Besoekers aanlyn

Ons het 3 gaste aanlyn

Teller

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterToday170
mod_vvisit_counterYesterday198
mod_vvisit_counterThis week1186
mod_vvisit_counterLast week1034
mod_vvisit_counterThis month3163
mod_vvisit_counterLast month7469
mod_vvisit_counterAll days78984
Ons het: 3 gaste aanlyn

18/05>>>>>>>>>>>>>>Wat werklik belangrik is met bederfbare kosse wat jy wil uitgee na behoeftige mense is om seker te maak dat alles netjies en skoon gemaak is. Eiers is gewoonlik n probleem, maak die eier pak oop, haal die eiers uit was dit en plaas dit in n nuwe houer voordat jy dit uitgee
15/05>>>>>>>>>>Stel u belang in hierdie pragtige orrel, skakel Fransie by 0127558199
15/05>>>>>>>>>>>>Goeie more Freda ek sal jou afhaal van die verspreidingslys as ek die naam kan vind en so gou doenlik. Jammer dat ons jou so frustreer  met goedjies wat vir ander mense dalk baie beteken
15/05>>>>>>>>>>>Freda Wilkens
More Hans

Ek versoek jou vriendelik opm ASSEBLIEF te staak om vir mt hierdie euposse te stuur. Haal my naam (asseblief) van julle verspreidingslys AF.

Groete
...
15/05>>>>>>>>>>>>>>>>>>Lekker kerrie en rys ontvang van die NH Gemeente Pierneef
15/05>>>>>>>>>>Kom werk vir kospakkie in die oggend en kry sommer lewens kos op die koop toe
14/05>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>Montrosa by Elandspoort kom haal hulle kospakkie met vleis
10/05>>>>>>>>>>>>>Wonderlike voordeel wat ons het om n "handy man" te mag he by Doulos alle elektriese en elektroniese ware wat ons ontvang word getoets en herstel en dit wat nie herstelbaar is nie word die werkende dele afgestroop en gebere vir moontlike onderdele op ander toerusting. Onderdele wat nie meer werk nie en ou bakke word saam gesit en verkoop vir skroot. Ons bring al ons dank aan ons Hemelse Vader vir alle geleenthede wat Hy oor ons pad bring
10/05>>>>>>>>>>>>>>Ons is dankbaar vir elke ding wat mense hier by Doulos kom aflewer, soms ontvang ons karto, papier, koerante en boeke wat net nie uitgedeel kan word vir mense om te lees nie. Soms ontvang ons verskeidenheid van lee plastiese houers dan sorteer ons die uit wat gebruik kan word en die ander word platgemaak gereed om wegestuur te word . Al die plastiese sakke word gesorteer en in groot sakke verpak en al hierdie goed word in geld omgesit om kos en ander mee te doen

 

 

09/05>>>>>>>Fanie

 

Sal ons ooit die regte antwoorde by die vrae kan plaas

Daar is n klomp van hierdie mense wat reeds in plakkerskampe woon, as hulle nie werk het om hulle verblyf sowat R50.00 p.d. te betaal nie word hulle uitgeplaas om te gaan bedel(byt) vir die dag, maak hy/sy meer vir die dag kan gewoontes van drankmisbruik en dwelms gekweek word

Gee jy vir hulle geld, klere of kos kan jy vir jou groot moeilikheid op die hals haal, jy weet bv nie of hy siekte onder lede mag he nie en jy gee hom verkeerde kos wat Hom tot erge siekte kan lei.

Om hierdie mense op so n tydelike verligting te wil help doen meer kwaad as goed en die meeste mense wat n aalmoesie uitdeel help hulle en sus hul eie gemoed

Sluit by n organisasie aan wat daagliks met hierdie mense werk , wat elkeen van hierdie mense evalueer, hulle behoeftes peil en weet wie kort werk, opleiding, ontwikkeling en werk skepping en watter kinders op skool moet wees

Maak ook seker dat die organisasie waarby jy betrokke wil raak behoorlik geregistreer is, dat hierdie Organisasie n web tuiste het met oopgesprek: Doulos www.armoedebediening.co.za 012 755 8199 en gaan stel jou voor en kyk wat die mense doen en hoe hulle dit doen en neem so n besluit waar jy n verskil wil maak, hou ook in gedagte dit is voltydse werk vir God en mens waaroor jy sal besluit in die sin van jy sal nie net iemand so nou en dan by n robot sien betel nie maar in jou vrye tyd iets moet doen om hierdie verskil te bewerkstellig

 

 

Indien u meer inligting nodig het kan u my skakel i.d.v.

