Vandag het ek weer kos en ander gekry vir my en my kinders, ek het lekker hard gewerk met die aflaai, skoonmaak en sorteerwerk, ek is dankbaar teenoor my skepper dat Hy julle oor my en my kinders se pad gebring het want ons kry elke week kos

stryk ysters, elektriese ketels, baba doeke, grootmens doeke, Papierdoekies vir soveel baie vroue wat dit nie het nie en dit ook nie kan bekostig nie. Dank u ook aan mense wat leë houers karton, koerante en tydskrifte beskikbaar gemaak het, met hierdie skenkings en pragtige boeke het ons die eerste biblioteek oopgemaak by Sonop in Brits. Daar is nog Boere in Delmas en ons bedank julle vir die 2000Kg vars mieliemeel wat ons daar kon gaan afhaal het hierdie stapelvoedsel word herverpak in kleiner en stewiger pakkies wat uitgegee word aan mense wat kom aanklop en ook ons gereelde skenkings in nedersettings. Woolworths versending gee ook op ? gereelde basis nie bederfbare goedere, melk en vrugte waar voor ons voorwaar baie dankbaar is. Noord Wes boere skenk lekker vars vleis en ons maak dit gou op in kleiner hanteerbare pakkies. Daar is sekerlik mense wie ons nie pertinent genoem het nie en u moet dit weet ons dakbaarheid strek verder en groter as net woorde, n groot dank aan u almal wat help verskil maak saam met Doulos Armoedebediening
28/02>>>>>>>>>Doulos Armoede Bediening Wes Kaap het dringend hulp nodig. 56 jarige man met geen familie en wat 'n ongeskikheidstoelae van die staat ontvang soek veilige stabiele huisvesting. Onlangs geskei en woon tydelik op 'n stoep by 'n vriend. Is daar iemand wat kan help of met huisvesting of met verwysings na huisvesting. Skakel my by 072 6585 168 of epos Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
27/02>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>Doulos Gemeenskap Projek
Wes-Kaapland
Armoede is besig om oor die laaste paar jaar drasties toe te neem. Die blanke bevolking het tans die grootste presentasie armoede. Dit is die eerste keer sedert die dertiger jare in die vorige eeu dat armoede onder blankes so groei dat blanke plakkersgebiede reg oor die land vorm. Daar is egter ook duisende blankes wat in haglike omstandighede in woonwa parke en in agterkamertjies woon.
Daar is tans ongeveer 600 000 Afrikaners wat as arm geklasifiseer kan word. Statistiek toon dat blanke armoede met ongeveer 150% toegeneem het tussen 1994 en 2005. Die grootste behoefte aan behuising vir arm wit mense is in Guateng en die Wes-Kaap. Daar is tans nasionaal 131 000 wit huishoudings wat nie voldoende behuising het nie.
Veral bejaardes, kinders en gestremdes leef ekstra swaar in die omstandighede. ‘n Bose kringloop ontstaan omdat kinders net die lewe in ‘n plakkerskamp ken en niks anders nie. Jong mense vertel dat hulle in die hel lewe.
Ons moet gedurig vir hierdie mense bid, die boodskap van Christus se groot Genade aan hul bring en daarmee saam aan hul fisiese sorg en hulp bied.
Andre Hanekom
GEBEURE VAN 2011
Paarl en Wellington
PAARL
Paarl het ‘n klein arm gemeenskap in ‘n woonwa-park. Hierdie groepie mense wissel gedurig aangesien die staanplek wissel vanaf R80.00 per dag. Hierdie mense het agv van verskeie omstandighede daar beland en gebruik die park as ‘n deurgang na iets beter en in party gevalle iets slegter. Gedurende die jaar is daar op verskeie geleenthede kruideniersware aan die park-bewoners gebring. Die staanplek van een bewoner is ook vir ‘n maand betaal omdat hy moes heraansoek doen vir ‘n ongeskiktheidstoelaag van die staat. Daar is ook klere en onderklere aan ‘n jong man voorsien wat deur sy ouers uit die huis gejaag is sonder dat hy die geleentheid gehad het om enige iets met hom saam te neem. Hy het homself later laat opgeneem in ‘n rehabilitasie sentrum vir dwelms en het die park verlaat.
