Welkom by Doulos!
DOULOS COMMUNITY PROJECT is 'n geregistreerde nie-winsgewende organisasie (registrasiebesonderhede onderaan hierdie blad) wat deur 'n droom gedryf word. Ons wil diegene wat hoop verloor het, help om weer te begin droom oor hul toekoms. Ons wil hulle begelei om daardie droom te begin leef, vir hulself doelwitte te stel en daardie doelwitte te bereik op die vaste fondament van waardes soos: liefde, eerlikheid, opregtheid, hardwerkendheid, verdraagsaamheid...
Welkom op ons webblad. Ons hoop dat u meer sal leer oor die werk wat ons doen en 'n geleentheid sal raaksien om betrokke te raak of 'n bydrae te lewer waar u kan!
Visie
Ons bring hoop sodat mense weer kan begin droom!
Missie
- Om na mense in nood se basiese behoeftes om te sien
- Om mense te help om weer hoop te vind
- Om mense te help om hulle menswaardigheid terug te kry
- Om opleiding te verskaf en werk te skep
- Om hierdie mense se kinders te leer om verantwoordelikheid te neem vir hul toekoms
- Om onder leiding van die Heilige Gees die seer van die gemeenskap te genees
Projekte
Ons is tans betrokke by verskeie projekte. Blanke armoede is een van hierdie projekte wat na aan ons hart is. U kan meer oor hierdie projekte uitvind deur die skakels regs te kliek.