 

Liefdegroete in Hom wie ons eerste liefgehad het

 

hans

 

Fanie Fos [mailto: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ]

 

Wat stel u voor om te doen met die blankes wat bedel by die verkeersligte.

 

Wanneer daar gesprekvoering plaasvind is die verhale sorgwekkend en 'n mens voel so magteloos

om te dink hierdie mense, sommige het nie eers verblyf nie, sommige woon in 'n tent langs die pad.

Dit is moeilik om te peil wat hulle werklike probleme is, en hoe om te help.

U insette sal help om die korekte besluite te neem tov hierdie hulpbehoewende wesens.

 

Aangesien klereskenkings nie die oplossing is nie sal u advies van waarde wees.

 

 

Groete

 

FANIE FOS

08/05>>>>>>>>>>>>>Hoe sal ek my pad vind deur hierdie dag as ek nie eers my bril kan vind nie. Hans ek weet nie waar my bril is nie en dit is hoekom dit hier nog so lyk, help my net my bril kry en ek sal hierdie klere almal uitsrteer

 

20\4\2012; skenking; Lucas Macdonald; brood; mielie meel; rys; noodle sop ; blikke bone

02/05>>>>>>>>>>>>>Wil u graag betrokke raak by armoedebediening in Elandspoort by Montrosa. U is meer as welkom om my te skakel by 0832697082 of Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
02/05>>>>>>>>>Doulos gee uit maar ons bedank ook hierdie mense wat nie net ge evalueer word en n kospakkie kom haal nie , onsbedank hulle ook opreg met die aflaai van n vrag, die skoonmaak van die skenking en die hulp met die verdeling van kospakkies
30/04>>>>>>>>>>So kom skenkings in oor n lang naweek en dan klim ons in om dit te versorg, te sorteer en uit te stuur

 

30/04>>>>>>>>>>>Bid vir 'n slag vir dié waarvoor jy nie lus het nie...

"Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en
danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal
wat gesag uitoefen, SODAT ons 'n rustige en stil lewe kan lei in volkome
toewyding aan God (1 Timoteus 2:1-2).

Dis nie maklik nie, of hoe? Ek sal miskien so nou en dat bid vir orde en stabiliteit in ons land,
maar om dit elke dat te doen - ag nee wat...wees tog bietjie realisties...

Die ANC sal hulle tog nie aan my steur nie...
Die korruptes in die land sal tog nie na my stem luister nie...
- Wat sal my gebed tog doen aan 'n geharde misdadiger en moordenaar?
- Vir wat moet ek vir 'n vieslike reeksverkragter bid?
- Hoe kan my gebid 'n verandering bring aan 'n wettelose land waar dit iemand
se reg geword het om van ander te steel?
- Hoekom bid as die boere vermoor word en hulle plase afgeneem word?
- Hoe kan ek bid as ek my werk weens regstellende aksie verloor het?
- Wat is die nut daarvan om te bid as die derde polisiehoof (nog net waarnemend)
reeds ondersoek word?
- Waarom bid vir 'n regering wat aan misdadigers politieke asiel verleen en gevangenis
se tronkstaf verkort in die gees van "vryheid"?

Waarom tog vir dié waarvoor ek nie lus het nie... Paulus sê: Omdat ek so sê...
"Ek dring daarop aan..." en dan sê hy ook HOE daar gebid moet word...
Doen dit met smeking, voorbidding en danksegging!

Dink net wat sal gebeur as jou gebed daartoe kon lei dat Pres. Zuma op 'n goeie
dag oor TV sou sê: "Fellow citizens, in the name of Jesus Christ, I call on you to
live in peace and harmony". Of dat hy tydens 'n parlementsopening sou aankondig
dat elke burger wat hom/haar welkom in die land wil voel, onder die gesag van die
Almagtige God moet lewe.

Stel jou voor Julius Malema sê: "Maar wat eers vir my 'n bate was, beskou ek nou
as waardeloos, want om Christus Jesus my Here te ken, oortref alles in waarde".

Moenie dat dit wat jy bid, of meer nog, NIE BID NIE, 'n blokkasie vir ander na
God toe wees nie. "Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking,
voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense,
vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen

HOEKOM? ...SODAT ons 'n rustige en stil lewe kan lei,
dat ons weer kan sê: "Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees...God regeer"!