Daar was ook individule gesinne in die Paarl wat met kruideniersware bygestaan is. Die Paarl Nagskuiling het ‘n saamgestelde demografie. Al die rasse en geslagte is tans teenwoordig en word daar aan die inwoners slaapplek, kos en klere voorsien. Die skuiling beplan om in die nuwe jaar met ‘n groentetuin en vaardigheidsontwikkeling programme te begin. Enige hulp in die verband sal deur hul waardeer word. Dolous het, soos wat dit beskikbaar was, kruideniersware en huishoudelike toerusting aan die skuiling geskenk.
Die NG Toringkerk straatwerk program se doel is om die evangelie en berading aan die straatbewoners van die Paarl te bied. Eredienste word om ‘n Sondag-aand vir hierdie groep mense gehou waarvan die demografie ook saamgesteld is. Na die erediens word berading gegee maar kry elkeen ook iets te eet en te drink. Oudl B Combrinck van die Toringkerk is hier betrokke. Daar is aan die projek beskuit, koekies en lekkergoed vir die kinders geskenk wat hul met groot vrug na hul diens kon gebruik.
Sestien tassies met skoolbenodighede is aan die ACVV Noorder Paarl geskenk, wat dit weer deur hul maatskaplike dienste sal versprei aan kinders wat dit nodig het. Die inhoud van die tassies is as volg:
2 A4 Kollege Oefen Boeke
1 A4 20 plastiek bladsy vertoon leêr
1 Eksamen blok
1 A4 Hardeband Toonbank boek
2 Blou penne
2 HB potlode
Skêr
Uitveër
Prit
24 Blou raam plakkers
12 Gekleurde potlode
WELLINGTON
Daar is hulp aan ‘n gesin wat op ‘n plaas woon verleen. Karel, sy vrou en vier kinders het eers in ‘n tweemans tentjie in die Paarl woonwa park gewoon todat Karel werk op die plaas gekry het. Hul woon in ‘n arbeidershuisie. Karel verdien R800.00 per week en sy vrou werk nie. Hul moet huur betaal vir die huisie. Kruideniersware, klere, linne, kombuistoerusting en ander huishoudelike items is aan hul versprei. Na ‘n kontantskenking is daar vir die kinders skoolbenodighede aangekoop. ‘n Verdere skenking vanaf Tygerberg gemeente het ons in staat gestel om ‘n enkelbed en dubbelbed met matrasse aan hul te gee. (Een van die kinders moes om die grond op ‘n stukkende matras slaap.)
FONDSINSAMELING
Die grootste behoefte tans is kruideniersware en kos. Ons het van die oorskot klere en lekkers verkoop om fondse te genereer om kruideniersware te koop. Tans het ons R750.00 hiermee gemaak maar ook ‘n skenking van R500.00 ontvang. Die R500.00 skenking is gebruik om skoolbenodighede vir kinders aan te koop.
ONS HET HULP NODIG
Ons benodig die volgende hulp:
* Verspreiding - mense wat graag wil help met die aanry en vervoer van goedere vanaf skenkers maar ook na die sorgpunte.
* Administrasie - voorraadbeheer, korrespondensie, ens.
* Sortering
* Bemarking
SKENKINGS KAN GEMAAK WORD:
*ONS HET VERAL KOS NODIG.
*KONTANT DONASIES KAN IN OG REKENING GEDEPONEER WORD:
Rekening naam: Ringsdiakensvergadering
Bank: ABSA
Rekening no: 4052 680 424
Tak-kode: 630-510
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: DOULOS KOS - Naam bv P.J. Skenker
Kontak:
ds Jakkels van Rensburg - 021 876 3194 of 083 384 0219
diak Andre Hanekom - 072 6585 168
BESOEK OOK DIE WEB WERF VIR VERDERE INLIGTING EN HULP:
www.nhkdiakensweskaap.co.za
27/02>>>>>Hallo Hans,
Jy het seker al gewonder wat het van ons geword. Ons is darem aan die gang en alhoewel klein is ons gesiondheid reg. Ek kom egter nie by alles uit nie. Het verlede jaar probeer om die RDV tos en so meetyd te gee aan Doulos maar die vergadering wou my nie los nie. Ek is egter regtig hierdie jaar nie weer verkiesbaar nie en sal dus meer tyd kry vir Doulos.
Ek heg 'n kort verslag aan asook fotos van ons werk in 2011. Fotots volg op volgende eposse.
Groete
Andre Hanekom












