaand weer op die vloer sal slaap op hulle dun matrassies.
Baie dankie aan almal wat Doulos help en ondersteun, sonder julle kan Doulos nie voortbestaan nie. Bowenal dankie aan God wat ons seën en elke dag deur ons werk, om Sy werk op aarde te verrig.
U kan Doulos se jaarverslag hieronder aflaai. U benodig 'n PDF blaaier. Indien u nie reeds die nodige sagteware het nie kan u Foxit Reader hier aflaai.