Geseënde week!!!



Dr. Willem J Smith
HERVORMDE GEMEENTE PARYS

082 778 7360
(056) 811-2558
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

 

 

 

29/04>>>>>>>>>>Hierdie vraelys is opgestel sodat Christene ander Christene wat deur moeilike tye gaan kan bystaan. Ons wil u graag bystaan. Dus wil ons probeer om fondse in Australia in te samel.

Die vrae in hierdie vraelys is daar om te help met leiding sodat ons die geskrewes op ‘n webblad kan sit in Australie. Indien dit moontlik is sal u asb. die vrae sover moontlik in Engels antwoord aangesien die webblad internationaal gaan wees. As u die behoefte het om nie die vrae te antwoord nie maar graag net ‘n spontane stukkie wil skryf oor u omstandighede is u meer as welkom. Dankie byvoorbaat vir u hulp met die skrywes ons glo dat dit ons baie sal help met die sukses van die webblad.

Beskryf asb. u leefomstandighede? (waar u woon, hoeveel mense daar woon, hoe dit lyk)
Please describe your living circumstances?

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Beskryf asb. ‘n dag in u lewe? (die roetine, wat u doen, waaraan u dink, hoe u voel)
Please describe a day in your life?

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Wat het u die meeste nodig?
What is your biggest need?

______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Wat is u drome en wense vir u self en familie?
What dreams and wishes do you have for yourself and your family?

______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Romeiene 8:35,37-39

Kan enigiets ons ooit van Christus se liefde skei? Sal dinge soos lyding of benoudheid of vervolging, honger of koue of gevaar of doodsdreiging dit regkry. Selfs die skrif verklaar tog ”Om u ontwil bedreig die dood ons die hele dag en word ons as slagskape beskou”. Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ‘n klinkende oorwinning te behaal deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het. Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie, ons vrees vir vandag of ons kommer oor more nie; ook nie die bo-aardse magte nie. Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie.

 

 

 

17\4\2012; uitgee; Monument diens sentrum; 1 rol rooi meteriaal; 1 rol groen meteriaal; 1 sak lap; 2 sweet pak tape rol; 1 groot stuk bruin meteriaal

 

17\4\2012; skenking; weldoener; 10 gebruide baba truie

Met ons samekoms het een van die predikante, Ds Heinrich van Evander my genader om met hulle te kom gesels oor iets wat hulle van die grond af wil kry en Ds Martin wil n projek loots in Sekunda dit is uitdagings waarvan ek hou en ons gaan dit aanpak en deurvoer tot aan die einde

 

 

20/04: Tannie Adrie Roux het vir Doulos 10 truitjies vir kinders gebrei met die oog op die komende winter.  Ons bedank haar uit ons hart uit en ons het dan ook weer vir haar wol gegee om te kan brei.

 

adrierouxtruie

15/04>>>>>>>>>>>>Hans

 

Ek het ’n redelike groot vrag klere (in uitstekende toestand) beddegoed en gordyne. Ons spasie vir stoor begin min raak. Ek kyk intussen aan my kant of daar ’n manier is om dit by jou uit te kry en dit sal goed wees as jy dieselfde kan doen.

 

A Luta Continua

 

Andre de Beer

078 161 1967

Gemeente Van der Hoff

Groblersdal
Jake van der Westhuizen bring weer vir Doulos 10 x 25L Genarel Purpose Detergent en uit hier 10 huers maak ons 500ml botteltjies vol vir huisgesinne daar buite wat dit nodig het
12/04>>>>>>>>>>>>Nog n volledige enkel bed en twee matrasse vir mense in nedersettings

 

Ek antwoord so gou en so kort as moontlik op hierdie versoek, dit is baie hartseer maar ek kyk ook uit die oe van n dienskneg wat wil help

  1. Ek gee hierdie inligting deur aan Heleen Huyser wat dit gaan ondersoek
  2. Ons gaan soek vir behuising
  3. Ons soek vir moontlike werk en ons glo daar gaan uitkoms kom

 

hans

 

 

10/04>>>>>>>>>>>>>>Goeiedag,

 

Dit is met ’n baie desperate gevoel van onsekerheid, angs, bekommernis en wanhoop, maar tog ook geloof en met ‘n desperate hoop dat dalk net iewers in S.A daar iemand sal kan wees wie, my, tot hulp sal kan wees. Ek verkeer vanoggend werklik op ’n laagte-punt van wanhoop en ek het geen ondersteuning netwerk.   Asselief, kan julle my ook help!       Omstandighede het my op my knieë gedwing en gestroop en die bietjie wat ek nog het, sal ek nog wou behou. Ek sal graag ook nog betrokke wil raak en bydrae gee soos ek kan.

 

Ek was laasjaar (2011) d.m.v. “regstellende aksie” asook die feit dat ek 60 jaar oud geword het deur my werkgewer “op verpligte vervroegde pensioen” geplaas.   Sederdien soek ek’n werk, maar tot hede nog met geen sukses nie.   Asof dit nie al meer as genoeg tot ‘n beklemmende bekommernis bydrae, is ek ook nou baie dringend op soek na ’n bekostigbare blyplek vir myself en my hondjie.

 

Waar ek tans die afgelope 12 jaar al woon (het tuin woonstel) het die kinders van die bejaarde tannie (eienaar van huis) haar doodeenvoudig in ’n Aftreë-oord geplaas vanaf begin van Januarie 2012    Eiendom is nou verkoop – vir my was net gesê ek kan nog ‘voorlopig aanbly,’ maar ek sal nie langer as einde April moontlk einde Mei hier moet uit, dus, is ek nou baie angstig en benoud om net iewers geholpe te raak met ’n bekostigbare blyplek en moontlik ook ‘n werk te bekom.   Die realiteit ek het net my ’n pensioen van onder die R3,000pm om van te lewe. As ek tenminste net ’n werk, maak nie saak watse werk, kon bekom, asook ’n skuiling sal ek diep dankbaar wees.

 

Hiermee, uit diepe nood en angs, asseblief vra ek of daar dalk net iewers in hierdie land net iemand is wat my wel tegemoetkomend kan wees met ‘n werk asook dan moontlik byplek kan aanbied asook my klein brakkie sal toelaat.   Al bly my seun en sy familie in Valhalla, is ek nie gebonde om spesifiek in die Pretoria omgewing te woon nie.     Finansieël kan ek my eie onkostes dra om te hervestig, daarna net my bietjie pensioen.

 

Ter insae, ek het goeie ervaring in algemene administratiewe werksaamhede asook kantoor-etiket en ook goeie rekenaar ervaring.   Het ook ervaring in Sekuriteit en Veiligheid (vroeër jare te Atoom Energie Korporasie).   CV en sertifikate kan voorgelê word indien benodig.

 

Ek wil bitter graag nog werk, (het 18 jaar vir SAP gewerk, toe by Necsa). Ek is nog deur die genade gesond en wil nog produktief ’n sinvolle en selfstandige bydrae lewer.

 

Agtergrond oor myself : Ek het as plaaskind grootgeword, ek is lief vir tuinmaak en geniet dit om besig te bly.   Sober van gewoontes, Christen (NHK), netjies op myself. Ek het eie vervoer.

 

Indien daar iemand is wie bereid is om my ’n uitkoms en geleentheid kan aanbied, kan hulle my kontak op die volgende twee nommers : huis (012) 370-3616 of Loopfoon 076 377 2924

 

By voorbaat baie dankie

 

Ester de Beer

(Erasmia)

30/03>>>>>>>>>Vriende daarbuite, Ons doen n beroep op julle die winter is op hande en ons maak komberse bymekaar en die behoefte aan komberse is hierdie jaar net groter as vorige jare. Indien u erens n ekstra kombers het wat nie gebruik gaan word nie kan u dit skenk met n goeie hart vir iemand wat dit baie nodig mag he. U kan my kontak by hans 0832697082 of epos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien en Doulos aanvaar ook ander skenkings en ons is by ABSA Derdepoort, rekening no: 9167030529. Maak ons hande sterk sodat ons met hierdie bediening kan volhou

 

 

19/03 Woolworths 1 lugs x 200g exoticmix,1 lugs x 500g carrots meduim, 2 lugs x 1kg swetest little red apples, 1 x 1kg salad, 1 x 1kg viennas, 1 x 1kg white yogurt, 1 lugs stewfed meats, 3 units royel creems, 34 units 79g plizzy, 1 units x 200g jim/jam , 17 units x 2l sta soft, 7 units x 750ml handy andy, 4 lugs x 330g chokolate cake, 1 lugs x 100g swirl cip cakes, 1 lugs syrup wafels, 13 lugs gub chicken bacon, 1 lugs shshisle, 1 lugs chicken caesar, 3 lugs full cream, 9 lugs x 275g rainbow stik fry, 13 boxes x 1.5kg red grapes, 2 box + 3 lugs x 100g yogurt, 1 bos x 135g baby corn, 1 box x 100g green beans, 1 box x 80g fresh peas, 1 boxs 200g snap peas, 3 box x 30g chives, 17 lugs x 350g bananas, 5 lugs x 350g rasberrys, 3 lugs x 400g rose tomatos, 2 lugs pastrima, 1 lugs creme brotee, 1 lugs koriander, 1 lugs x 2.505g chicken, 4 lugs fruit cocktail, 4 lugs prawns, 15 lugs reed apples, 8 units baby leaf, 10 units spanish, 13 units spring onions, 11 units snap peas, 5 units osparagus speals, 6 units sugar peas, 11 units fine beans, 24 units meadow mix, 11 lugs red salad onions, 22 units lemon juice, 6 units long life   22 units 100% juice apple, 6 units mix fruit, 1 lugs pens & banana brone, 36 units yummy milk chocolate, 9 units tomato puree, 1 units cookie crunch, 12 units peanut butter, 24 units remstim snowfame, 44 units 1.5l long life cream, 27 units x 1l long life cream, 12 units pirk ladey apple, 8 units speeks smoukes, 20 units salt, 18 units brown sugar, 17 units brown rice, 13 units white sugar, 7 units 100% lanepoot, 5 lugs gingerbeer, 23 units iwisa riaze meal, 9 units x 2,5kg white suger, 15 units biscuit, 8 units 2l ginger beer burst, 11 units mixed berry 100% juice, 12 units x 250g royal apricot, 4 units olli orgapre, 6 units x 300ml hake, 23 units x 410g koo baked beans, 23 units lemon, 9 units maize meal, 10 units 2,5kg meaze meal, 8 units 100% spornum, 6 units +6 lugs red grape 100%, 3 units orange, 9 units ultra mel,

25/03>>>>>>>>>>>Skryfbehoeftes, skool tasse ens is ook nodig hierdie tyd van die jaar. Ons kry van tyd tot tyd mense wat rond trek binne nedersettings, nuwe intrekkers en dan kry jy maar jou versoeke en ons handel daarvolgens , ons hou immers voorraad en hou hierdie stoor ook daarvoor instand. Daar is ook mense daar buite wat nou en dan vir ons van hierdie items bring wat so brood nodig is
07/03>>>>Northriding Metodiste kerk in Brandfort road en hierdie kerk gemeenskap doen dit elke maand en dit wissel van 13 -25 kartonne per maand, julle as gemeente het ons stoutste vewagtinge oortref en dat julle so volhoubaar kan wees wil gedoen word. Pastor u en u gemeente word elke dag bedank deur baie dankbare mensies daarbuite. Ons bid en ons dra julle op aan ons liewe Heer en Saligmaker
Die dame op die foto wie se naam ek nie kan noem nie omrede ek nie toestemming het nie. Het kom aanmeld om kospakkies op te maak by 06/03>>>>Doulos se kos stoor. Sy het gehoor en gesien wat Doulos doen en toe kom aanmeld vir diens, nog n vrywilliger wat vir Doulos kom help en werk vir ons ligter maak. Ons is so dankbaar dat mense met ons wil saamwerk

 

21/02>>>>>>>>>>Andre en Ruth
Romeine 12:8 leer ons: Wanneer ons ander help, dan met blymoedigheid.  Ek en die armoede groep bring al ons dank aan u vir die baie groot skenking van 50Kg suiker, 30Kg rys, 20L kook olie, 9Kg  koffie, 6 Kg pasta, 3Kg macaroni, 3 x 200 tee sakkies. Dankbaar vir hierdie wonderlike geskenk wat ons hier by Doulos te beurt geval het. Wees verseker dat ons hierdie voorraad reg sal bestuur.  Hierdie inligting kan u ook lees op ons web www. armoedbediening.co.za facebook Hans Janse van Rensburg. Redakteur

 

08/02 So help  Woolworths 3 lugs x 100ml aryshie gran, 1 unit x 620g chocolate cream cake, 1 unit x 2kg roasted veg, 1 units 2 litre chicken randmata, 1,5l berry cecta brand, 1 lugs iced tea lemon + rooibos, 2 lugs x 10ml omega 3 strawberry, 1 units +1 lugs x 100ml aryshire granadila, 1 lugs x 300g chicken rlorentinw, 1 lugs x 2,5kg morocan beef, 1 lugs x 600g milk tart, 9 x 350g cottage pie, 18 lugs x 300g winglet bbq, 1 lugs x 150 strawberry yogurt, 1 lugs x 51g free range eggs, 1 lugs x 150g greek yogurt, 1 units x 1l gresh milk, 2 lugs x 1kg greek style yogurt,3 legs x 18 large eggs, 1 lugs x 400g asparogus spear, 1 lugs milld cheddar, 1 lugs x 0,594 lamb kruckle, 1 lugs x 0,596kg thick boerewors, 4 units x 800g thick burgers, 5 units + 1 lugs x 1,370kg whole chicker rast, 2 units + 2 lugs x 1,278kg butter bosted rogst,m 1 lugs x 150g aryshire vanilla flavour, 1 lugs x 0,604kg lamb neck, 1 packet x 400g gouda, 2 units x 0,812kg corned beef (sumer), 1 lugs x 300g Bbq winglets en durmmetts, 1 lugs x 1kg sticky bbq pork ribs, 3 lugs x 300g chikenflorentime, 24 lugs x 0,832kg sweet spic codtal worgs, 3 lugs x 90g synnse pine apple, 2 lugs x 1,5kg b, rosa q mmozzada fusilli, 1 lugs x 300g chicke florente, 3 lugs green pepper, 1 lugs x 250g reduced fat cream, 1 unit + 1 legs strawberry yogurt, 3 units x 5kg thoric juice,   3 units x 5kg thoric rice, 4 units x 2lt sunflower oil, 8 units x 5kg fabric septener, 9 units x 200ml dishwash, 5 units x 400ml Vaseline, 1 unit x 599ml sunet, 6 unts x 300ml doom, 06 units x 400g johnsons baby power, 1 units x 2 super soft, 10 units x 750ml savolon, 4 units x 500ml mr muscle

03/02>>>>>>>Ons gee hierdie rekenaar en ons help daardeur dat die bediening sal voortgaan ook daar in die buiteland, hierdie is een van die gereedskapstukke wat bitter nodig is om mee te kommunikeer met mense reg rondom die wereld. Dit dien ook as hulpmiddel om werk wat gedoen word vas te le sodat rekord houding behoorlik op datum gebring kan word, Doulos is saam met julle in hierdie projek. Ons is trots daar...Sien meer
03/02>>>>>>>Dit is amper die einde van die eerste maand van 2012. Die store is vol almal is baie dankbaar vir wonderlike skenkings wat ons ontvang het en die kos verdeling na verskillende nedersettings begin en ons sal met lekker harte weer met hierdie behoeftiges kan werk sover dit oppleiding, ontwikkeling, werkskepping en kinders terug skole toe aangaan

 

Die VLU het onlangs reuse skenkings aan Doulos gemaak by hulle Jaarvergadering in Bronkhorstspruit.  Hier onder die foto wat in 'n plaaslike koerant geplaas is:


 

Ondersteun ons met nuwe of tweedehandse goedere, vars produkte, koop van ons produkte, of 'n donasie. Ons bankbesonderhede volg:

 

Bankdeposito

 

Rekeninghouer Doulos Community Project
Rekeningnommer 9167030529
Rekeningtipe Spaar
Bank ABSA
Tak Derdepoort (632005)

 

Kliek hier vir internasionale betalings (SWIFT).

 

Kredietkaartdonasies

 

U kan ook 'n donasie met u kredietkaart maak. Doulos maak vir hierdie doeleindes van die dienste van MonsterPay gebruik. U moet 'n rekening by "MonsterPay" gebruik om dit te doen (indien u nie reeds 'n rekening het nie sal u begelei word in die proses om een te skep terwyl u die donasie maak). Dit is gratis en heeltemal betroubaar. Die fasiliteit is soortgelyk aan dié van PayPal. Maak asseblief seker u kliek die regte knoppie aangesien die transaksie nie gestuit kan word terwyl dit in proses is nie. Let asseblief daarop dat Doulos dienskoste op elke transaksie betaal en dus nie noodwendig die volle bedrag sal ontvang nie. Ons bedank u nogtans vir u donasie. Neem ook kennis dat die transaksie op u kredietkaartstaat sal wys as "MonsterPay" en nie Doulos nie.